Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die loutering van Manon Viljoen: ’n onderhoud met Chris Marnewick
2023-10-05"Twyfel is deel van ons daaglikse bestaan, en Manon se vertwyfeling oor haar liefde vir Nantes, en syne vir haar, begin sommer dadelik in hoofstuk 1 en stap saam met haar dwarsdeur die gebeure in die boek."
Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-10-05"Dit is van die begin af duidelik dat Van Heerden met hierdie roman terug is by die magiese realisme waarmee hy so suksesvol was in romans soos Toorberg en Die swye van Mario Salviati."
Fanie Olivier (1949–)
2023-10-05"Ek skryf omdat ek iets wil sê. Die bevrediging berus nie vir my in die feit dat ander mense die werk uiteindelik gaan lees nie en, om die waarheid te sê, maak dit nie vir my juis eintlik saak of my naam aan ’n werk gekoppel is of nie. Die bevrediging lê daarin om iets te maak."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2023
2023-10-05Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Une vie heureuse
2023-10-05"Ek het simpatie met Joan Hambidge wat só ’n verdoemende resensie moet verwerk. Miskien spoor dit haar aan om te bewys dat sy ’n verhaal kan vertel sodat ons aan elke woord sal hang."
Fresh off the press: It’s always Friday somewhere in the universe by Joe Kitchen
2023-10-03Kola K is marooned. He is not sure whether he is marooned on an island, a planet or in another dimension outside time and space. To make matters worse, he is suffering from amnesia.
Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (deel 2)
2023-10-03"Die skrywer het myns insiens daarin geslaag om ’n balans te skep deur die hoofkarakter (CJ, die seun) se worsteling aangaande sy seksuele oriëntasie en genderidentiteit te jukstaponeer naas sy uitdrukking van veelvlakkige kreatiwiteit en begaafdheid."
Bygewerkte, chronologiese program | Die EasyEquities-skrywersfees | 9–14 Oktober 2023 | Toyota US Woordfees
2023-10-03Enkele wysigings het plaasgevind. Laai die bygewerkte en chronologiese program van vanjaar se EasyEquities-skrywersfees by die Toyota US Woordfees 2023 hier af.
Hartsmense: ’n onderhoud met Cliffordene Norton
2023-10-03"Daar is ook vir my ’n soort elitisme aan die siening van: 'Ek is ’n ernstige skrywer, ek sal nie so laag daal om myself te bemark nie.' Dit voel disrespekvol teenoor jou lesers. Dit voel asof hierdie siening dikwels sê: 'My tyd is te kosbaar om met julle te praat oor die karakters wat ons almal liefhet.' Soos jy kan agterkom, het ek sterk menings hieroor."
Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk
2023-10-02"Kammawaarwêreld daag die leser uit. Die lewe is vir geeneen van ons eenvoudig nie. Die vraag is egter hoeveel van ons die waagmoed het om so ’n eerlike opgaaf van ons lewens te maak."
Dinosourus, ’n docket en die dood deur Bernadette Small: ’n lesersindruk
2023-10-02"Hierdie boek wek verskillende emosies by die leser; ’n diep hartseer oor die trauma waardeur Bernadette moes gaan. Ek het selfs woede ervaar deur die skokkende realiteit van ons onbevoegde polisiemag se onvermoë en kennis om hierdie saak behoorlik te ondersoek."
Press release: The Island Prize 2023–2024 for unpublished African authors
2023-10-02Karen Jennings: "It is through prizes like these that authors across the continent can gain the confidence to tell stories as they wish. The hope is that, with time, such stories will become appreciated across the globe, without first being labelled as an exception or a surprise."
Spieëlbuis deur Christa Kleynhans: ’n lesersindruk
2023-10-02"Kleynhans slaag in haar doel om met Spieëlbuis bewusmaking te skep vir bipolêre gemoedsversteuring."
We need to talk
2023-09-28Sihle Khumalo says conversation is important. We need to talk about the difficult things, the hard things, the things that make us uncomfortable. Freek Robinson starts the conversation.
Mense wat anders kyk
2023-09-28Koos Kombuis lees vandeesmaand boeke van Darrel Bristow-Bovey, Leon-Ben Lamprecht en Kleinboer. Elkeen “dink anders” en neem daardeur die leser op ’n ontdekkingstog.
Fotoblad: kykNET-Rapport-boekpryse 2023
2023-09-28Die gala-aand van die kykNET-Rapport-boekpryse het op Saterdagaand 23 September 2023 by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad plaasgevind. Hier is foto’s van die geleentheid.
Pasverskyn: Laaste kans deur Marita van der Vyver
2023-09-28’n Groep vriende kom die eerste keer in vyf-en-twintig jaar bymekaar om Adriaan se verjaardag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis aan die Weskus. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party van lewensmaats en drome afskeid neem; ander het nuwe liefde en betekenis gevind. En dan is daar Yvette, wat haarself nie so ver kan kry om vir almal van háár reis te vertel nie.
Piet van Rooyen: Rondom ’n boorvuur
2023-09-28"Binne die bestek van drie woorde word ’n hele kosmos opgeroep met natuur, mens en gode."
André Brink’s Kennis van die aand – published 50 years ago – was the first Afrikaans literary work to be banned
2023-09-27André Brink tells the story in letters to Anthony Akerman: "But still, I’m going to try my damnedest. For the amended Act, due to come out next year, may be the last nail in our little literary coffin."
Hoe verklaar jy dit? Met Jana Marx en Stefaans Coetzee by Momentum Beleggings Aardklop 2023
2023-09-27"Kultusgedrag kan sy kop uitsteek in vriendekringe en selfs by die werk. Ná Devilsdorp het ek ontsettend baie vrae gekry van mense wat wonder oor die gevaartekens – hoe om te weet of jy reeds deel is van so ’n groep en ook hoe om mense te help wat daarin vasgevang is."
