Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel

  • 2

Foto van Elrien Scheepers: Facebook

Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel
Saamgestel deur Carin Krahtz
Uitgewer: Best Books, NB-Uitgewers
ISBN: 978-1-7760-7303-0

Is jy ’n onderwyser en is jy in hierdie moedelose pandemietyd wat so ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het, op soek na lesmateriaal wat jou leerders sowel as vir jou sal inspireer? Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n boek wat onlangs by BestBooks verskyn het en met vrug in die klaskamer ingespan kan word. Gebruik dit vir begripstoetse, kreatiewe skryfprojekte en lekkerlees.

Elrien Scheepers vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal “Apie en vuurvliegie” wat in die bundel verskyn het.

Elrien, jy het ’n fabel vir die Ingonyama-bundel geskryf. Wat was die inspirasie vir jou verhaal?

Omdat ’n fabel altyd ’n morele les of lewenswaarheid vertel, in soveel woorde, was die keuse van ’n les my beginpunt. Ek het gedink oor daardie dae wat ons so misverstaan en alleen voel, die dae waar alles verkeerd is, ongeag hoe oud of jonk ons is. Ek het toe besluit om ’n fabel met ’n les, maar ook ’n gelukkige einde, te skryf – om alleen-dae minder hartseer vir kinders te maak.

.......

Ek het toe besluit om ’n fabel met ’n les, maar ook ’n gelukkige einde, te skryf – om alleen-dae minder hartseer vir kinders te maak.

.......

Sal jy in ’n paar sinne kan vertel waaroor jou storie handel en wie jou karakters is?

My fabel speel in die Bosveld af en gaan oor Apie, wat in ’n doringboom in ’n rivierbedding bly. Hy ondervind allerlei probleme en voel eensaam en verstote. Daarby maak hy ’n paar ander diere kwaad. Vuurvliegie sien hom raak en word sy maat. Sy leer Apie ’n paar dinge oor homself agterkom; dinge wat hy nie self kon raaksien nie. Daar is ook ’n kwaai geitjie, ’n wyse uil en ’n visarend in die storie. Ek het ’n les vertel, maar ek wou graag ’n bietjie humor, lekker aksie en selfs ’n verrassing in die storie inbring, juis sodat kinders dit baie kan geniet en saam met Apie gelukkig kan voel teen die einde van die fabel.

........

Ek het ’n les vertel, maar ek wou graag ’n bietjie humor, lekker aksie en selfs ’n verrassing in die storie inbring, juis sodat kinders dit baie kan geniet en saam met Apie gelukkig kan voel teen die einde van die fabel.

........

Jou fabel lees lekker en dis ook opvoedkundig van waarde – my dogtertjie het dit onlangs in die skool gebruik toe hulle ’n kreatiewe skryfprojek oor fabels moes aanpak. Watter elemente van die fabel kan onderwysers in jou storie raaksien en aanwend as hulle dit vir werksopdragte wil gebruik?

.......

Die vier elemente van ’n fabel sluit in ’n morele les, simbolisme, humor en antropomorfisme/vermensliking. Hoewel die diere in my fabel normale dieregedrag toon (Apie vreet vet wurms en Vuurvliegie flikker haar liggie in die donker) is hulle eintlik simbole van mense of kinders.

.........

Die vier elemente van ’n fabel sluit in ’n morele les, simbolisme, humor en antropomorfisme/vermensliking. Hoewel die diere in my fabel normale dieregedrag toon (Apie vreet vet wurms en Vuurvliegie flikker haar liggie in die donker) is hulle eintlik simbole van mense of kinders. Hulle avonture verteenwoordig dus menslike gedrag en ervarings. So byvoorbeeld voel Apie hartseer en onseker, Geitjie word kwaad, Vuurvliegie is vriendelik en simpatiek en Uil toon wysheid en insig. Die humor in fabels lewer dikwels kommentaar op die dwaasheid van mense, en Apie se lompheid en Geitjie se nukkerigheid sal kinders laat glimlag. Die les word naby die einde van die verhaal direk in die woorde van Vuurvliegie gestel:  “Jy sal net gelukkig wees as jy weet wie jy is en die dinge doen wat jou hart bly maak.”

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top