Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Fresh off the press: The Samsung man’s path to success by Sung Yoon
2023-06-21As Samsung Africa’s former President and CEO, Sung Yoon was a first-hand witness to the company’s journey to becoming a global brand.
Liefde is liefde, dis só eenvoudig: Oktober deur Réney Warrington
2023-06-20"En dit laat my wonder hoekom ons liefde netjies in pakkies wil vasknoop en name gee. Hoekom wil ons so graag etikette op alles plak? Ek het dit self gedoen toe ek die boek se agterblad gelees het – ’n queer love story, nie net ’n love story nie."
Nou in infrarooi deur Tom Dreyer: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2023-06-20"Tom Dreyer se debuut as digter is ’n merker. In die algemeen, en ook as debuut. Dit is so weens die soepele oorspronklikheid van die digterskap wat aan bod kom, en ook weens die wyses waarop die bundel die digterlike landskap soos dit tot nou bestaan het, meer geproblematiseerd agterlaat."
Just keep s’myelin’: ’n boek oor die saamleef met veelvuldige sklerose
2023-06-20"Wat duidelik uitstaan in hierdie biografie is dat ongeag wat die lewe na Gerrie Hadders se kant toe gooi, hy hou áán – met ’n glimlag op sy gesig."
Van vrees na vrede deur Madelein Rust: ’n boekresensie
2023-06-19"Ek was ’n traan of twee te wagte, min het ek egter geweet dat naas ’n boek oor die Joodse volksmoord of waar iemand se geliefde troeteldier sterf, ek nog nooit so oor die geskrewe woord trane gestort nie. Voor dit jou dalk in jou spore stuit om Van vrees na vrede te lees, dit word spoedig opgevolg met sommer baie lagtrane ook, want selfs in die onmoontlikste, ernstigste denkbare situasies, slaag Madelein daarin om my te laat skater."
’n Resensie van Met my honde deur Kobus Olivier en Hilda van Dyk
2023-06-19"Twee liefdestemas, van verskillende soorte liefde, dryf die vertelling: die verteller se verliefdheid op Kijif en Oekraïne, en sy liefde vir sy honde."
A soft landing by Wisani Mushwana: a book review
2023-06-19"Wisani Mushwana’s debut novel addresses disturbing themes; he does not shy away from difficult matters, nor does he force the reader to confront them. He leads us through the narrative with a clear, natural and at times melodious tone, which makes for pleasant reading."
Offers vir genade deur Irize Loots: ’n boekbespreking
2023-06-19"Die verhaal handel oor mense wat ’n lewe probeer maak in patriargale onderdanigheid op ’n verlate plaas in die droë Karoo. Almal gebroke mense, almal onder dieselfde son wat brand en vernietig. Mense wat almal keuses maak sonder om te weet wat die gevolge daarvan sal wees."
Op pad na Grysberg, saamgestel deur Stefaans Coetzee: ’n resensie
2023-06-19"Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ’n vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ’n postapokaliptiese wêreld afgetakel word. Sy leef in ’n wêreld van stof en watertekort, afguns, geestelike aftakeling deur ’n mishandelaar vir ’n eggenoot, en die grootste seer van haar lewe: Haar seun het weggeloop om hom naby Grysberg ... te gaan vestig."
The resurrection by Sihle Qwabe: a book review
2023-06-16"All the same, I commend the book for delineating well the pathological symptoms of worshiping Mammon, even if it doesn’t provide pressure valves to let off the steam. We may, as I indicated, argue that the artist’s duty is only to mirror our society back on itself. Alas, that attitude is easier said until, like me, you become a parent. Then you worry about the tremendous influence art has in depicting to overly impressionable youth misdirected shortcuts of success."
Hope, belief: A reader’s impression of 21 Voices by Marthie Momberg
2023-06-15"What is so special about this book is the hope and belief among the interviewees that there can be a solution that will free all the inhabitants to live free from fear and war."
Love, lies and deception: A reader’s impression of The red fawn by Ed Razzano
2023-06-15"Razzano has engaged with a number of controversial aspects of historical and contemporary South African society in the telling of an exciting story. His insights and observations are striking, provocative, humorous and unique."
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n boekbespreking
2023-06-14"Stel jou oop vir ’n teks wat inderdaad die skoonheid en waansin van ons bestaan onder ’n Afrika-son beskryf."
Persverklaring: NB-Uitgewers kondig ’n Afrikaanse jeugboekkompetisie aan
2023-06-14NB-Uitgewers nooi skrywers om ongepubliseerde manuskripte in Afrikaans in te skryf vir ’n opwindende jeugboekkompetisie in 2023.
The daily dad by Ryan Holiday, a book review
2023-06-13"There was just a clear flow of eloquence, with lessons obviously learned over years through the trial and error of applying ancient wisdom to living situations. Within no time, I was hooked."
44X4: fotoberig van die 2023 Gesamentlike byeenkoms van Pretoriase leeskringe
2023-06-13"Jan van Tonder het ons bekoor tydens sy gesprek met Phyllis Green oor Sagie se storie. Die Jakaranda Leeskring het die funksie gereël met Cecilia Penzhorn aan die spits. NB-Uitgewers het die sprekers geborg."
Pasverskyn: Moederstad: Die Kaap in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman
2023-06-13“Kaapstad was in hierdie tyd ’n vuil, arm en pretensieuse stad.”
’n Gedenkwaardige resensie
2023-06-13"Johann Kriegler se resensie van Truth to power (Rapport Boeke) is sonder vrees van teenspraak die belangrikste boekresensie wat in baie jare in Suid-Afrika verskyn het, bestem om in die jare en dekades wat kom, in dieselfde asem as Eskom en De Ruyter genoem te word."
George Louw (1939–2023)
2023-06-13"Die seevoëls krys vandag
weer landlangs, die waters raak
benoud: ons het vergete hier
die see en land kom skei, op groot skaal drooggemaak."
Die Breytenbach Galery se kinder- en jeugliteratuurskryfskool: Madeleine Venter se terugvoer
2023-06-12"Maar as ek iets moet uitsonder, sou ek sê dat die module oor verskillende plotstrukture en beplanning van kinder- en jeugverhale vir my baie beteken het. Waar ek in die verlede meestal ’n manuskrip halfpad gelos het – omdat ek net nie meer geweet het watter kant toe verder nie – skryf ek nou baie meer doelgerig."
