Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Annelie Ferreira se kortverhaal oor innerlike krag

  • 0

Annelie Ferreira (foto: Facebook)

Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel
Saamgestel deur Carin Krahtz
Uitgewer: Best Books, NB-Uitgewers
ISBN: 9781776073030

Is jy ’n onderwyser en is jy in hierdie moedelose pandemietyd wat so ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het, op soek na lesmateriaal wat jou leerders sowel as vir jou sal inspireer? Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n boek wat onlangs by BestBooks verskyn het en met vrug in die klaskamer ingespan kan word. Gebruik dit vir begripstoetse, kreatiewe skryfprojekte en lekkerlees.

Annelie Ferreira praat met Naomi Meyer oor haar storie “Ingonyama”, die verhaal wat aan die Ingonyama-bundel sy titel besorg het.

Annelie, jy het die storie “Ingonyama” vir die Ingonyama-bundel geskryf. Wat was jou inspirasie vir die verhaal?

.......

Karakters kom meld hulleself altyd maar net aan met hulle storie.

..........

Karakters kom meld hulleself altyd maar net aan met hulle storie. Seker my brein wat die wêreld in my onderbewuste uitsorteer!

Sal jy ’n paar sinne oor jou storie kan vertel en van wie jou karakters is?

.......

My hoofkarakter is ’n townshipmeisie met ’n groot hart. Sy werk hard saam met haar ma om te sorg vir mense wat hulp nodig het, maar sy is stil. Dis of niemand by die skool haar regtig raaksien nie – nie die ander leerders of onderwysers nie.

.........

My hoofkarakter is ’n townshipmeisie met ’n groot hart. Sy werk hard saam met haar ma om te sorg vir mense wat hulp nodig het, maar sy is stil. Dis of niemand by die skool haar regtig raaksien nie – nie die ander leerders of onderwysers nie.

Dis die nuwe oplettende onderwyser wat uiteindelik ’n spieël voor haar hou om erkenning te gee aan haar innerlike krag. Hy moedig haar ook aan om haarself met ander te deel sodat hulle haar beter kan leer ken. 

Jou storie raak my aan die hart en dit sal jong lesers wat hulleself nog moet leer ken, ook laat nadink oor wie hulle is. Daar is, benewens die skat van selfontdekking binne die hoofkarakter van jou storie, ook ’n ander skat in jou verhaal begrawe. In Erfenismaand, toe ek die storie gelees het, sien ek iets raak wat ons jong Afrikaanse lesers ook moet raaksien: Zoeloe-woorde. Ek dink nogal in jou storie kan kinders ontdek elke mens is uniek, en die kinders van ons land praat baie verskillende tale – wat elkeen bewaar moet word en deur jong medeburgers aangeleer behoort te word. Hoe dink jy – as jy nou ’n onderwyser was, sou mens hierdie storie opvoedkundig in die klas kon gebruik?

........

As lesers kan ons identifiseer met gevoelens – eensaamheid, onsekerheid, ens – en dis uiteindelik wat ons aan ander bind, al verskil die uiterlike aspekte van ons lewens. 

..........

Ek dink onderwysers sal dit slimmer kan doen as ek! Wat ek wel weet, is dat stories ’n baie belangrike manier is om ’n karakter uit ’n ander kultuur vir ’n leser lewend te maak. As ’n leser kan omgee vir ’n karakter in ’n storie, nuuskierig gemaak kan word oor die lewe en wêreld van daardie karakter, word dit meer natuurlik vir so ’n leser om in sy of haar lewe ruimte te maak vir werklike mense van ander kulture. As lesers kan ons identifiseer met gevoelens – eensaamheid, onsekerheid, ens – en dis uiteindelik wat ons aan ander bind, al verskil die uiterlike aspekte van ons lewens. 

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Henriëtte Loubser se kortverhaal rondom ekologie en natuurbewaring

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Anzil Kulsen se kortverhaal rondom die sosiale media

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top