Pasverskyn: Skermslim deur Estée Cockcroft

  • 0

Titel: Skermslim: ’n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte
Skrywer: Estée Cockcroft
ISBN: 9780637009508
Uitgewer: LAPA

Welkom by die vierde industriële revolusie waar diepfopvideos soos die waarheid lyk, jou horlosie jou vertel of jy ʼn goeie nagrus gehad het en jou beste pel ʼn KI-metgeselbot is! Skermslim: ’n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte is die allerbeste gids vir amper-tieners om die wêreld te verken. Jy sal leer hoe om die harige-tuna-vis-man te vermy, om hondebollie-kuberboelies aan te meld en ’n blaaskans te vat van verslawende toepassings. Kom skaats deur die digitale ruimte met Nova, ʼn KI bot. Laat QR-kodes jou neem na prettige aktiwiteite en leer van ware stories oor skermskaatsers, nes jy, wat hier en daar die verkeerde paadjie met hul skaatsplank gevat het. Opskud, die jongste tegnologie wag vir niemand nie!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top