Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Om ná verlies wéér te kies: ’n resensie van Madelie Human se Ter wille van

Jannes Erasmus Resensies 2026-03-10

"Geloof en godsdiens word gebruik as deel van die karakters se soeke na sin. Dit is iets wat LUCA konsekwent regkry: geloof wat geïntegreer word sonder om voorskriftelik te raak. Dit bly deel van menswees, nie ’n oplossing of die antwoord op alles nie."

Zubayr Charles se Haram is ’n waarskuwing aan almal, gelowig of nie: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2026-03-09

"Hierdie roman rig ’n baie onderduimse waarskuwing: As jy dink die storie raak glad nie jóú lewe of jóú regte nie, verstaan jy duidelik nie die einde nie."

"Ek dink ek het liefdesverhale saam met melk ingekry!” – Elsa Winckler

Cliffordene Norton, Elsa Winckler Skrywersonderhoude 2026-03-09

"Ek glo in die liefde. Ek glo elke vrou verdien haar gelukkig-vir-altyd, so dis vir my maklik om daaroor te skryf."

"’n Tikkie fantasie" – Marilé (Alta) Cloete

Cliffordene Norton, Alta Cloete Skrywersonderhoude 2026-03-09

"Mense dink iets wat maklik lees is noodwendig maklik om te skryf. Ek dink wanneer iets maklik lees, is dit juis omdat die skrywer baie moeite daarmee gedoen het."

Pasverskyn: Doodgewoon mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

LitNet Boeke en skrywers 2026-03-04

Al wat sy wil wees, is doodgewoon. Maar dít is vir mevrou Smit nie so maklik beskore nie.

Januarie 2026 se Romanzas, ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2026-03-04

"Ek het heerlik gelees aan die Januarie se Romanza-titels en ek deel graag so ’n klein ietsie saam met die sinopsis van elke boek. Mens moet tog so versigtig wees dat mens nie te veel weggee nie."

Boekevat met Deborah: Einde en begin deur Michèle Meyer

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2026-03-04

"Dis ’n betowerende reis waarvan die leser nie sy of haar oë kan wegskeur nie: ’n kind se verlies aan onskuld en groei tot wasdom ..."

Polemiek: ’n Smaakmaker sonder smaak vir boeke?

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2026-03-03

"As ons nie die verskil tussen selfverheerliking en gemeenskapsverryking kan uitwys nie, dan is die krake nie net in die porselein nie – dit is in ons literêre gewete."

Netwerk24 se Smaakmaker van die Jaar 2026: ’n onderhoud met Anro Schutte

Naomi Meyer, Anro Schutte Onderhoude 2026-03-02

"Vir my is ’n smaakmaker nie net iemand wat sê 'koop hierdie boek' nie. Dis iemand wat konteks gee. Wat gesprek begin. Wat ’n brug bou tussen skrywer en leser. Dis nie oor hype nie, dis oor eerlike aanbeveling en betekenisvolle gesprek."

Die weerligvoël deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Magdel Vorster Kinderboeke 2026-03-02

"Jaco Jacobs noem graag dat hy speel wanneer hy skryf en met Die weerligvoël is dit duidelik dat hy baie lekker gespeel het. Hierdie boek waarborg eerstens ontsnapping en ’n lekkerleeservaring vir nege- tot dertienjarige seuns én meisies. Enige iets anders wat daaruit geoes kan word, is ’n bonus. Jacobs doen wat hy baie goed doen. Hy maak lees lekker."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die mistiese aanskouing van die geheel – oor Jan van Aken se Die ommegang

Johann Rossouw Seminare en essays 2026-03-02

"Die ommegang speel af in die laat 1300’s en vroeë 1400’s, oftewel in Europa se laat-Middeleeue, wat ’n tyd was waartydens die eerste beroeringe voorkom wat uiteindelik die weg sou baan vir die oorgang vanaf die tradisionele wêreld na die moderniteit – ’n soort samelewing wat vanaf aanvang in die 1500’s tot vandag intens omstrede is."

Met ’n diepe verlange – herinneringe aan ’n vervloë lewe

Hein Willemse Boeke en skrywers 2026-02-27

Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël plaasgevind. Hein Willemse het ’n lesing op Vrydag 20 Februarie gelewer. Hy het die teksweergawe van sy lesing aan LitNet verskaf.

Adam Small en die jeug: "(Hulle) praat oor afstande, jare, drome en die dood heen."

Steward van Wyk Boeke en skrywers 2026-02-27

Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël plaasgevind. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Steward van Wyk het die gedenklesing op Saterdag 21 Februarie gelewer. Hy het die teksweergawe van sy lesing aan LitNet verskaf.

Haram deur Zubayr Charles: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2026-02-26

"Haram is ’n belangrike roman wat ’n waardevolle bydrae tot queerliteratuur in die Suid-Afrikaanse konteks lewer."

Fresh off the press: The wildest beauty by Michiel Heyns

LitNet Books and writers 2026-02-26

In the midst of the greatest conflict in history, facing the wild beauty of "the abyss of unmeaning", Danny discovers the power of love, between friends, family and even foes.

Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2026-02-26

"Hierdie roman is ’n ernstige en introspektiewe pelgrimstog, met ’n weemoedige gevoel."

Die grafdigter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Willie Burger Resensies 2026-02-26

"Die grafdigter is ’n vaardig gestruktureerde roman met relevante temas, maar die verhouding tussen die storiewêreld en die insigte wat die roman bied, is ongemaklik."

Stilbaai-boekefees 2026: ’n onderhoud met Elna van der Merwe

Naomi Meyer, Elna van der Merwe Feeste 2026-02-25

"Dit is die vyfde jaar wat die fees aangebied word en dis asof dit teen hierdie tyd sy eie momentum kry."

"Real romance is more complex" – an interview with Nadia Cassim

Cliffordene Norton, Nadia Cassim Books and writers 2026-02-25

"My advice to other writers is simple: Write what is truly on your heart, without overthinking how it will be received. When you write from an honest place, you’re rarely wrong."

Treading water by Kay Brown: A reader’s impression

Catharine Keene Books and writers 2026-02-25

"I found the emotional tension engrossing and the ending very satisfying."

Top