Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Welgemoed Kunstefees 2023: Boek-en-koek

Loraine Maritz Feeste 2023-09-27

"Welkom aan die koeke van Robertson!" Met hierdie guitige groet het Nadine Petrick die meer as 300 gaste, wat netjies op die kerkbanke in Welgemoed Kerk ingeryg gesit het, laat skaterlag. Dit was boek-en-koek-oggend, deel van die Welgemoed Kunstefees, en Irma Joubert en Antjie Krog was op die spyskaart.

Diensplig deur Anelia Heese: ’n skrywersonderhoud

Naomi Meyer, Anelia Heese Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-09-27

Anelia Heese praat met Naomi Meyer oor Anelia se boek Diensplig wat onlangs verskyn het en wat ook tydens die EasyEquities-skrywersfees by vanjaar se Toyota US Woordfees bespreek sal word. "Die wonde in ons land is nog baie rou."

Die sprekers | The speakers: Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-09-27

Altesaam 32 sprekers het aan die 2023 Etienne van Heerden Veldsoirée deelgeneem. | During the 2023 Etienne van Heerden Veldsoirée 32 speakers participated.

Die meisie met vlerke deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk

Loraine van der Westhuizen Lesersindrukke 2023-09-26

"Die verhaal sorg vir die herevaluering van stereotipes en opvattings oor die "normale" of "aanvaarbare" tipe mens in die samelewing. Lesers word uitgedaag deur verrassende karakters, ’n opwindende handeling en afloop van gebeure wat vereis dat die leser ook, soos Wilson, met nuwe oë na die wêreld kyk."

Domestic terror. Intimate partner violence in South Africa deur Nechama Brodie: ’n resensie

Ilse Verster Resensies 2023-09-26

"Die onheilspellende ooreenkomste tussen die verskillende gevalle [van gesinsgeweld], ten spyte van die historiese, geografiese en kulturele verskille, bevestig dat dit nie beperk is tot enige groep nie, maar vroue en kinders wêreldwyd raak."

Countdown to socialism by Anthea Jeffery: The ANC’s road to Karl Marx

David Willers Books and writers 2023-09-26

"To read Jeffery’s compelling exposé is to realise that, for the past 30 years, the average South African has been a victim of the greatest imaginable confidence trick."

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2023

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-23

Die kykNET-Rapport-pryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is Saterdag vir die tiende keer oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat in die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

kykNET-Rapport-prys vir fiksie 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe

Thys Human Boeke en skrywers 2023-09-23

"Benewens die soms ongemaklike vrae wat Eugene oor vraagstukke soos verraad, wraak, verontskuldiging en vergifnis vra, is dit veral Van der Merwe se uitsonderlike slag met woorde wat die leser bybly ..."

kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2023: Op pad na Moormansgat deur Chris Karsten

Beer Adriaanse Boeke en skrywers 2023-09-23

"Buiten die beskrywings wat speels met die taal omgaan, maak sy landkaarte, foto’s en karaktersketse van Moormansgat reeds ’n tipe filmbybel met uitstaande dialoog."

Jan Rabie-Rapport-prys 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe

Ryan Pedro Boeke en skrywers 2023-09-23

"Eugene is ’n plofbare dog elegante teks wat uit die staanspoor hoë eise aan sy lesers stel, maar wat met elke lees dieper en dieper bevredig."

kykNET-Rapport-prys vir niefiksie 2023: Die Kaapse slawe (1652–1838) deur Eunice Visser

Jeremy Vearey Boeke en skrywers 2023-09-23

"Tamaai – dis die enigste gepaste Kaapse slawewoord wat reg laat geskied aan die bronnestudie waarop hierdie boek berus. Dit geld die omvang soveel as die diepgang daarvan."

kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2023: Commendatio’s

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2023-09-23

Lees Bibi Slippers se commendatio’s van vanjaar se twee wenresensies: Deborah Steinmair se resensie van Antjie Krog se Plunder en Vetplantfeetjies op Vrye Weekblad, en Theodore Rossouw se resensie van Elise Bishop se Twee lewens op LitNet.

ATKV-Woordveertjies 2023: Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys

LitNet ATKV-Portaal 2023-09-22

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners van die Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys.

Klanke van jou keel: 'n oorsig van Tuin van Digters 2023

Jean Oosthuizen Feeste 2023-09-21

"Een van die merkwaardige aspekte van Tuin van Digters is sy inklusiewe aard. Hierdie fees het die vermoë om grense te oorskry met ’n onverskrokke passie vir die poëtiese vorm. Dit bring digters van alle taalagtergronde saam om ’n unieke ervaring van klank en betekenis te skep."

Better than ever: Open Book Festival 2023

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2023-09-20

"For me, Open Book was special in a different way. I have been attending literary festivals around the world as a reader for a quarter of a century, as a writer for almost two decades and as a publisher for the past four years, but never before have I felt that I truly embodied all three of these roles simultaneously and so fully at an event."

Bot deur Carien Smith: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-09-20

"Dis nie die tegnologie as sulks wat hier boos is nie, dis skynbaar eerder die mens self. Deur die mens se ongesonde omgang met die masjien word die natuurlike ritme van die mens omvergegooi."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Henriëtte Loubser Lesersindrukke 2023-09-20

"Kenmerkend aan die roman en ook tipies van hierdie talentvolle kunstenaar-skrywer, is daar die aanbieding in die teks van ander kunsvorme. Daar is musiek, digkuns, die visuele kunste, vakmanskap en dan natuurlik die toordery-met-woorde teenwoordig."

E (Sussie) Kotze (1933–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-09-20

"Die skryfproses is soos ’n swerm mossies wat uit ’n boom opvlieg: Jou gedagte word los as jy begin skryf en hope idees kom uitgefladder."

Kompleks: ’n onderhoud met Louis Pretorius

Naomi Meyer, Louis Pretorius Skrywersonderhoude 2023-09-20

"Kompleks het begin by daardie liefdeservarings in jou jeug wat deur jou hele lewe eggo. En die vraag: 'What if ...?' Wat sou gebeur het as ek gesê het hoe ek regtig voel? Wat sou gebeur het as ek nie so skaam was nie? Sou dit anders uitgewerk het?"

Die twaalfde Tuin van Digters in beeld

Engela Duvenage Feeste 2023-09-19

Die twaalfde Tuin van Digters-fees is op 15 en 16 September 2023 by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied. Engela Duvenage deel haar indrukke.

Top