Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Hartsmense, ’n kortverhaalbundel deur Cliffordene Norton: ’n resensie
2023-10-26"Hartsmense is nog ’n trappie in Cliffordene Norton se ontwikkeling as ’n bekwame en veelsydige skrywer. Sy beskik oor ’n helder skryfstem wat hopelik nog dikwels in die toekoms in Afrikaans gehoor sal word. Die bundel word sterk aanbeveel vir lesers met ’n liefde vir kortverhale, maar ook vir enige leser wat beperkte tyd vir lees beskikbaar het."
Maak Staphorst hom skuldig aan ’n mate van die jolige jargoneske?
2023-10-26"Ek weet julle gaan nou almal dadelik die artikel lees, so ek gaan julle nie belas met my interpretasie of gebrek daaraan nie. Ek gaan dit net vir julle makliker maak met die opmerking dat niks in die wêreld der lettere verander het nie."
Pasverskyn: Leo deur Deon Meyer
2023-10-26Jy’t ’n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Want op 12 Junie moet hy trou. Dis ’n resep vir ’n ramp.
Stefaans Coetzee in gesprek met Marie Lotz
2023-10-25"Ek dink dit sal my kreatiwiteit inkort as ek moet sit en nadink of ʼn toneel gaan werk as dit verfilm word. ʼn Mens moet dit oorlaat aan die draaiboekskrywer en filmmaker."
Stefaans Coetzee in gesprek met Madelein Rust
2023-10-25"Ek skryf nooit met ’n film in gedagte nie, maar ek geniet dit regtig wanneer lesers vir my sê my boek lees soos een. Van nature skryf ek baie beskrywend omdat die storie wel soos ’n film in my kop afspeel."
Lewensreis deur die teater sit in my bloed deur Mari Mocke: ’n lesersindruk
2023-10-25"Dit is vir jou as jy ’n toneelliefhebber is, iemand met of sonder dramaopleiding, met moontlike ervaring van spel, regie, verhoogbestuur, kostumering, grimering, stelontwerp en -bou, beligting, reklame en resensering."
Press release: UJ announces winner of the 2023 UJ Prize for Translation
2023-10-25The University of Johannesburg (UJ) is pleased to announce the recipient of the prestigious 2023 UJ Prize for Translation.
Each mortal thing by Michiel Heyns: a review
2023-10-25"The wheels obviously come off, or we wouldn’t have a story. I won’t give anything away, but trust me when I say that Heyns is a masterful storyteller and the narrative often veers off in quite unexpected directions."
Avenues by train by Farai Mudzingwa: a review
2023-10-24"There’s an inherent risk of disharmony in this, but most amazingly the symphony of the book is melodious, and it fluently overlaps in a pleasing manner that doesn’t tax the reader’s concentration powers. I am sure it owes that not only to the writer’s skills, but also to those of the book editor. It is superbly achieved."
Kirby van der Merwe (gebore: 1960’s)
2023-10-24Kirby van der Merwe: "Ek skryf omdat dit juis moeilik is. Dit is ’n uitdaging. Maar wat my laat aanhou skryf, is die onbeskryflike gevoel wanneer ’n woord, sin of idee iets word wat ’n mens net as skoonheid kan beskryf."
Dis net vel, my pel: ’n onderhoud met Izak de Vries
2023-10-24"Aangesien alle mense in Afrika, naby die ewenaar, ontstaan het, was al die eerste mense se velle swart. Ons almal het dus swart voorouers."
"Ons een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën," vertel Hendrik Hancke, skrywer van Onkant!
2023-10-24"Ons twee een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën; ons span het die regte temperament om uitkloprugby te speel en daardie ervaring kan goud werd wees teen ’n span wat ’n baie makliker halfeind gespeel het die afgelope naweek."
Rassie, stories oor rugby en die lewe deur Rassie Erasmus, saam met David O’Sullivan: ’n onderhoud
2023-10-24Gaan Suid-Afrika die Wêreldrugbybeker met een punt wen? Jaco Jacobs waag voorspellings en praat oor sy vertaling van Rassie Erasmus se outobiografie. "Dit is regtig ’n lekker boek om te lees. Ek het op ’n dag vir my pa gesê: 'Die rede waarom ek nie juis rugby kyk nie, is dat daar nie ’n storielyn is nie.' Toe antwoord hy: 'Dis omdat jy nie die karakters ken nie.' Met die vertaling van hierdie boek voel dit of ek ’n hele klomp van die karakters leer ken het."
Boekgesprek-uitnodiging: Moordraaisel by NALN met drie topskrywers aan die woord
2023-10-23Jy word hartlik uitgenooi na hierdie gesprek by NALN in Bloemfontein. Hier is nog inligting.
Press release: UJ announces shortlist for the 2023 UJ Prize for Translation
2023-10-20The University of Johannesburg (UJ) is delighted to present the shortlist for the esteemed 2023 UJ Prize for Translation. This accolade acknowledges the remarkable achievements of translators in the realm of literary translation. UJ received a multitude of entries, each demonstrating remarkable quality, making the process of shortlisting both demanding and rewarding.
Die Nobelpryswenner vir 2023: Jon Fosse, die stem van die onsêbare
2023-10-19"Die Nobelprys vir letterkunde is sedert 1901 aan 120 wenners toegeken en Fosse het die prys verower vir sy vernuwende bydrae om met veral sy vernuwende dramas en prosa '’n stem te gee aan die onsêbare', soos reeds hier bo vermeld. Heelwat van die karakters in sy werke is buitestanders, en eksistensiële kwessies soos selfdood en waansin kom aan bod. Die onsêbare behels onder meer die diepgang van kreatiwiteit, angst, liefde, skande, verwerping, grasie en genade."
Persverklaring: 2024 kykNET Rapport-Boekpryse
2023-10-19Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2024 kykNET Rapport-Boekpryse.
Pasverskyn: Soekenjin deur Bibi Slippers
2023-10-19Dit is gedigte oor die soeke na alles: liefde, die self, betekenis en die regte woord, en oor die sublieme en banale dinge wat ons as soekers vind.
Persverklaring: Gebed vir elke geleentheid by NALN bekendgestel
2023-10-19LUCA en Exclusive Books nooi jou na die bekendstelling van Gebed vir elke geleentheid deur Hennie Maartens. Maretha Maartens sal die gesprek lei.
Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n resensie
2023-10-18Kammawaarwêreld is ’n roman waarby talle lesers aanklank sal vind. Met die einde van die jaar wat nader kruip, is hierdie die ideale roman om tydens die vakansie te lees en te reflekteer oor die lewe en die betekenis daarvan. Want soms wil elke mens dalk net vir ’n wyle van sy of haar eie “storie” ontsnap en die nagmerrie in ’n sprokie omskep."
