Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Ilse Salzwedel Resensies 2025-12-15

Marita van der Vyver se boek is veel meer as ’n reisboek – dis ’n besinning oor die lewe en oor hoe ons leef, skryf Ilse Salzwedel.

Lucky bastard

Anthony Akerman, André Hattingh LitNet25-skrywersberaad 2025-12-11

He grew up in a good household near Durban. At a delicate age, he learned that he was adopted. It shook his sense of identity, as he no longer was the boy he had been brought up to be. In his recently completed memoir, Lucky bastard, Anthony Akerman focuses primarily on how his life was shaped by the knowledge of his adoption.

My leaves stay green: a soupçon

André Hattingh Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-12-11

One of the songs from her 2013 album Change your world is called “My leaves stay green”. This song was written during her journey through chemotherapy. It is also the title of her recently published book of “poetree”, a collection of pop-up poems inspired by trees that she shared on Facebook during the COVID lockdown.

Pasverskyn: Wen die stryd in jou gedagtes deur Joyce Meyer

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-10

Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen.

Heil die Leser!: Die rol van erfskuld en geheue in twee romans

Nini Bennett-Moll Boekrubrieke 2025-12-10

"Daar het onlangs twee soortgelyke en noemenswaardige romans by Naledi verskyn, boeke wat tematies handel oor die verwerking van die kollektiewe, persoonlike, kulturele en politieke skuld van die verlede."

Persverklaring en boekbekendstellingsuitnodiging: Verantwoording deur Hercules Boshoff

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-10

Jy word uitgenooi na ’n boekbekendstelling op Vrydag 12 Desember 2025 om 9:30 vir 10:00. Die gesprek tussen Pieter Duvenhage en Hercules Boshoff vind by The Foundry te Nooitgedacht Village in Stellenbosch plaas. Hier is nog besonderhede.

Die Lasarus-effek: PJ Schoeman (1903–1988)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-10

"Pieter Johannes (Piet) Schoeman was een van Suid-Afrika se belangrikste natuur- en kultuurskrywers, wat intieme konneksies tussen die Afrikaanse letterkunde, veldbelewenis en volke­kunde gevestig het. Hy is in ’n nagmaalwa naby Utrecht in Natal gebore en word groot in ’n wêreld waar die veld, die Drakensberge, die Bosveld en die Zoeloekultuur sy vormingsjare diep beïnvloed."

All the saints deur Wesley Roodt: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2025-12-09

"Daar is baie Izzy-karakters in ons skole. Nou nog. Hulle het ons hulp nodig. Wesley Roodt het gekies om ’n fiktiewe karakter te skep wat uitpraat. Ek salueer Izzy dus as ’n fluitjieblaser!"

Die stadsmeisie en die plaasjapie deur Beatrix de Villiers: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-12-09

"Daar is nie enige dramas, geskiedenis en verlore liefdes of kanse wat gebruik word om hulle huidige optredes en sienswyses mee te motiveer nie. Dis net ’n ongekompliseerde storie tussen twee mense wat mekaar opnuut leer ken en waardeer."

The wealth ladder deur Nick Maggiulli: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-12-09

"Ek beveel The wealth ladder aan as ’n nugtere beskouing oor rykdom wat elke persoon behoort te lees. Dit is leersaam en interessant en laat ’n mens na rykdom kyk op ’n holistiese, inklusiewe wyse. Daar is veralgemenings, maar die doel heilig die middele."

Die Lasarus-effek: Andries Albertus Pienaar (Sangiro) (1894–1979)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-09

"Sy vormingsjare in Duits-Oos-Afrika (wat dele van die huidige Tanzanië, Rwanda en Burundi beslaan het), aan die voet van Kilimandjaro, het ’n lewenslange liefde vir diere en die tropiese landskap gevestig. Die plaaslike bevolking het hom die bynaam Sangiro, wat 'hasie' beteken, gegee omdat hy so vinnig kon hardloop – ’n naam wat hy later as skrywersnaam sou gebruik."

Cliff-hanger: Een jaar as meestersstudent

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-12-09

"My eerste jaar as meestersstudent in Kreatiewe Skryfkuns was alles waarvan mense jou waarsku voordat jy die stryd aanpak: anders, moeiliker en ryker as wat jy verwag."

Dark academia: how universities die deur Peter Fleming – hoe universiteite korporasies word en die gevolge daarvan: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Frederik de Jager Resensies 2025-12-09

"Universiteite word soos korporasies bestuur en dit is nie nuus nie. Dit kom al meer as 30 jaar lank aan. Die persoonlike gevolge vir akademici en studente is minder in die oog, miskien omdat dit oor so ’n lang tyd aankruip. Eweneens die afstand tussen vandag se verbruikersmodus van kennis en die nou grootliks agtergelate idee dat universiteite daar is om die onthalwe van kennis op sigself."

IziNdlovu deur Div de Villiers en Adrienne Carlisle in die Baai bekendgestel

Izak de Vries Boeke en skrywers 2025-12-08

"De Villiers het tydens die verhoor van die Ndlovu-bende aan haar genoem dat hierdie saak uniek is en dat die manier waarop die vervolging die bewyse moes benader, nog nie tevore beskryf is nie. Dis waar hulle begin gesels het oor die idee om hierdie unieke saak te boekstaaf."

Praatjie oor Vlam in die sneeu: U3A Hermanus, 21 Augustus 2017

Francis Galloway Boeke en skrywers 2025-12-04

"Wees goedgesind teenoor Jonker en Brink, die jong geliefdes, en bring hulle so terug in die lewe sonder om hulle in te boks in vooroordele of bespiegeling."

Pasverskyn: Vredemaker deur Reggie Peace

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-04

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer, maar hy bly ontevrede met homself. Hy streef voortdurend na erkenning en aanvaarding, tot hy besef dat hy ’n keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood.

Audi alteram partem – hoor die ander party

Anschen Conradie, Izak de Vries LitNet25-skrywersberaad 2025-12-03

Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.

 

Koos Prinsloo (1957–1994)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-12-03

"Skrywery is baie intiem. Ek sal dinge op papier doen wat ek nie in die geselskap van ander kan doen nie." Lees oor Koos Prinsloo se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026 toegeken

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-03

Robert Balfour, rektor en vise-kanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), kondig met trots aan dat die Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs vir 2026 aan SP Benjamin toegeken is.

Duifblou deur Mariane le Roux: ’n lesersindruk

Linda Roothman Lesersindrukke 2025-12-02

"Ek beveel Duifblou aan as ’n nuttige gids in die helingsproses van tieners wie se lewens deur trauma ontwrig is."

Top