Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Persverklaring: Andrew Murray-Desmond Tutu-Prysfonds
2026-05-05Die Andrew Murray-Desmond Tutu-Prysfonds maak graag die wenners van die 2026-pryse en -toekennings bekend.
Elize Parker in gesprek met Alwyn Roux oor Weerskyn
2026-05-05"Die projek om weer skyn aan die dinge te gee, is nie sommer maar net ’n tydverdryf nie. Dit is ’n manier van dink oor die wêreld en daardie wêreld weer te gee op papier sodat dit opnuut kan resoneer in die leser se leefwêreld, wat op hulle beurt weer geïnspireer word deur ’n woord, versreël, gedig of digbundel."
Henriette Grové (1922–2009)
2026-05-05"My belangstelling in menslike verhoudinge en die wyse waarop mense praat, het tot my belangstelling vir dramas aanleiding gegee. Die daaglikse gesinslewe is so vol dramatiese gegewens dat ek al my stof daaruit kan put."
Dalene Matthee-boekefees 2026: ’n onderhoud met Darryl David
2026-05-04"Ons is egter stilweg vol vertroue oor die Dalene Matthee Boekefees, want dit bied die suiwerste vorm van literêre toerisme in Suid-Afrika. Benewens Olive Schreiner, watter ander skrywer het ’n monument wat aan haar opgedra is?"
Ses dinge djy’t byrie Kaaps Woriboek launch gemiss
2026-05-03"Hierrie chapel byrie Castle of Good Hope het omtrent gebuzz op Donderdag 23 April 2026 virrie launch vannie langve’wagte, ee’ste ooit drietalige Kaapse Woriboek, geskep dee Quentin Williams vannie Universiteit van die Wes-Kaap (UWK). Omtrent 100 Kaapse ve’teenwoordigers en gebruikers vannie Kaapse taal in education, academics, kuns, media, heritage en community spaces was daa ommie launch te commemorate ennie taal, wat nou in coded form is, te celebrate."
Einde en begin deur Michèle Meyer is verweef soos ’n epiese gedig: leeskringe, neem kennis!
2026-04-30"Niks word aan die toeval oorgelaat nie. Elke woord is skynbaar geweeg en word iewers anders in ’n spieëlbeeld weerkaats."
Haram by Zubayr Charles: a review
2026-04-30"Haram is not just about the tension of authenticity, but, moreover, about the limits of sin and redemption. Charles writes about the way in which shame silences and stifles the other."
KI-miniseminaar: Ek, my Muse, en my KI
2026-04-30"Elke skrywer wat ooit geleef het, het gewerk met die oorgeërfde materiaal van taal, letterkunde en filosofie, narratiewe konvensie, en menslike ervaring. Niemand skep in ’n vakuum nie. ’n Groot taalmodel soos Claude of ChatGPT doen presies dit: Dit herkombineer bestaande elemente in nuwe konfigurasies."
Program van die Dalene Matthee-boekefees
2026-04-30Die Dalene Matthee-boekefees vind van 8–9 Mei 2026 plaas op Herold, in die Outeniquaberge. Ongeveer 30 skrywers sal byeenkom. Klik hier vir die program.
Fresh off the press: Reappraising the life and legacy of Jan C Smuts
2026-04-29Amongst the familiar themes that are reappraised, are Smuts’s successes and failures in policies and leadership, domestically and internationally.
We inherit the fire by Kagiso Lesego Molope: A reader’s impression
2026-04-29"That’s what makes this story unforgettable: It doesn’t ask you to witness history. It asks you to feel what history leaves behind."
Of all things, we need hope by Sally Cranswick: A reader’s impression
2026-04-29"The book leaves residue – unease that outlives the page, compelling readers to dwell in its frictions."
Pieter Pieterse (1936–2002)
2026-04-29"Ek versamel nie antieke nie, was nog nooit oorsee of op universiteit nie en my huis is sommer ’n grasdakplekkie in die bos. Maar ek is lief vir die buitelewe en die eensaamheid van ’n skrywer se beroep ... en ek is lief vir my honde. Die liefste van alles het ek my medemens met al hul nimmereindigende snaaksighede waaroor ek kan skryf."
Suidoosterfees 2026: Gesprekke oor Eugene, die teaterproduksie
2026-04-29Christiaan J de Swardt gesels met Kirby van der Merwe (skrywer), Saartjie Botha (dramaturg) en Nico Scheepers (regisseur) en volg die gebeure: die begin, die middel en die einde.
Persverklaring: Wenners van Jonathan Ball Uitgewers se Tafelberg Jeugboekpryse vir 2026
2026-04-29Jonathan Ball Uitgewers het die name van die wenners uit altesaam 103 inskrywings in die twee kategorieë van sy Tafelberg Jeugboekpryse vir 2026 bekendgemaak.
Kaalvuis deur Stefaans Coetzee: ’n lesersindruk
2026-04-28"Coetzee se styl is sonder vernis en die leser word nie beskerm teen die hardheid van wat gebeur nie. Kaalvuis is nie ’n maklike leeservaring nie, maar dit is juis die intensiteit wat dit laat werk."
Persverklaring en bekendstellingsuitnodigings: Mei en alles daarna deur Zelda Bezuidenhout
2026-04-28Jy word hartlik uitgenooi na enige van die boekbekendstellings van Zelda Bezuidenhout se jongste boek. Kyk of daar ’n bekendstelling in jou omgewing is! Hier is nog inligting.
KI-miniseminaar: Gebruik jy KI om jou met jou skryfwerk te help?
2026-04-24"Uit suiwer nuuskierigheid het ek enkele kere toegelaat dat KI vir my ’n sogenaamd kreatiewe toneel skep gegrond op my vrae. Dis deur die bank afgesaag, melodramaties en heeltemal onbruikbaar."
Persverklaring: Bibi Slippers rig die 2026 Tuin van Digters-feesprogram
2026-04-23Die fees, alom bekend as die Tuiste van Afrikaanse Digkuns, vind vanjaar van 11 tot 12 September 2026 plaas.
Heil die Leser!: Waar laventel bloei
2026-04-23"Om persoonlike verlies openbaar te maak help lesers om hul eie gestorwe geliefdes en persoonlike trauma te onthou en sin te vind in ’n wêreld wat skielik kaler en kouer voel. Hierdie boeke getuig van kragtige herinnering: Jy is nie alleen nie. Die skryf oor rou is self ’n daad van liefde – en ’n manier om die geliefde se afwesigheid in woorde te laat voortleef."
