Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Pasverskyn: Gangster deur Carla van der Spuy

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-24

Gangster wys in mense se eie woorde hoekom gangs steeds groei, wat dit is wat kinders so jonk as twaalf na gangs lok, en hoe sommiges tog daarin slaag om te ontsnap.

Jesus vir almal: Die gay-gesprek in die kerk deur Neels Jackson – nog ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-02-24

"Die Jesus wat op die daaropvolgende bladsye ontvou, is nogal ’n meesleurende karakter. Jackson se argumente oor die Bybelse Jesus is besonder sterk en weldeurdag. Die Jesus waarvan mens in die Bybel lees, argumenteer hy, was nooit iemand wat wette klakkeloos nagevolg het nie."

Jesus vir almal: Die gay-gesprek in die kerk deur Neels Jackson – ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2021-02-23

"Hy gesels in sy boek, Jesus vir almal, oor wie Jesus is en wat die gevolge van Jesus se liefde vir die gay-gesprek in die kerk is."

Môre as ons groot is, ’n Zoom-onderhoud met Fanie Viljoen

Anke Theron, Fanie Viljoen Skrywersonderhoude 2021-02-23

"Môre as ons groot is handel oor die gebeure tussen vier vriende en speel af ná ’n matriekafskeid en die afterparty. Maar die eintlike storie agter die storie gaan oor wat gebeur wanneer die werklikheid en ontnugtering van grootword gekonfronteer word."

Toekomsmens deur Isa Konrad, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2021-02-23

"Die sogenaamde merk van die bees is nie so verregaande as wat ons dit sou wou afmaak nie. Dit is dalk nie die yslike 666 op jou voorkop getatoeëer nie. Dalk die selfoon in jou hand?"

Review of Promised land by Karl Kemp

Rian Malan Books and writers 2021-02-23

"Every South African city is already ringed by giant shack settlements, almost all erected on land that was illegally grabbed at the outset, and some still technically subject to eviction. But on the ground, everyone knows this will never happen."

Persverklaring: Ink dig- en skryfkompetisie 2021

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-22

Ink Skryf in Afrikaans bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spogbloemlesings opgeneem gaan word.

Persverklaring: Sitkamer ‒ ’n podsending oor Afrikaanse letterkunde

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-22

Met ’n uitgesoekte geselskap neem Mercy Kannemeyer die leiding in die gesprekke tussen boekliefhebbers. Gereelde stemme wat maandeliks in die Sitkamer gehoor gaan word, is behalwe vir Mercy, dié van Earl Basson, Janien Linde, Bibi Burger, Remona Voges-Van Huyssteen en Alwyn Roux. Vir die eerste episode kan julle uitsien na ’n gesprek tussen dié ses lede wat gaan oor die betekenisassosiasies van ’n sitkamer.

Donkerdrif deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2021-02-22

"Jitte Krismis, maar Deon is ’n briljante skrywer."

Om ’n boomhuis te vertaal: ’n onderhoud met Kobus Geldenhuys

Naomi Meyer, Kobus Geldenhuys Skrywersonderhoude 2021-02-22

"Ek is bevoorreg om die Afrikaanse vertaler van hierdie reeks te wees. Dis snaaks, skreeusnaaks, en soms uiters takserend op die vertaler – waarvan ek hou. Die regte woord skuil altyd iewers en dis my werk om dit te vind."

Die kind se naam is Anneke deur Juliana Coetzer: ’n resensie

Ingrid van der Walt Resensies 2021-02-22

"Coetzer is ’n voortreflike skrywer met ’n uiters verfynde introspeksievermoë, en besonderse talent om te observeer en verwoord. Om die waarheid te sê, sy skryf in ’n trant wat jou byna in ’n beswyming plaas, asof dit ’n gesprek is wat jy nie wil misloop nie."

Stipstaar deur Gerard Scholtz: ’n resensie

Fanie Olivier Resensies 2021-02-19

"In ’n tydperk waarin fyn omgaan met die taal oor die algemeen steeds minder belangrik word en minder eiesoortig, waarin die dissipline wat onderliggend is aan formele poëtiese subgenres verdag gemaak word, kan die bydrae wat die bundel lewer moeilik oorskat word."

An island by Karen Jennings: an interview

Joanne Hichens, Karen Jennings Books and writers 2021-02-19

"Violence begets violence. Samuel has been exposed to it from a young age through the different stages that his country has gone through politically, and through the effects of those changes on him and those around him."

Hoephoepieland – tien omgeestories met hart deur Ronél van der Watt: indrukke en ’n onderhoud

Berdéhan Brand, Ronél van der Watt Skrywersonderhoude 2021-02-18

"Stories kan kinders se kennis van en respek vir verskillende kulture en lewensomstandighede bevorder. Só kan ons mekaar leer ken, vertrou en verhoudinge bou."

Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2021-02-17

"In geheel gesien: Die gladde stiltes in glas is ’n kosbare – nee, noodsaaklike – toevoeging tot die poësieliefhebber se boekrak." 

Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2021-02-17

"’n Biblioteek is ’n simbool van die kunste, in sonderheid van die literatuur, as argief van ’n tyd en ook van die tydlose. Iets van hierdie droom word inderdaad verwesenlik in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat soveel deernis en begrip in die karakterisering vertoon; dis ’n roman wat die volle werklikheid betrek – littekens en liefde, misdaad en verset."

Pasverskyn: Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-17

Hierdie boek bevat spesifiek inligting oor die Karoo se plek op ’n vroeëre, baie anderse planeet Aarde, sowel as die uitsterwings wat voorgekom het in die lang tydperk waarin die antieke Karoodiere die bewoners was van wat nou ’n groot deel van die hedendaagse Suid-Afrika is

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-02-16

"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.

The Karen Book of Rules by Karin Schimke and Karen Jeynes: a book review

Louise Viljoen (JBay) Books and writers 2021-02-16

"Karin Schimke and Karen Jeynes, both award-winning writers, pull out all the stops in The Karen Book of Rules and have a field day unleashing unbridled wit, humour, satire, sarcasm, and numerous lists of do’s and don’ts on their readers, presenting them with the choice 'to be a karen or not to be a karen.'"

Vammelewe se vuurstories vat vlam: Ware verhale uit Namakwaland deur Gert Sarrisam

Maryke Roberts Resensies 2021-02-15

"Die stories kan een-een gelees word, want ’n happie humor en meelewing elke dag is goed vir die siel. Of jy kan, soos my bejaarde pa, vir jou koffie maak, die karringmelkbeskuit nadertrek en pens en pootjies in die boek inval en lees asof die wêreld nie bestaan nie."

Top