Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Daar is méér: ’n gesprek tussen Estelle Kruger en Daniël J Louw
2023-02-03"Hoe gee jy gestalte aan dit wat jy nie sien nie, maar jou elke dag inspireer om sinvol te leef? Is daar ook nie tog méér as dit wat die sintuie kan sien, voel en empiries kan waarneem nie?"
Lokval: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
2023-02-03"Ek word altyd herinner aan een dag in die hof. Ek was besig om ’n vroulike getuie te kruisondervra oor my kliënt se wandade. Hy sou tronk toe gaan as hy skuldig bevind word. Halfpad deur kry die getuie ’n epileptiese aanval, net daar in die getuiebank. My kliënt het, sonder om te aarsel, oor die beskuldigdebank gespring en haar gaan help tot die ambulans opgedaag het. Ons is so vinnig om te dink boewe is net sleg en die goeie ouens is net goed."
Fotogalery: Stellenbosch-bekendstelling van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (redakteur: Karen de Wet)
2023-02-03Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (Naledi) onder redaksie van Karen de Wet is op 1 Februarie in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie huldigingsbundel is die jongste in die SA Akademie se reeks vir Hertzogpryswenners. Menán van Heerden het foto’s geneem.
Gaan haal daai ou boeke. Stof hulle af.
2023-02-02"Boeke is soos jou ou foto’s, jou beddegoed en die klere in jou kas. Wanneer jy sterf, hou hulle nie ook op met leef nie. Daar is steeds gebruik in hulle oor, en wysheid ook."
Kanker
2023-02-02"Ek kan nie tong-in-die-kies oor hierdie resensie skryf nie. Té naby aan die huis."
The presidents. From Mandela to Ramaphosa, leadership in the age of crisis deur Richard Calland en Mabel Sithole: ’n resensie
2023-02-02"Op die keper beskou is hierdie boek bepaald die lees en die aankoop werd. Hoewel dit nie asembenemende nuwe insigte bring nie, is dit ’n bruikbare opsomming en bestekopname van presidensiële leierskap in ’n demokratiese Suid-Afrika. Dis nie ’n briljante boek nie, maar beslis ’n baie goeie een."
2022: Die (on)verkwiklike jaar van Trompie en kie
2023-02-02Sal 2022 werklik onthou word as die jaar van Trompie en jeugboekkarakters? Hoor wat sê die akademici en kommentators wat by die storm oor kinder- en jeugliteratuur in 2022 betrokke was of die polemiek fyn dopgehou het.
Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-02-01"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."
Pasverskyn: Speurder Sammi: Die blou steen deur Crystal-Donna Roberts
2023-02-01Sammi is 13 en bly saam met haar tannie Valerie, ’n kunstenaar. Hulle gaan kuier vir die vakansie by Oumie en Dedda in die Noord-Kaap.
Gender equity and reconciliation: Thirty years of healing the most ancient wound in the human family: ’n resensie
2023-01-31"Maar dis nie net ’n belangrike bydrae tot die akademiese diskoers oor gender nie. Dis ook ’n maklik-leesbare teks wat die beginner wat belangstel in verhoudinge tussen mans en vroue (en is dit nie ons almal nie?), sal voorsien van ’n stewige basis van waar ons kan begin dink oor versoening tussen genders."
Emosie in kinderboeke
2023-01-31"Stories speel ’n al groter wordende rol om kinders meer vertroud te maak met emosie en hoe om konstruktief daaraan uiting te gee."
Wat lees Koos Kombuis in die nuwe jaar?
2023-01-30"Hierdie is miskien een van die grillerigste boeke wat ek nog ooit in Afrikaans gelees het."
Books on the Bay Festival: The literary riches of Simon’s Town
2023-01-26"The enthusiasm for the project from the local community, sponsors and writers is palpable. 'The goodwill of the community has been astounding, with the Simon’s Town Civic Association providing the start-up funding,' Attwell told me. And as his co-organiser, Darryl David, mentioned in his CapeTalk interview: 'Book festivals and scenery go hand in hand, and it doesn’t get better than Simon’s Town.'"
Pasverskyn: Lokval deur Bettina Wyngaard
2023-01-25Nicci en haar span se opdrag is: vlek ’n internasionale sindikaat oop. Daarom moet hulle ’n lokval stel. Maar wie is aas? En wie bobaas?
Bargain Books | Die wenners | The winners
2023-01-25Bargain Books en LitNet kondig graag die wenners van die Kerskompetisies aan. | Bargain Books and LitNet are happy to announce the winners of the Christmas competitions.
Drake deel nooit deur Nicola Kinnear: ’n resensie
2023-01-25"Die doel van die storie is om kinders meer te leer oor die belangrike beginsel van deel. Skrywers word gewoonlik gewaarsku dat dit ’n doodsonde is om ’n les in ’n kinderstorie in te werk, maar die groot geheim is om dit só te doen dat jy nie jou lesertjies se intelligensie onderskat en boonop prekerig oorkom nie. Die les moet op ’n heel natuurlike wyse onontbeerlik deel van die storie vorm."
’n Dagreis ver deur Zarine Roodt: ’n resensie
2023-01-24"Vir ander kan sy nou sê: Die Camino-avontuur, veral die potensiaal vir insig, is net ’n dagreis ver, soos ook die titel suggereer. Ėlke dag van die staptog was trouens ’n nuwe reis. So ook elke dag wat vir elkeen van ons begin."
Die skerpgevylde oomblik deur Karen de Wet (redakteur): Stellenbosch-bekendstelling
2023-01-24Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die skerpgevylde oomblik, die huldigingsbundel rondom Petra Müller, op 1 Februarie om 18:00 in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch.
’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor
2023-01-24"Gewere kletter sonder end, almal ken hul wapens en die boeke is deurdrenk van inside inligting – hierdie boek is geen uitsondering nie."
Die tweede wenner van die R1 500-prys
2023-01-24"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."
