Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Dark academia: how universities die deur Peter Fleming – hoe universiteite korporasies word en die gevolge daarvan: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Frederik de Jager Resensies 2025-12-09

"Universiteite word soos korporasies bestuur en dit is nie nuus nie. Dit kom al meer as 30 jaar lank aan. Die persoonlike gevolge vir akademici en studente is minder in die oog, miskien omdat dit oor so ’n lang tyd aankruip. Eweneens die afstand tussen vandag se verbruikersmodus van kennis en die nou grootliks agtergelate idee dat universiteite daar is om die onthalwe van kennis op sigself."

IziNdlovu deur Div de Villiers en Adrienne Carlisle in die Baai bekendgestel

Izak de Vries Boeke en skrywers 2025-12-08

"De Villiers het tydens die verhoor van die Ndlovu-bende aan haar genoem dat hierdie saak uniek is en dat die manier waarop die vervolging die bewyse moes benader, nog nie tevore beskryf is nie. Dis waar hulle begin gesels het oor die idee om hierdie unieke saak te boekstaaf."

Praatjie oor Vlam in die sneeu: U3A Hermanus, 21 Augustus 2017

Francis Galloway Boeke en skrywers 2025-12-04

"Wees goedgesind teenoor Jonker en Brink, die jong geliefdes, en bring hulle so terug in die lewe sonder om hulle in te boks in vooroordele of bespiegeling."

Pasverskyn: Vredemaker deur Reggie Peace

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-04

Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer, maar hy bly ontevrede met homself. Hy streef voortdurend na erkenning en aanvaarding, tot hy besef dat hy ’n keuse het: Kies die lewe, óf kies ’n stadige dood.

Audi alteram partem – hoor die ander party

Anschen Conradie, Izak de Vries LitNet25-skrywersberaad 2025-12-03

Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.

 

Koos Prinsloo (1957–1994)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-12-03

"Skrywery is baie intiem. Ek sal dinge op papier doen wat ek nie in die geselskap van ander kan doen nie." Lees oor Koos Prinsloo se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2026 toegeken

LitNet Boeke en skrywers 2025-12-03

Robert Balfour, rektor en vise-kanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), kondig met trots aan dat die Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs vir 2026 aan SP Benjamin toegeken is.

Duifblou deur Mariane le Roux: ’n lesersindruk

Linda Roothman Lesersindrukke 2025-12-02

"Ek beveel Duifblou aan as ’n nuttige gids in die helingsproses van tieners wie se lewens deur trauma ontwrig is."

TT Cloete-gedenklesing: Hokkies, hoekies, allerlei brille en paradigmas – TT Cloete en sy lesers

Marius Crous Seminare en essays 2025-12-02

"Die titel van hierdie lesing ontleen ek aan ’n opmerking wat TT Cloete maak in Die ander een is ek (2013), ’n boek wat ek besonder waardeer, omdat dit digters en hulle eksentrieke gewoontes so normaal laat lyk."

Klankbaan deur Stefan Schutte: ’n lesersindruk

Etienne Lombard Lesersindrukke 2025-12-02

"Die verhaal speel af oor een aand in ’n kroeg. Dit is ’n bekende ruimte, amper argetipies, waar mense hul maskers laat sak, waar toevallige ontmoetings dikwels meer onthullend is as beplande gesprekke."

Leesstof vir die Kersdae

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2025-12-02

Koos Kombuis wens almal ’n goeie feesgety toe en beveel boeke aan wat heerlik lees sonder om ’n moeë brein te irriteer.

Boekevat met Deborah: Die drie weduwees deur Irma Venter en Nobody’s girl deur Virginia Giuffre

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-12-02

"Ek wil oor twee boeke skryf. Die eerste is, genadiglik, fiksie – misdaadfiksie. Die tweede is niefiksie, outobiografies en absoluut sielvernietigend."

Napraat, systap of emuleer? Boeiende hulde aan Wilma Stockenström: ’n resensie van Nogmaals vir die bysiende leser

Hein Viljoen Resensies 2025-11-28

"Dit het uiteindelik ’n baie mooi boek geword, vanaf die treffende ontwerp van Christiaan Diederichs (sy laaste ontwerp) op die voorblad tot by die slotgedig deur Ilse van Staden en die teks op die agterblad."

Brief en repliek: Beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen LitNet25-skrywersberaad 2025-11-27

Roux se lesingnotas het die vorm van ’n reeks briewe tussen hom en Yves T’Sjoen aangeneem. Roux sou vrae en probleme opper. T’Sjoen sou daarop antwoord. In hierdie lesing, gelewer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée, belig Roux die gesprekke wat tussen hom, T’Sjoen, hulle studente en ’n aantal deelnemende digters gevoer is.

Pasverskyn: Neo se onsigbare kombers deur Salamina Mosese

LitNet Boeke en skrywers 2025-11-27

Neo is lief vir avonture, maar soms voel hy ’n bietjie bang. Gelukkig is sy suster, Thandi, sterk en dapper en sy het ’n slim plan om Neo veilig te laat voel. Sy gee hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare kombers. En dit werk!

Frederik van Zyl Slabbert: Soekende profeet by Albert Grundlingh: a review

Bill Nasson Books and writers 2025-11-27

"In tackling the hopscotch existence of a complicated man who has generated competing and conflicting opinions, Albert Grundlingh has produced a meticulously researched, highly readable and very well-rounded portrayal of Frederik van Zyl Slabbert."

Die Lasarus-effek: DF Malherbe (1881–1969)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Daniël François Malherbe was ’n kolos in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is in 1881 gebore en was as skoolseun al geesdriftig oor Afrikaans, en het toe reeds ’n taalkongres in die Paarl bygewoon. Hy was ook tydgenoot van Totius en AG Visser en hulle het saam gretig vir die poskar gewag om Di Patriot en Ons Klyntji te ontvang."

Die boublokke van kinderliteratuur

Shawna-Leze Meiring LitNet25-skrywersberaad 2025-11-26

"Suid-Afrikaanse uitgewers verstaan hul plaaslike mark baie goed. Die Afrikaanse mark is gevestig en skrywers wat vir die mark skryf – wat hulle by spesifieke ouderdomsgroepe bepaal en op belangstellings en ander kenmerke fokus wat vir Afrikaanse kinders belangrik is – het ʼn groter kans om ʼn leser te bereik."

Die Lasarus-effek: Anna M Louw (1912–2003)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Anna M Louw is een van Afrikaans se belangrikste prosaïste, ’n 'eenloper' wat geweier het om deel van enige literêre beweging te wees."

Hettie Smit (1908–1973)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-11-26

"Stokperdjies is die medisyne vir ’n gebroke hart. Dit is ook die versekering teen die ouderdom." Lees oor Hettie Smit se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Top