Pasverskyn: Die gebed van ’n halfmens deur Nicola Hanekom

  • 0

Titel: Die gebed van ’n halfmens
Skrywer: Nicola Hanekom
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485316282

Hertzogpryswenner Nicola Hanekom is bekend vir haar plekspesifieke produksies. In 2026 was sy by die KKNK met hierdie nuwe omgewingspesifieke drama wat kyk na die gevare en impak van Kunsmatige Intelligensie (KI). Op ’n stortingsterrein buite Oudtshoorn wag ’n voorspelling van waarheen die mensdom dalk op pad is. Die filosoof Wittgenstein het gesê dat die menslike liggaam die mees akkurate skets van ’n mens se siel is. So, wat gebeur as tegnologie binne ons biologie geïntegreer word? Hoe beïnvloed dit ons evolusie? Hoe beïnvloed dit ons intelligensie en wat word van ons siel? Wat is die menslike liggaam en ’n lewe werd?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top