
Wilma Stockenström. Met my wysvingertop – ’n huldiging (beskikbaar hier)
Titel: Wilma Stockenström: Met my wysvingertop
Redakteur: Ronel Foster
Uitgewer: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en Protea Boekhuis (2024)
ISBN: 9781485316022
Hierdie huldigingsbundel is die 17de in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.
Wilma Stockenström is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise. Sy is een van weinig skrywers wat ’n Hertzogprys in twee afsonderlike kategorieë kon losslaan. Sy wen dit in 1977 vir poësie en in 1991 vir fiksie. Sy woon in Kaapstad en is een van die belangrikste en veelsydigste skrywers in Afrikaans.

