Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Ina Rousseau (1926–2005)
2021-01-14"Daar moenie vir my voorgesê word wat ek moet lees en nie moet lees nie, nes daar nie vir my voorgesê moet word wat ek moet eet en nie moet eet nie. Nes eet behoort lees te alle tye ’n aktiwiteit van genieting te wees wat met vreugde beoefen word." Lees oor Ina Rousseau se lewe en werk.
Dik Dun Thick Thin deur Nataniël: ’n resensie
2021-01-13"In ’n tyd van inperking en sosiale-afstand-houding en handreiniger is hierdie jou kans om ’n bietjie teater in jou eie gemakstoel te geniet."
’n Geheelbeeld op die oeuvrebydrae van die digter Johann Lodewyk Marais ten opsigte van natuurpoësie en ekokritiese poësie
2021-01-12"Marais vervul ’n integrale rol in die Afrikaanse literatuur met sy intelligente en emosionele kommentaar op die omgewing en die gebruik daarvan."
Papierblomme deur Helena Hugo: ’n lesersindruk
2021-01-12"Dit is ’n boek vol swaarkry en ontnugtering, wat die storie ’n sekere oortuigingskrag gee."
Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie
2021-01-08"Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ’n Kombi. Hulle leef ’n nomadiese bestaan en bly net vir ’n kort ruk in een dorp voor hulle na ’n volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is."
Fanie Olivier resenseer Die meeste sterre is lankal dood deur Johann de Lange
2021-01-08"In die gedigte wat in hierdie bundel opgeneem is, wys Johann de Lange weer watter voortreflike versmaker hy is. Hy demonstreer hoe hy binne ’n baie ou tradisie skryf, maar dit terselfdertyd kan manipuleer, daarmee speel en dit vernuwe."
Van rotstekeninge tot joernaalterapie
2021-01-07"Die afleiding kan gemaak word dat die versugting van mense om hul belewenisse en gedagtes op iets konkreets neer te pen, as’t ware ingekerf is in die mens se DNS."
Anton Goosen – Liedjieboer deur Hanlie Retief: ’n lesersindruk
2021-01-07"Wees gewaarsku: Dit is ’n boek wat jy waarskynlik met moeite gaan neersit. Dit is asof jy vir Goosen self hoor soos wat jy deur die blaaie vaar."
Skoon wasgoed: Die verhaal van die verhaal van Oscar Pistorius
2021-01-06"Deur wat sedertdien gebeur het, het hierdie narratief ’n storie binne ’n groter, algeheel somber storie geword. Ons boek het ingebed geword in wat ander boeke ná die moord vertel het. Dit was soos die skitterende kern van ’n swart ster, ’n gravitasiekolk waarvandaan geen lig ontsnap nie."
JC Kannemeyer (1939–2011)
2021-01-04"Afrikaans beleef ’n tydelike terugslag. Ons kry seer. Ons sal seker nog seerder kry. Maar daar is in dié taal soveel geestelike energie werksaam, dis nie deur politici of ’n regering afskryfbaar nie. Daar moet ’n kentering kom." Lees oor JC Kannemeyer se lewe en werk.
Fresh off the press: The history of man by Siphiwe Gloria Ndlovu
2020-12-23Prize-winning novelist Siphiwe Gloria Ndlovu traces Emil’s life from boyhood to manhood – from his days at a privileged boarding school with the motto ‘It is here that boys become the men of history’, to his falling in love with the ever-elusive Marion, whose free-spirited nature has dire consequences for his heart – all the while showing how Emil becomes a man apart.
Ons was daar: Sektor 20 & 70 deur Johan van Wyngaard: ’n resensie
2020-12-22"Hoewel die boek nie akademies-wetenskaplik nagevors is of aangebied word nie, sal die ernstige navorser wel inligting in die boek kan uitsnuffel wat nêrens anders te vinde is nie. Die persoonlike herinneringe van talle rolspelers wat in die boek opgeteken is, is op sigself ook waardevol."
Audrey Blignault (1916–2008)
2020-12-22"Vandat ek kan onthou, het die woord my bekoor. Ek wou altyd skryf. Ek het nie gedink hoe ek wou skryf nie. Ek het geweet: ek wil vertel. Ek wil sê hoe dit is."
Koerant deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk en gesprek
2020-12-22"My groot passie en eerste liefde: die koerant in al sy dinamiese fasette."
My stryd met ADHD deur Hykie Berg: ’n boekresensie
2020-12-21"Nadat ek My stryd met ADHD gelees het, kan ek begryp dat dit inderdaad ’n onsigbare oorlog is. Dit is ook weer eens onderstreep dat pille nie altyd die enigste of beste uitweg is nie."
Amper Frans – die perfekte antidoot teen styfhoofdigheid
2020-12-21"Lag, soos al ons oumas gesê het, is die heel beste antidoot vir styfhoofdigheid en ander hardnekkige nukke. Humor is vir my net so belangrik soos dankie en asseblief."
“Een brief in een fles is dit, Breyten”
2020-12-21"Blijkbaar hechtte Kouwenaar belang aan de politiek geëngageerde gelegenheidsverzen en hij heeft de teksten een vaste plek gegeven in het gebundeld en later verzameld dichtwerk. De dichter, over wiens werk menig critici wel eens stelt dat het autonomistisch is en dus een autonome taalwerkelijkheid opbouwt, heeft zich niet alleen in de marxistische beginfase van zijn dichterschap maar ook later politiek uitgesproken."
A book of friends: In honour of JM Coetzee on his 80th birthday, edited by Dorothy Driver: reader impression
2020-12-21"What will stay with me for a long time after reading this multilayered collection is the deep sense of curiosity which runs through A book of friends – it is an expression of care which the authors and artists share with the man they pay tribute to."
The Afrikaners: a concise history by Hermann Giliomee: a book review
2020-12-18"Now running to just over 200 pages, and wearing his immense learning much more lightly, the author’s new Concise history is more of a tapas-trek through the topic than his original pièce de résistance."
Pasverskyn: Stories – dik dun thick thin deur Nataniël
2020-12-17’n Splinternuwe, skitterende versameling kortverhale deur Nataniël.
