Pasverskyn: Ons het [...] ver versit deur Patrick J Petersen

  • 0

Ons het [...] ver versit
Patrick J. Petersen
Uitgewer: Abrile Doman
ISBN: 9781991219374

Patrick J. Petersen (1951–1997) was ’n spilfiguur vir aspirerende Afrikaanse skrywers omstreeks die einde van die jare tagtig en vroeg-negentig van die vorige eeu. Hy het bekendheid verwerf vir sy bundels amandla ngawethu (1985), Advent (1988) en Vergenoeg (1993). As leidende skrywersfiguur het hy ’n onafhanklike uitgewery – Prog-uitgewers – bedryf. Hy het in dié hoedanigheid verskeie versamelbundels, onder meer Aankoms uit die skemer (1987) en Ons kom van ver af (1995), die lig laat sien. Hy was ook ’n stigterslid en eerste voorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging. 

Ons het [...] ver versit bring sy gepubliseerde gedigte, toesprake en onderhoude byeen. Die titel herroep ’n uitspraak van Petersen: "Ons kom inderdaad van ver af met ons Kaapse tradisie, uit die Afrikaanse taaltradisie." Voor sy dood op 45-jarige ouderdom was hy ’n predikant van die Verenigende Gereformeerde Kerk op Vredenburg aan die Weskus.

Hein Willemse van die Department Afrikaans, Universiteit van Pretoria het die versameling saamgestel. Hy lei dit in en stel Petersen se skrywerskap in perspektief.

Verkrygbaar by: abrile.doman@gmail.com

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top