
Foto van Fanie Viljoen: verskaf
Ingonyama en ander maats met leeueharte: ’n Kortverhaalbundel
Saamgestel deur Carin Krahtz
Uitgewer: Best Books, NB-Uitgewers
ISBN: 978-1-7760-7303-0
Is jy ’n onderwyser en is jy in hierdie moedelose pandemietyd wat so ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het, op soek na lesmateriaal wat jou leerders sowel as vir jou sal inspireer? Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n boek wat onlangs by BestBooks verskyn het en met vrug in die klaskamer ingespan kan word. Gebruik dit vir begripstoetse, kreatiewe skryfprojekte en lekkerlees.
Fanie Viljoen vertel vir Naomi Meyer van sy kortverhaal “BreinBoks” wat in die bundel verskyn het.
Fanie, jy het ’n storie oor kunsmatige intelligensie (KI) geskryf. En natuurlik een met ’n kinkel in die kabel! Waar het die inspirasie vir jou storie vandaan gekom?
.......
Carin het vir my gevra of ek ’n verhaal kan skryf wat aansluit by die 4de Industriële Revolusie (4IR)
.........
Carin het vir my gevra of ek ’n verhaal kan skryf wat aansluit by die 4de Industriële Revolusie (4IR). Ek het ’n bietjie navorsing daaroor gaan doen om te kyk hoe 4IR moontlik skole sal beïnvloed. Tesame met ’n goeie skoot verbeelding het “BreinBoks” ontstaan.
Wil jy iets vertel van jou storie - en van jou karakters, mens of te nie?
BreinBoks vertel die verhaal van ’n seun wat vir die eerste keer ’n skool met KI bywoon. Dinge loop dan lelik skeef vir hom wanneer hy sien hoe die kinders onderrig word.
Nooit was tegnologie soveel in die nuus soos nou nie. Dis ’n manier van leef en van doen. En daar is soveel verskillende gedagtes hieromtrent – positief, en tog is daar ook gevoelens van weerstand en onverwagse bewustheid van ouers dat kinders te veel tyd op skerms spandeer. Hoe dink jy gaan jou storie gesprekke omtrent tegnologie en KI in klaskamers kan aanmoedig?
.......
’n Kind in Bloemfontein hoef nie noodwendig by ’n onnie in Bloemfontein klas te hê nie. Sy onderwyser kan in New York wees, of dalk selfs op ’n rekenaar se hardeskyf.
.........
Die verhaal sal hopelik lewendige gesprekke in die klas ontlok. Sommige kinders sal dalk die persoonlike aandag van ’n onderwyser verkies, terwyl ander van KI-onnies sal hou. Leerders sal miskien hul eie weergawe van ’n toekomstige skool kan versin, want hulle kinders sal moontlik eendag so skoolgaan. Die Zoom-klasse wat ons vandag sien, is net die begin daarvan. ’n Kind in Bloemfontein hoef nie noodwendig by ’n onnie in Bloemfontein klas te hê nie. Sy onderwyser kan in New York wees, of dalk selfs op ’n rekenaar se hardeskyf.
Lees ook:
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense
COVID-19 en verlore skooltyd: Estelle Kruger se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Michael le Cordeur se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Faeed Amardien se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Christa van Staden se wenke aan ouers en onderwysers
COVID-19 en verlore skooltyd: Earl Basson se wenke aan ouers en onderwysers
Kommentaar
Is die boek in Afrikaans Huistaal ook beskikbaar?
'n Soortgelyke boek vir huistaal verskyn 2022. Die verhale kan ook met groot vrug ook vir huistaal gebruik word. Die vrae kan ook so gebruik word en aangevul word. Alle vrae is volgens Barret se taksonomie. Moeiliker woorde word in Engels ook gebruik wat dan natuurlik as vertaling en woordeskat vir huistaal gebruik kan word. Henk Viljoen, BestBooks/NB-Uitgewers
Baie dankie, ek sal graag die boek wil koop.