Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
The lie of 1652: A decolonized history of land deur Patric Tariq Mellet – ’n lesersindruk
2021-03-25"Om die verlede sinvol te verpak, en om redelike breë konsensus te verkry oor hoekom ons die verlede bestudeer, is die twee grootste uitdagings van die historikus. Sonder om die filosofie deeglik deur te trap, skaar ek my in hoofsaak by die uitgangspunt dat dit die taak is van die historikus om die verlede te verduidelik en te verklaar."
’n Bespreking van Eben Venter se Wolf, wolf met verwysing na die titel, ruimtes en sosiopolitieke kommentaar
2021-03-25"Xenofobie en rassigheid in die nuwe Suid-Afrika kom onder die loep as deel van die sosiopolitieke kommentaar wat Venter op die postapartheidsbestel lewer. Die gevolgtrekking kan egter gemaak word dat die teks uiteindelik aan die leser behoort."
Storiekaros deur Wendy Maartens, goeie stories om te kan lees
2021-03-24"Sy bring nie net legendes en diereverhale bymekaar nie, maar ’n hele biblioteek van verhale, rympies en selfs speletjies. Dit sal beslis in hierdie buitengewone tye die jongspan se verbeelding aangryp."
Pasverskyn: Nootvat. Kwashaal. Stapel deur Bernard Odendaal
2021-03-24’n Verlore jeugwêreld en vriende word onthou; daar word gedink aan kinders wat in diaspora verkeer. Stemminge, toonaarde en digvorme wissel mekaar af.
Skadukant deur Rika Cloete: ’n FMR-resensie
2021-03-24"Skadukant is ’n spanningsvolle roman vol intrige en wendings. Wanneer die skuldige eindelik vasgetrek word, raak die sielkunde agter die wreedhede éérs boeiend."
Kortlyste: 2021 se UJ-pryse
2021-03-24Drie romans, ’n digbundel en ’n versdrama ding mee om die 2021 UJ-prys. Die kortlys vir dié prys sowel as dié vir die 2021 UJ-debuutprys is pas aangekondig.
Donkerdrif deur Deon Meyer, ’n lesersindruk
2021-03-23"Oor die storielyn is al wat ek verder bereid is om te sê dat daar omtrent halfpad deur die boek, iets gebeur wat totaal onverwags is, maar wat mens so prikkel dat jy eenvoudig nie meer die boek wil neersit nie."
Middernag deur Sidney Gilroy: ’n FMR-resensie
2021-03-23"Alles in hierdie misdaadroman werk. Nie net die spanningslyn en die karakters nie, maar ook die perspektiefwisseling, die beskrywing van die milieu, die intrige én die navorsing oor onder meer psigopatie en patologiese prosedures."
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Louis Krüger
2021-03-23"Jy vergeet nooit die dag, die oomblik, wanneer jou karakters uit die donkerte te voorskyn kom nie."
The rabbit hole deur Mike Nicol, ’n resensie
2021-03-23"Eerstens, en vir my van kernbelang, is die aangrypende milieu wat Nicol vir ons skets. Dis ’n nuwe Suid-Afrika dié, ’n moderne een wat nie die 20ste eeu noodwendig met hom rondsleep nie."
Piet van Rooyen (1953–)
2021-03-23"Die essensie van skryf is die eenwording van die skrywer met sy karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in die ritme van die dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig hou."
Invitation to the launch of Yesterdays and imagining realities: an anthology of South African poetry
2021-03-19We hope you may be able to join us for the launch of Yesterdays and imagining realities: an anthology of South African poetry this Sunday 21 March at 15h00.
Persverklaring: Imprimatur-boekbekendsteling, 20 Maart 2021
2021-03-19Imprimatur nooi uit hartlik na hierdie geleentheid by die Skuilkrans NG Kerk op Saterdag 20 Maart om 10:00.
Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls nou in Nederlands
2021-03-19Harry Kalmer, wat in Julie 2019 oorlede is, se laaste roman, In ’n land sonder voëls, is nou in Nederlands vertaal en word op 25 Maart aanlyn bekendgestel. Melt Myburgh het met mense wat by Harry en die vertaling van die boek betrokke was, gesels oor dié spesiale gebeurtenis.
Uit NALN se argief: Ena Jansen se eerste onderhoud met Elisabeth Eybers
2021-03-18"Ter viering van Ena Jansen (geb. 18 Maart 1951) se sewentigste verjaardag vandag, bied die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) dié getranskribeerde artikel van Jansen se heel eerste onderhoud met Elisabeth Eybers, destyds ter viering van Eybers se 60ste verjaardag."
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Kirby van der Merwe
2021-03-18"Ek skryf oor ek nie anders kan nie. Skryf is vir my enersyds verskriklik moeilik. Andersyds ongelooflik bevredigend. Dis ’n Jakob-engel-worsteling."
Pasverskyn: NP Van Wyk Louw versamelde dramas
2021-03-17Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van NP Van Wyk Louw in ’n versamelbundel uitgegee.
Swatland deur Ashwin Arendse: ’n onderhoud
2021-03-17"Ek skryf nog altyd vi myself. My formula waavolgens ek wêk is based oppie idea van my writing gebryk asse way om sense te maak van goed in my kop en goed om my."
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Francois Smith
2021-03-17"Ek wil graag glo dat ek om dieselfde rede skryf as wat ’n boer ploeg of as wat ’n loodgieter geisers herstel – omdat ek in die wieg gelê is daarvoor."
NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Jaco Fouché
2021-03-17"Skrywers reageer op hulle onmiddellike omgewing. In ons onmiddellikheid is daar ’n pandemie. Ons gaan daaroor skryf. Is daar nie ’n pandemie nie, maar ’n dreigende burgeroorlog, of kulturele droogte, skryf ons oor daardie stel omstandighede."
