Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Stalmaats: ’n onderhoud met Lize Roux
2021-04-15"Dit is ’n ongelooflike groot voorreg om vir kinders te kan skryf."
Eintlik alles: ’n onderhoud met Alta Cloete en Lisa Uys
2021-04-14Die romanseskrywer Ronelle Uys het haar lewe in 2017 weens kanker verloor. Haar dogter probeer sedertdien haar laaste manuskrip publiseer, en met die hulp van Alta Cloete is die werk in Februarie 2021 deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Cliffordene Norton gesels met Alta Cloete en Lisa Uys oor die proses om Eintlik alles postuum gepubliseer te kry.
Review of 1986 by William Dicey
2021-04-13"This is a hallmark of the book that I personally found fascinating: the way Dicey returns women’s stories to the overarching narrative of that year."
Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof, ’n lesersindruk
2021-04-13"Die boek het genoeg kinkels om ’n paar s-draaie in enige leser se misdaadfiksiepad te gooi. Die speurder is die karakter wat jou laat wonder wat op aarde in die skrywer se kop aangegaan het om vir Ludo al dié lettertyd te gee."
Clinton V du Plessis (1963–)
2021-04-09"Daar was ’n tyd toe ek geskryf het omdat ek verveeld was, toe weer omdat ek gatvol was. Nou skryf ek om te probeer onthou." Clinton V du Plessis se skrywersalbum in nou volledig bygewerk.
Pasverskyn: Weerlose meganika deur Anton Roodt
2021-04-08’n Heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.
Invitation: Launch of Bloody Sunday by Mignonne Breier
2021-04-08Tafelberg and Exclusive Books invite you to join the book launch via online webinar of Bloody Sunday by Mignonne Breier.
Uitnodiging: Bekendstelling van Weerlose meganika deur Anton Roodt
2021-04-08Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Weerlose meganika deur Anton Roodt op Saterdag 17 April in Stellenbosch. Kerneels Breytenbach sal met Anton gesels.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2021
2021-04-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, ’n lesersindruk
2021-04-07"Fanie Viljoen se jeugroman Offers vir die vlieë lewer kommentaar oor die fisieke, emosionele en psigologiese nagevolge van geweld, oorloë en breinspoeling. Dit lewer egter ook kommentaar oor die menslike wil om menslik te bly."
Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith: ’n ondersoek deur Izak de Vries
2021-04-06"Ek wil voorstel dat Die kleinste ramp denkbaar as ’n speurroman gelees moet word. Bennie Griessel sou dalk weer begin drink as hy gedwing sou word om hierdeur te lees, maar vir die regtig ernstige leser kan hierdie boek ’n besonder interessante leeservaring word."
Tweedehandse boeke en eerstehandse gasvryheid in Yolanda Barnard se Yolo
2021-04-06“In Desember verlede jaar het ek na my duisende boeke gestaar – geliefde boeke, geleeste boeke, boeke wat vertroosting bring. En ek het gewonder wie hulle eendag gaan erf.” Só sê oudjoernalis en skrywer Yolanda Barnard, deesdae eienaar van die tweedehandseboekwinkel, Yolo, in Centurion.
Barmhartigheid aan duisende: ’n Familiesage uit die Sandveld: ’n onderhoud met Beatrix Kotzé
2021-04-01"Die grens tussen 'ons' en 'hulle' is nie meer so definitief nie. In my boek het ek probeer om daardie regstelling te maak op ’n subtiele wyse."
Johanne 14 by Hope Malau: a reader impression
2021-04-01"In a time in South Africa when we are trying to understand each other more than ever, when we are experimenting with ideas of unity, diversity and forgiveness, while still staying true to ourselves, Johanne 14 is a quiet celebration of the things that really matter, that which lies at the heart of it all – like the perfect cabbage."
Fresh off the press: The madhouse by TJ Benson
2021-03-31"In his exhilarating debut, TJ Benson conjures up a kaleidoscope of Nigeria. This is the extraordinary tale of five people bound by blood, each searching for a way through."
Fotoblad: Mondelings-geleentheid met Anoeschka von Meck
2021-03-31Theo Kemp het foto’s van die jongste Mondelings-geleentheid, ’n gesprek met Anoeschka von Meck, verskaf. Die fotograaf was Tania van Niekerk.
Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen: ’n onderhoud
2021-03-31"Die boek is vir die afwesige pa wat nog huiwer om huis toe te gaan, en dié wat baie tentatief betrokke is by hul kinders se opgroei. Diegene wat dalk papgeld betaal, maar nie emosioneel betrokke is of wil wees nie. Die boek is vir diegene in alle fasette van 'afwesigheid'. You name it. Menere, julle is potensiële bates."
Persverklaring: 2021 se UJ-pryse – wenners aangekondig
2021-03-31Die wenners van die 2021-UJ-debuutprys asook die 2021-UJ-prys is aangekondig nadat kortlyste vir albei pryse verlede week aangekondig is.
Skoon wasgoed: Om uit te gee of nie uit te gee nie
2021-03-30"In die ou dae kon jy die som maklik op die agterkant van ’n sigaretboksie maak of op die servet van die restaurant waar jy die skrywer onthaal agter wie se volgende boek jy aan is. Dit wil sê indien daar hoegenaamd somme gemaak is."
Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: boekbekendstellingsvideo
2021-03-29Veronique Jephtas se debuutdigbundel Soe rond ommie bos is die naweek in die Paarl bekendgestel. Remona Voges, Protea Boekhuis se bemarker, het met Veronique gesels. Gys Loubser was daar om namens LitNet ’n video van die geleentheid te neem.
