Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Anzil Kulsen se kortverhaal rondom die sosiale media

  • 0

Foto van Anzil Kulsen: verskaf

Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel
Saamgestel deur Carin Krahtz
Uitgewer: Best Books, NB-Uitgewers
ISBN: 978-1-7760-7303-0

Is jy ’n onderwyser en is jy in hierdie moedelose pandemietyd wat so ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het, op soek na lesmateriaal wat jou leerders sowel as vir jou sal inspireer? Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n boek wat onlangs by BestBooks verskyn het en met vrug in die klaskamer ingespan kan word. Gebruik dit vir begripstoetse, kreatiewe skryfprojekte en lekkerlees.

Anzil Kulsen vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal “Wie weet van Wally?”.

Anzil, jy het ’n storie oor die sosiale media vir die Ingonyama-bundel geskryf. Wat was die inspirasie vir jou verhaal?

.......

My verhaal is dus geïnspireer deur elke jong kind wat al ’n fout gemaak het nadat hy of sy vroeër tot ’n soort heldestatus op Facebook en Instagram of watter platform ook al verhef is.  So ’n val is nie maklik nie. Deur dan in ’n nuwe skool te beland, hoop Wally dat niemand sal uitvind dat hy voete van klei het nie.

.......

“Wie weet van Wally?” was eers “Wally se geheim” as werkstitel – kinders dra soms swaar aan bagasie wat so onnodig is en aangehelp word deur die samelewing. Veral waar sosiale media ook nog ekstra druk op hulle plaas. In die verlede het ’n geboelie tydelik tot stilstand gekom as die kind by die huis kom of in ’n ander omgewing as sy boelie woon, maar met sosiale media weet almal alles van jou en volg hulle jou tot in jou slaapkamer. My verhaal is dus geïnspireer deur elke jong kind wat al ’n fout gemaak het nadat hy of sy vroeër tot ’n soort heldestatus op Facebook en Instagram of watter platform ook al verhef is.  So ’n val is nie maklik nie. Deur dan in ’n nuwe skool te beland, hoop Wally dat niemand sal uitvind dat hy voete van klei het nie.

Ek was saam met jou karakter verlig toe ek die rede vir sy geheim uitvind! Sal jy in ’n paar sinne kan vertel waaroor jou storie handel en wie jou karakters is?

........

As sy ma maar net nie so graag op sosiale media oor hom en sy sportprestasies gespog het nie. Hierdie gespog het sy beste pel, Shaun, jaloers gemaak en dis alles nou die rede hoekom hy by hierdie weird skool sonder kompeterende sport  moet wees, boonop ook sonder sy pa.

........

Die leser bevind haar saam met Wally by sy nuwe skool, waar hy sommer vroeg op die eerste dag al die nuuskierige Kara ontmoet. Sy lig hom dadelik in hoe die landbouskool werk. Hy voel op sy gemak toe hy uitvind dat sosiale media nie ’n groot ding is by die nuwe skool nie. Sy geheim behoort dus veilig te wees. As sy ma maar net nie so graag op sosiale media oor hom en sy sportprestasies gespog het nie. Hierdie gespog het sy beste pel, Shaun, jaloers gemaak en dis alles nou die rede hoekom hy by hierdie weird skool sonder kompeterende sport  moet wees, boonop ook sonder sy pa. Kara en Jayden laat Wally nie toe om te veel te tob nie. Hulle en hul snaakse balspel, wat nóg sokker, nóg rugby is. 

Jou storie lees lekker, en kan lekker gesprek uitlok. Kinders ken nou al die sosiale media en weet al self hoe om daar te spog en die ideale wêreld uit te beeld. Maar hulle leer dit ook dikwels van die grootmense! Hulle leer ook dat hulle self ’n stem het om in gesprek te tree met dit waarmee hulle nie tevrede is op die sosiale media en stories wat mense rondom hulle op die sosiale media uitbeeld nie! Watter soort gesprekke sal onderwysers en kinders in die klas rondom jou storie kan voer?

........

Hierdie storie kan soveel debat uitlok – daar is ’n paar relevante kwessie waarmee kinders op ’n baie jong ouderdom konfronteer word. Soos die gepoleerde beeld wat ons na buite uitstuur, dat  alle mense soms hul humeur verloor en die gevolge daarvoor moet dra, hoe ongemaklik ook al.

.........

Hierdie storie kan soveel debat uitlok – daar is ’n paar relevante kwessie waarmee kinders op ’n baie jong ouderdom konfronteer word. Soos die gepoleerde beeld wat ons na buite uitstuur, dat  alle mense soms hul humeur verloor en die gevolge daarvoor moet dra, hoe ongemaklik ook al. Die kwessie van aanvaarding, vergifnis en oor begin is ’n tema wat wonderlike gesprekke kan meebring. Kompetisie en sport is groot in ons skole – hoe sal kinders voel oor so ’n skool waar almal deelneem aan sport sommer net vir die pret daarvan? Veral die outjies wat nie uitblink in sport nie? Is alle kompetisie goed? Wat is die negatiewe gevolge van (ongesonde) kompetisie?

As jong lesers aan die einde van die storie hierdie meelewing met hulle saam kan neem vir die res van hul lewe, sal ek voel ek was geslaagd in my poging. Ons maak foute, ons tree soms verkeerd op, mense mag uitvind, vriende sal weet van jou, maar dit is oukei. Almal verdien vergifnis.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Henriëtte Loubser se kortverhaal rondom ekologie en natuurbewaring

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top