Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Persvrystelling: Hessequa Harmonie beloof ’n simfonie vir die sintuie in September
2023-07-31Hessequa Harmonie is ’n fokusfees met klassieke musiek as vertrekpunt en ’n fyn uitgesoekte progam van woordkuns en teaterervaringe om kuns van hoogstaande gehalte toeganklik te maak op die platteland.
’n Resensie van Out of mind deur Barbara Townsend
2023-07-31"Dit is ’n lywige werk met ’n stadige pas, in lyn met die tydsgees. Soms wil die leser gefrustreerd raak met die ontwykende, subtiele maniere en die stadige pas waarteen verhoudings ontwikkel, maar dit is hoe outydse hofmakery was."
Persbericht: Etienne van Heerden en Deidré Jantjies over de kracht van verhalen in Boeken uit het Huis
2023-07-28Op donderdag 31 augustus begroet het Zuid-Afrikahuis een oude bekende. Dan is Etienne van Heerden online te gast om te praten over de herziene vertaling van zijn indrukwekkende debuutroman Toorberg (1986). Aan het gesprek wordt ook deelgenomen door vertaler Rob van der Veer en cultureel activist Deidré Jantjies, schrijfster van Stories in die wind.
Elders gesien: Cliffordene Norton antwoord Kerneels Breytenbach
2023-07-28"Ja, daar is steeds mense wat boeke self publiseer, maar ek dink nie aan daardie mense as skrywers nie. Baie skrywers wat self uitgee, het hulle herdoop as 'indie authors', want hulle benadering is meer soos dié van ’n tradisionele uitgewershuis op klein skaal."
Persverklaring: Wenner van Jan H Maraisprys 2023
2023-07-28Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan Louise Viljoen van Stellenbosch.
Oor biblioteke, eilande en brandweermanne
2023-07-27Koos Kombuis hou van lekker lees. Hierdie week begin hy met Matt Haig se lekkerleesroman The midnight library. Daarna gesels hy oor Marlise Joubert se Laatnageilande en Danny Joubert se biografie, In the service of others.
Persverklaring: Kortlys vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2023
2023-07-27Die wenner sal eersdaags aangekondig word. Die Ingrid Jonker-prysoorhandiging is Saterdag 16 September tussen 18:00 en 19:00 by die Breytenbach Sentrum in Wellington.
Waarom by ’n uitgewer aanklop eerder as om self te publiseer?
2023-07-27"Mens het uiteindelik spesialiste nodig op die meeste gebiede. Jy sal nie ’n ambulansman vra om jou beenmurgkanker te behandel nie."
Waarom skryf ek Afrikaans: Kaapse struggledigter gepubliseer
2023-07-26"Dit het hoegenaamd nie gesorg dat hy stilgebly het nie. Hy het aanhou skryf onder skuilname, en koeriers, onder wie Allan Zinn, een van die redakteurs van die bundel, het leeswerk vir hom gebring en sy skryfwerk uitgesmokkel."
Estelle Kruger gesels met Rudi Venter oor ’n Skewe, skurwe sirkel
2023-07-26"Ek hou daarvan om te verras aan die einde, die leser te laat gis op die leestog soontoe. Sodoende verseker ek dat sy of hy sal aanhou lees en nie verveeld raak einde toe nie. As jy ’n jong leser gaan verveel, gaan jy daardie leser verloor."
Pasverskyn: Die binneland in deur Dana Snyman
2023-07-26Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het.
Jan Smuts, 1870–1950, ’n fotobiografie: ’n resensie
2023-07-26"Die skreiende ironie byvoorbeeld, dat Smuts op wêreldverhoë kon praat oor demokrasie en vryheid, maar tuis wit oppergesag en rassediskriminasie gehandhaaf het, word verdoesel."
The "real" pearl of the sea: ’n Leser se indruk van die grafiese roman Pearl of the Sea
2023-07-25"Die uitleg, vloei en alternatiewe komposisie van die strokiesprentpanele sal dit soos ’n film laat voel wat voor die leser afspeel. As dit die vlak van kwaliteit is wat lesers van Triggerfish Animation Studios se strokiesprente kan verwag, kan ek nie wag vir die volgende een nie!"
Raaiselroman: ’n lesersindruk van Ons skulde deur PP Fourie
2023-07-25"Fourie slaag meesterlik daarin om die leser die heeltyd aan die raai te hou. En jou naels te kou."
Om ’n boek te skryf, ’n ontdekkingsreis
2023-07-24"Met die skryf en herskryf van my lewensverhaal het ek ontdek dat Kammawaarwêreld die perfekte kruik is waarin ek die legkaartstukke van my herinneringe aan my belewenisse oor die jare heen kan bêre en met skryf en weer skryf kan neerpen nadat ek al die stukkies geplaas het op die plekke waar hulle hoort."
Persverklaring: NALN 50 | Met 'n pouveer in die hoed: Klinkklaar vier nege vrouedigters op Vrouedag
2023-07-24Toonsettings deur Joanita Erasmus-Alt met voorlesings en gesprek deur Karen de Wet vier die poësie van Sheila Cussons, Joan Hambidge, Ingrid Jonker, Antjie Krog, Bibi Slippers, Elisabeth Eybers, Heilna du Plooy, Petra Müller en Wilma Stockenström.
Jan FE Celliers (1865–1940)
2023-07-24Jan FE Celliers se LitNet | ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
’n Ander land, steeds weer: Karel Schoeman-gedenklesing
2023-07-24"Geschiedenisboeken zijn niet meer maar ook niet minder dan constructies, geen één-op-één weergaven van het verleden. De schrijver van historische romans gaat met het verleden aan de haal en creëert een fictioneel verhaal waarin een visie op dat verleden tot stand wordt gebracht."
Boekbekendstelling: Ontaard deur Pieter Odendaal, Kaapstad | 27 Julie 2023
2023-07-21Pasverskyn: Rapport 30 beste Bokke deur Dawie Boonzaaier
2023-07-21Wie is die beste Springbok van die moderne era? Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker?
