Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Toekomsmens deur Isa Konrad: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Isa Konrad Skrywersonderhoude 2021-02-04

"Die beste wetenskapfiksie daag die leser uit om jou realiteit opnuut in oënskou te neem deur jou ’n alternatiewe realiteit aan te bied. Mens kan dit seker as sinlose bespiegeling afmaak, maar goeie wetenskapfiksie laat my nadink oor my eie wêreld: waar ons vandaan kom, waarheen ons op pad is, en ons plek in die kosmos."

Kanaän: ’n onderhoud met Sophia Kapp

Naomi Meyer, Sophia Kapp Skrywersonderhoude 2021-02-04

"Ja, ek het dit doelbewus so gekies, want dit gaan hier, soos in al my boeke, oor die idee dat ’n mens iewers hoort. Dat ’n mens aan mense en aan ’n plek behoort. Dis natuurlik dieselfde narratief wat die hele grondkwessie in die land onderlê: Dit gaan nie oor aan wie van ons die grond behoort nie, dit gaan oor wie van ons aan die grond behoort."

Pasverskyn: Tesourus van Afrikaans deur LG de Stadler en A de Stadler

LitNet Boeke en skrywers 2021-02-03

Die splinternuwe heruitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee met meer as 140 000 inskrywings 'n uitstekende beeld van die besondere ontwikkeling en die wyse waarop die taal aangepas en gegroei het die afgelope 20 jaar.

Antjie se oog op môre

Melt Myburgh, Antjie Krog Skrywersonderhoude 2021-02-03

"In die lieflike liggevulde vertrek gaan sit ek die eerste oggend en op die bladsy van ’n gedig waaraan ek wou werk, begin ek, asof in ’n dwaal, asof ek oor ’n groot skeur in die grond spring, die drama skryf."

Dreaming of freedom in South Africa by David Johnson: a book review

Bill Nasson Books and writers 2021-02-03

"What gives his book its especially concentrated quality is its microscopic examination of a body of ideological fragments – visionary novels, poems, pamphlets, manifestos and other documents – some of them fairly trivial, it could be said. These direct our attention to an alternative tradition of South African political literature, enthusiastically radical in its stance and resolutely internationalist in its inspirational reach."

Kerk oor die muur of oor die Rubicon deur Frits Gaum: ’n resensie

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-02-02

"Die vraag wat telkens gevra word, is of die kerk 20 jaar na die publikasie van 'Geloofsverklaring 2000' steeds dieselfde 'glo'."

Donkerdrif: ’n onderhoud met Deon Meyer

Naomi Meyer, Deon Meyer Skrywersonderhoude 2021-01-28

"Ek het nog altyd as leser van boeke gehou wat my met ’n morele dilemma laat, veral die konflik tussen die regsproses en regverdigheid."

Passievolle volharding. Enkele opmerkings oor Grit deur Angela Duckworth

Handré Brand Menings 2021-01-27

"Sy oorkoepelende lewensfilosofie sal waarskynlik elemente insluit soos vasbyt, deurdruk en nie tou opgooi nie. Dit is wat Angela Duckworth in haar boek met grit bedoel, en wat vir die doeleindes van hierdie artikel met 'passievolle volharding' vertaal word."

Pasverskyn: Plekname van Suider-Afrika deur Peter Raper, Lucie Möller en Theodorus du Plessis

LitNet Boeke en skrywers 2021-01-27

Plekname van Suider-Afrika is meer as net ’n naslaanwerk; dit bied insig in die ontstaan van plekke, hul inwoners, geskiedenis, gewoontes en waardes.

Nuut by LAPA in Januarie

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2021-01-26

LAPA spog met nuwe boeke in die nuwe jaar!

Ouma Hester en die Arnosterfant deur Janie Oosthuysen: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2021-01-26

"Ouma Hester en die Arnosterfant kan baie goed benut word in die klaskamer, omdat dit 'n goeie boek is vir lesers wat nog hulp nodig het met groot woorde, maar dit sal ook nie 'n beginnerleser oorweldig nie."

Skoon wasgoed: Die hoogsomer van Klaas Steytler

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-01-26

"Deurslaggewende oomblikke kondig hulleself dikwels sonder fanfare aan. Jy beleef iets wat jy eers agterna eien as ’n baken in die tyd, ’n merker van betekenisvolle dinge wat sou volg."

Ouma Hester en die Getaway-kar: ’n onderhoud met Janie Oosthuysen

Naomi Meyer, Janie Oosthuysen Skrywersonderhoude 2021-01-25

"[Ek skryf] seker maar vir die kind binne-in myself. En dan vir almal wat uit die alledaagse wil ontsnap en bereid is om die realiteit ’n bietjie op te skort en saam met ons drie helde op ’n wilde avontuur te vertrek."

The Lie of 1652 gemeet aan ewewigtigheid, regverdigheid en objektiwiteit

François Verster Boeke en skrywers 2021-01-25

"Vir my is dit absoluut noodsaaklik dat stellings wat as feite aangebied word, onderskryf word."

Mediaverklaring: Klasgids nou aanlyn

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2021-01-21

Die ikoniese Klasgids gaan voortaan aanlyn verskyn. Onderwysers kan nou tussen vier verskillende pakkette kies.

Pos beskikbaar: Redakteur – Afrikaanse niefiksie

LitNet Jonathan Ball-portaal 2021-01-21

Suid-Afrika se voorste boekuitgewery is op soek na ’n vindingryke en energieke redakteur om ’n florerende publikasielys na nog groter hoogtes te neem. Die redakteur sal verantwoordelik wees vir die publikasie van Afrikaanse narratiewe niefiksie onder die Tafelberg-druknaam, maar sal ook Engelse niefiksie uitgee. Die pos verg daarom iemand met besondere taalvaardigheid in Afrikaans sowel as Engels, asook ’n lewendige belangstelling in Suid-Afrikaanse kwessies.

Prisoner 913 – the release of Nelson Mandela by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet: reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2021-01-21

"Prisoner 913 is a wonderful book and definitely worth the read, and it will be of particular interest to serious scholars of history and cognate disciplines, particularly as it contains archival material that has not been published before."

Hugenote aan die Kaap deur Philippa van Aardt en Elain Ridge: ’n resensie

Christo Viljoen Resensies 2021-01-21

"Die boek is die resultaat van omvattende navorsing en kritiese analise, sonder ophemeling en idealisering, en vertel van die ontstaan en vervolging van die Hugenote in Frankryk, die oortog en vestiging van net meer as 300 van hulle aan die Kaap van Goeie Hoop, en hul wortelskiet in ’n nuwe vaderland."

Fresh off the press: 1986 by William Dicey

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2021-01-20

1986 was a pivotal year in South African history. It was the year of the vigilante, the year of the necklace – but also the year the talking began.

Paradise in Gaza by Niq Mhlongo: a book review

Edwin T Smith Books and writers 2021-01-20

"Paradise in Gaza is an ambitious enterprise."

Top