Elders gesien: Die tusseninners het onlangs tweede gekom in Lapa se Jeugromankompetisie

  • 0

Zelda Bezuidenhout skryf op Facebook:

Hierdie beauty is vandag by Izak Bezuidenhout in Parys afgelewer. En dis goed so, want dis die eerste boek wat ek aan die long-suffering husband opgedra het.

Dié van julle wat vir Sakkie ken, sal weet dat hy ’n entoesiastiese mechanic is met ’n onbehoorlike liefde vir ou karre en motorfietse. Kyk mooi, en julle sal die talentvolle Zinelda McDonald Meiring se slim watermerkillustrasies van ’n ou Landrover en Karmann Ghia op die omslag sien. Julle sal dan ook verstaan waarom daar ghries onder Sakman se duimnael is op die foto.

Die tusseninners het onlangs tweede gekom in Lapa se Jeugromankompetisie en is sowaar al gereed om gelees te word. Ek plaas ’n foto van die agterplat as lusmaker. Dis ’n lekker ligte, soms hartseer, maar meestal snaakse grootwordstorie met ’n paar aweregse karakters en ewe eksentrieke ou karre. Geskik vir almal ouer as twaalf.

Parysenaars, daar is reeds ’n klompie kopieë te koop by Die BoekStop Parys en @LiewerKoffi. Ek kom teken julle boeke wanneer ek weer in die Vrystaat is.

Die res van die land behoort Die tusseninners binnekort by al die cool boekwinkels (en aanlyn) te kan koop. En as jy ’n onderwyser is: Kathie Viljoen sê LAPA is reeds besig om ’n studiegids daarvoor saam te stel.

Baie dankie aan LAPA Uitgewers, Penguin Random House SA Kids, en my redakteur An-Mari do Carmo Skrywer wat so ’n mooi boek van my manuskrip gemaak het.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top