Pasverskyn: In Slavenhuis 39 deur Herschelle Benjamin

  • 1

Titel: In Slavenhuis 39
Skrywer: Herschelle Benjamin
ISBN: 9781485313069
Uitgewer: Protea Boekhuis

In Slavenhuis 39 is ’n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat ’n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hul eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek ook wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.

In Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaar ontvang. 

  • 1

Kommentaar

  • Anthony "Speedo" Wilson

    Nou onlangs was daar iemand wat geskrywe het hoe drama agterweëgelaat is in universiteitsbiblioteke. Dit is verblydend om te sien dat Protea Boekehuis drama uitgee. Dit help om die genre weer te vestig! DANKIE!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top