Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Om ’n hart te tem deur Ciska Olivier: ’n resensie
2026-01-26"Om ’n hart te tem sal menige leser inspireer. Dis ’n teer liefdesverhaal en laat ’n mens glo dat nuwe beginne wel moontlik is en dat daar iets moois uit tragedies kan voortspruit."
Kortliks met Stefaans: Boekrak, of tronk toe?
2026-01-22"Wat doen ’n goeie misdaadroman: Bly dit by jou, of moet dit gedeel word?"
Kinder- en jeugliteratuurskryfskool 2026 by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud
2026-01-22"Ek sê altyd: Kinderboeke is nie kinderspeletjies nie, maar met hierdie kursus kan jy jou drome vlerke gee. En boonop is dit vreeslik baie pret!"
Judas Iskariot se ouers deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk
2026-01-21"Jopie Coetzee het hom oortref met hierdie drama, Judas Iskariot se ouers. Sy karakters is innemend en absoluut geloofwaardig. Die dialoog en uitbeelding van elke toneel is manjifiek geskryf."
Persverklaring: dig- en skryfkompetisie
2026-01-21Ink Skryf in Afrikaans bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in drie spogbloemlesings opgeneem gaan word.
Die laaste lewe van Timtom Taljaard deur François Verster: ’n skrywersonderhoud
2026-01-21"Ja, ek het vir Timtom ’n stem gegee, dis waar. Ek wens natuurlik ons kon beter kommunikeer, en ek moes toe maar my verbeel wat ’n kat dink en wonder hoe presies dink hulle sonder (skryf-) taal – daarom juis het ek vir Timtom toe die vaardigheid 'gegee' om te kan lees en later selfs te probeer skryf."
Heil die Leser!: die rol van vrede en oorlog in twee romans
2026-01-21Nini Bennett skryf hierdie maand haar boekrubriek oor ’n jeugroman en ’n boek met ’n historiese konteks.
The poetry whisperer’s workshop, compiled by Elsibe Loubser McGuffog: a reader’s impression
2026-01-21"The poetry whisperer’s workshop is the takeaway from a project inspired by Alison Gwynne Evans, head of the Western Cape Branch of SACEE (the South African Council for English Education). ... Central to the workshop is the idea that the future of poetry should be affirmed, even in times where AI is set to challenge all areas of human endeavour."
Pasverskyn: Die Anglo-Boereoorlog in kleur, volume II deur Tinus le Roux
2026-01-20Volume 2 dek die guerrillaoorlogvoering vanaf 1900 tot 1902 en beeld onder andere die tragedie van die verskroeideaardebeleid uit, asook die daaglikse roetine van Boeregevangenes in die konsentrasiekampe, plaaslik en oorsee. Die vredesproses ná vredesluiting en interessanthede oor die nasleep van die oorlog word ook uitgelig.
Elders gesien: Literatuurgeskiedenis
2026-01-20"In beide dele probeer ek om nie net die literêrhistoriese prosesse te beskryf en analiseer nie, maar ook om die moontlikhede van die literatuurgeskiedenis as genre te verken."
Martjie Bosman (1954–)
2026-01-20"Ek dig oor enigiets wat my aangryp en dig om woorde te kry vir ervarings wat ek nie heeltemal begryp nie." Lees oor Martjie Bosman se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Oproep om voorleggings vir Lina Spies-huldigingsbundel, Onthou is die dag wat breek
2026-01-19Hiermee word jy hartlik uitgenooi om tot hoogstens drie voorheen ongepubliseerde gedigte voor te lê vir die Lina Spies-huldigingsbundel wat later vanjaar by Naledi sal verskyn.
Verantwoording: die dialektiek van ’n sinryke bestaan deur Hercules Boshoff – ’n skrywersonderhoud
2026-01-19"Sokrates het gesê ’n onondersoekte lewe is nie die moeite werd om geleef te word nie. Ek sou sê ’n lewe wat nie geleef word nie, is ook nie die moeite werd om ondersoek te word nie."
Goue lint, my storie begint: fantasie en verbeelding in kinderliteratuur
2026-01-19"Eendag lank, lank gelede was daar ’n vreesaanjaende, vuurspuwende draak ..."
Persverklaring en boekbekendstellingsuitnodiging: waar daar eens ’n see was deur Jennifer Pape
2026-01-19Sluit aan by Daniël Hugo vir die boekbekendstelling van Jennifer Pape se digbundel, waar daar eens 'n see was op Saterdag 24 Januarie 2026 om 10:00 in Jannie se Leeskamer.
Seen elsewhere: The more things change…
2026-01-16"Here we are, thirty-two years into our so-called non-racial, non-sexist democracy premised on human rights that are enshrined in our Constitution, and we have the minister responsible for arts and culture essentially banning an artist from participating in the Venice Biennial, because in his view, her work does not contribute to social cohesion in the country."
Die Lasarus-effek: Hester Heese (1911–1992)
2026-01-15"Hester Heese (nooiensvan De Swardt) is op 26 Oktober 1911 in Kuilsrivier naby Kaapstad gebore en was een van sewe kinders. Na haar opleiding as kindertuinonderwyseres het sy onderwys gegee op Upington en later in Kaapstad. In 1937 trou sy met Karl Heese en uit die huwelik is vyf kinders gebore. As pastoriemoeder van verskeie NGK-gemeentes het sy aktief aan gemeenskapsaktiwiteite deelgeneem."
Die Lasarus-effek: Tryna du Toit (1910–2005)
2026-01-15"Catherina Charlotte Kotzenberg, wat die skuilnaam Tryna du Toit gebruik het, is op 13 Januarie 1910 op De Aar gebore en het ’n merkwaardige loopbaan as Afrikaanse skrywer gehad. Na haar opleiding as onderwyseres het sy in 1932 met Wilhelm Kotzenberg in die huwelik getree en hulle het drie kinders gehad. Tydens haar huwelik was sy eers voltyds huisvrou voordat sy voltyds begin skryf het."
PenAfrican: Urgent lessons on censorship in South African arts
2026-01-15"The lesson of history is clear: When political anxieties dictate who may speak, the marketplace of ideas collapses. Every writer’s freedom suffers, not just that of the one targeted."
Pasverskyn: Die weerligvoël deur Jaco Jacobs
2026-01-15Timo het ’n vreemde talent. Vandat hy klein was, kon hy met diere praat. Wel, soort van. Wanneer hy en sy troetelrot, Lucky, op ’n dag die koerant haal, is dit die begin van ’n wilde avontuur – die soort avontuur waarvan hy nog net in boeke gelees het. Waarom is ’n wêreldbekende multimiljoenêr skielik agter hom aan? En watter asemrowende geheim steek sy weg op haar privaat eiland?
