Swatland deur Ashwin Arendse: ’n resensie

  • 0

Swatland
Ashwin Arendse
Kwela
ISBN: 9780795710070

Toe die koerier vi Swatland by my kom aflaai het, was ek vebaas oo hoe ’n ligte pakkie die mannetjie met die dreads an my afgie, maa die fisiese gewig van die pakkie kan ek nie vergelyk met die massa wat ek binne-in die digbundel gevind hettie. Dis Ashwin Arendse se wêreld, maa dit was myne oek. Dit is ’n trip. Vi my het die journey begin by die bry-klank, iets wat ek nog nooit in ’n teks raakgeloep hettie, en dan daa’na kom stap Ashwin breëbôs in en maak jou deel maak van sy storie. Djy klim, djy haloep, djy sit en syp saam, djy bloos, djy raak kwaad en lag saam, en djy voel trots saamit Ashwin oo Swatland, maa djy sien die trots in jou eie omgewing oek. Ashwin skryf sonne bangwies, sonne warries, maa sy woore issie ongevoeligie. Dit dra die lieser.

........

Dis Ashwin Arendse se wêreld, maa dit was myne oek. Dit is ’n trip.

...........

But kô ôs begin by die bry-klank wat gedruk en getik is as die ġ-simbool. Die simbool, soes dit explain wôt in die beskrywing, is dat dit gat haal was uit die Arabiese Afrikaans. Hier in Witzenberg wôt die bry-klank gebruik as anvuller om ’n storie meer woema te gie, of wanne iemand sy moeġ stġip, en die res wat bry was gebore merrit. Vi my ore is dit weird, wan ôs hettie gebry op die Vlaktesie. Dit was min wat djy gehoorit iemand praat in daai dialek. En daa was baie gat gemaak vannit, of soms was dit gesien as cute as iemand bry. Dit was ’n klank wat ôs try na-aap het, maa net nooit kon doen soes hulle dit hie in die Witzenberg of daa in die Swatland doenie. Die bry-klank is nog steeds weird en exciting vi my. Die proeses remind my oek an die tyd toe ek eeste beginne skryf het in Kaaps. Daai wat mens excited raak oo die woore soes mens dit lies, maa op die selle tyd raak jou binnestes oek half ongemaklik, wan dis ’n lies-stop, lies-wee, lies-hardop situasie. Ek gloe dis ’n ideale digbundel om vi jouself voo te lies, of vi ’n paa van jou familielede voo te lies, om die gevoel van die dialek op jou tong te kry, maa oek om nog nadere an die Swatland te kô. Maa die volume trots oo die groei van Kaaps in geskrewe teks is massief in my binnestes. Soe dankie Ashwin vi die trots wat djy in geskrewe vorm vi ôs kô needruk het.

.........

Maa die volume trots oo die groei van Kaaps in geskrewe teks is massief in my binnestes. Soe dankie Ashwin vi die trots wat djy in geskrewe vorm vi ôs kô needruk het.

..........

Maa kô’s praat vannie inhoud, wan met die anpassing om die bry-klank te lies, doen Ashwin wonners vi die lieser om die stap deu die bundel te geniet. Swatland was geskryf om ’n storie te vetel van ’n jong man wat ’n groot man wôt, en hoe die wêreld baie min tyd het vi jong manne soes die skrywer en sy vrinne. Maa dit gattie net oo om ’n jong man te wiesie, dit vetel die storie oo hoe mense mense dra deu die liewe. Dis die klein moments wat ’n veskil maak, wat opbou en afbriek.

..........

Dit voel soes die digbundel gerig is an mense jonk of oud, wan in Swatland wôt die gedigte anmekaa geheg met ’n visible tou, ’n tou wat gespan is deu elke gedig, deu die swaakry, deu die hêppiness, deu die diep struggles en victories, en dis die stêk geloef om te liewe om te suvive.

...........

Dit voel soes die digbundel gerig is an mense jonk of oud, wan in Swatland wôt die gedigte anmekaa geheg met ’n visible tou, ’n tou wat gespan is deu elke gedig, deu die swaakry, deu die hêppiness, deu die diep struggles en victories, en dis die stêk geloef om te liewe om te suvive. Daa is baie in die digbundel om op te iet, soes gedigte oo Meerah, sy pêd, die pa wat nie in sy liewe wassie, sy ma en oo die krag wat sy mien stap, die whiteness wat Kallid mense in klein dorpies moet mien deal, en oo sy oupa. Die kôt gedig “Body filler” is een van my gunstelinge in die bundel. Hie skryf Ashwin oo sy “tanie”, en hy sê:

vġa my watsie link tussen haa ennie kaġ,
sal ek sê altwie het al geġol innie veliede,
en altwie is wee mooi opgebou.

Dis big dat ek nou ’n vewysingpunt het vi die bġy-klank in Kaaps, maa besides die groot mylpaal van die bġy-klank, doen Ashwin soeveel vi sy liesers. Daa is soeveel kee wat mens hat-op lag, soeveel kee dat djy kwaad raak oo die rasisme en ongelykheid wat Ashwin beskryf, maa dis die manier hoe Ashwin mens optel, bietjie jou asem wegruk, net lat djy vir ’n paa sekondes ongemaklik moet voel, but dan gie hy wee jou asem vi jou trug. Soes ’n waare digter doen. En dis die rol wat Ashwin se woore speel reg deu die digbundel.

.........

Daa is soeveel kee wat mens hat-op lag, soeveel kee dat djy kwaad raak oo die rasisme en ongelykheid wat Ashwin beskryf, maa dis die manier hoe Ashwin mens optel, bietjie jou asem wegruk, net lat djy vir ’n paa sekondes ongemaklik moet voel, but dan gie hy wee jou asem vi jou trug. Soes ’n waare digter doen.

..........

Dié issie net ’n boek oo gedigte van die Swatlandie, maa soeveel mense sal kan relate met die struggles en die hêppiness wat ôs mien liewe in die bietjie-min wat ôs het. Dis ’n quick read, iets wat djy kan lies op jou commute wêk toe, of wanne djy sit en wag in een of anne lyn, maa die woore van Ashwin se Swatland is geskryf om by jou as lieser huis te kô opsit.

Lees ook:

Swatland deur Ashwin Arendse: ’n onderhoud

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top