Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Hoephoepieland – tien omgeestories met hart deur Ronél van der Watt: indrukke en ’n onderhoud

Berdéhan Brand, Ronél van der Watt Skrywersonderhoude 2021-02-18

"Stories kan kinders se kennis van en respek vir verskillende kulture en lewensomstandighede bevorder. Só kan ons mekaar leer ken, vertrou en verhoudinge bou."

Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2021-02-17

"In geheel gesien: Die gladde stiltes in glas is ’n kosbare – nee, noodsaaklike – toevoeging tot die poësieliefhebber se boekrak." 

Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Boeke en skrywers 2021-02-17

"’n Biblioteek is ’n simbool van die kunste, in sonderheid van die literatuur, as argief van ’n tyd en ook van die tydlose. Iets van hierdie droom word inderdaad verwesenlik in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat soveel deernis en begrip in die karakterisering vertoon; dis ’n roman wat die volle werklikheid betrek – littekens en liefde, misdaad en verset."

Pasverskyn: Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-17

Hierdie boek bevat spesifiek inligting oor die Karoo se plek op ’n vroeëre, baie anderse planeet Aarde, sowel as die uitsterwings wat voorgekom het in die lang tydperk waarin die antieke Karoodiere die bewoners was van wat nou ’n groot deel van die hedendaagse Suid-Afrika is

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-02-16

"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP Van Wyk Louw se lewe en werk.

The Karen Book of Rules by Karin Schimke and Karen Jeynes: a book review

Louise Viljoen (JBay) Books and writers 2021-02-16

"Karin Schimke and Karen Jeynes, both award-winning writers, pull out all the stops in The Karen Book of Rules and have a field day unleashing unbridled wit, humour, satire, sarcasm, and numerous lists of do’s and don’ts on their readers, presenting them with the choice 'to be a karen or not to be a karen.'"

Vammelewe se vuurstories vat vlam: Ware verhale uit Namakwaland deur Gert Sarrisam

Maryke Roberts Resensies 2021-02-15

"Die stories kan een-een gelees word, want ’n happie humor en meelewing elke dag is goed vir die siel. Of jy kan, soos my bejaarde pa, vir jou koffie maak, die karringmelkbeskuit nadertrek en pens en pootjies in die boek inval en lees asof die wêreld nie bestaan nie."

Nuut by PRH/LAPA | New books by PRH/LAPA

Penguin Random House South Africa PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2021-02-12

Penguin Random House en LAPA deel hulle nuwe boeke vir Februarie 2021. | Penguin Random House and LAPA share their new books for February 2021.

Persvrystelling: Mondelings bring skrywers op Stellenbosse stoep byeen

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-12

Storievrate en smulpape kan uitsien na ’n reeks skrywersgeleenthede wat weekliks vanaf Maart op een van die mooiste stoepe in Stellenbosch aangebied word. Met sonsondergang op die Bolandse berge, sal gaste in ’n intieme atmosfeer aansit saam met hul gunstelingskrywers.

Rachelle Greeff se mentorhart oop vir nuwelingskrywers

Melt Myburgh, Rachelle Greeff Skrywersonderhoude 2021-02-11

"Die laaste sewe jaar was Rachelle betrokke by die Breytenbach Sentrum se skryfskool in Wellington, en vanjaar sit sy haar begeleiding van belowende skrywers onafhanklik voort in ’n kleiner, intieme formaat."

Pasverskyn: Drol innie drinkwater deur Churchil Naudé

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-10

Almal word oor dieselfde kam geskeer en soos hyself tereg sê, hy is gemeng en sy voorouers is beide die stigters van apartheid, sowel as die slagoffers van apartheid. Hy sien homself eerder as ’n mens met ’n opinie as ’n mens met ’n sekere velkleur wat ’n opinie het.

First sip: 1986 by William Dicey

Penguin Random House South Africa LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2021-02-10

1986 was a pivotal year in South African history. It was the year of the vigilante, the year of the necklace – but also the year the talking began.

Skoon wasgoed: Die duursame trooswoorde van Ferdinand Deist

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-02-10

"Ek het veel by skrywers geleer, en in hierdie rubriek het ek al daaroor geskryf. Met Ferdinand was dit ook so. Hy het sy deure wyd oopgegooi in vriendskap."

Lesersindruk: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2021-02-10

"Die tafel is keurig gedek met eksotiese, bekende en volksvreemde en vars nuwe smake. Ek beveel dit nie aan vir lesers met ’n 'fyngevoelige konstitusie' nie. Vir die res: Bon appétit!"

Okay, okay, okay by Finuala Dowling: a book review

Janet van Eeden Books and writers 2021-02-09

"The paragraph above sums up for me the life of a woman writer who has to work while being the mainstay of a family. Even Jane Austen mentioned in her diaries how she wrote her novels in short bursts, hiding her work under a book when others came into the room, trying to find continuity between family interruptions."

Karoobrokkies, ’n literêre reis

Willie Burger Boeke en skrywers 2021-02-09

"Literatuur se vermoë om ’n mens se belewenis van ’n bepaalde ruimte te kleur het ek tydens sestien dae se reis deur die Karoo herhaaldelik ervaar."

Lesersindruk: Dante se mistieke reis. Tweede tog: Purgatorio deur Kobus Krüger

Johann Beukes Lesersindrukke 2021-02-09

Johann Beukes bespreek Kobus Krüger se Dante se mistieke reis. Tweede tog: Purgatorio wat onlangs deur AOSIS gepubliseer is.

The lie of 1652: Retories regstellend, feitelik bedenklik?

Frederik Rudolph van Dyk Resensies 2021-02-08

"Want deur daardie petit histoires, oftewel 'klein geskiedenisse', ’n regverdige kans tydens hoofstroomgeskiedskrywing te gee, verryk ons die waarheidsoeke en bevestig ons getrouheid aan die volle menslike storie. Maar om onder andere hawens te verbeel waar hulle nie bestaan het nie, sal enige skeepsvaarder van die geskiedenis eenvoudig op die rotse lei."

Persvrystelling: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2021

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-05

Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2021.

Lesersindruk: Toekomsmens deur Isa Konrad

Cliffordene Norton Lesersindrukke 2021-02-04

"Isa skep met Toekomsmens ’n interessante storie wat die leser intrek. Lesers van wetenskapfiksie sal makliker die boek kan lees en verwerk. Die skrywer se woordgebruik is mooi sonder om onnodig blommerig te wees."

Top