Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
21 Voices deur Marthie Momberg en die Palestynse stryd: Wat kan jý doen? | Naledi-dag 2023
2023-10-18"Luister na Marthie Momberg – sy vra die regte vrae, sy bring die boodskap dat ons net moet doen wat ons doen, en dit sal die regte ding wees."
Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais: ’n resensie
2023-10-18"Marais het veral as ekodigter bekend geword en in Sirkelgang kom die groter spektrum van die Antroposeen en spesieverse aan bod. Ter bewaring, ter optekening, ten einde insig en begrip te verkry, bou die digter bundel vir bundel aan ’n geheel wat verrys soos ’n argief of ’n diorama teen die horison."
Across boundaries: a life in the media in a time of change by Ton Vosloo: a book review
2023-10-17"In 1970, the NP scored a massive victory at the polls, but it was a time that government opposition became weakened and the Progressives gained ground. Was it because the newspapers in the Nasionale Pers were conscientising Afrikaners to start accepting change?"
Sindiwe Magona celebrated with an exhibition at Amazwi
2023-10-17"The exhibition will be open to the public for a number of months."
Laaste kans: ’n boekebrekfis met Marita van der Vyver
2023-10-17"Hoewel hierdie boek nie ’n Covid-storie is nie, gebeur daar dinge, en op ’n manier is dit tog ’n bewusmaking van die skaduwee van die pes wat oor ons gehang het. Die karakters weet nie wat op hulle wag nie, hoewel die lesers ’n vermoede het ..."
Katvis deur Annelie Botes: ’n boekbespreking | Toyota US Woordfees 2023
2023-10-16"Dit sou makliker wees om die son te oortuig om in die weste op te kom as om Annelie te oortuig om ’n boek halfpad te los." Maryke Roberts het ’n gesprek met Chris Botes, Annelie Botes se man, gelei. Annelie sterk tuis aan na ’n hele paar operasies en kon nie die fees bywoon nie.
Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs 2024
2023-10-13Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die agtste toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-Skrywersbeurs.
Celesté Fritze (1959–)
2023-10-12"Gelukkig is daar baie ure in ’n dag. Jy maak tyd vir iets wat jou as mens definieer, soos jou skryftaak."
Orde van die Windpomp 2023 aan Clinton du Plessis | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-10-12By die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée op Cradock is die Orde van die Windpomp deur Darryl David, die feesdirekteur, en die skrywer Etienne van Heerden aan die Cradockse digter Clinton du Plessis oorhandig. Van Heerden het daarna verwys as ’n "eksentrieke toekenning" vir wat hy Du Plessis se "dokumentêre" poësie noem.
Pasverskyn: vernietig deur Michel Houellebecq
2023-10-12Moderne begeerte, die massamedia, die stryd van bejaardes en eensames, en menslike sterflikheid word ondersoek.
Deelfontein deur Nicole Jaekel Strauss: ’n resensie
2023-10-11"Op vernuftige wyse bring Jaekel Strauss die verskillende storielyne bymekaar en onderneem Klarissa nie slegs ’n reis op soek na haar familiegeskiedenis nie, maar ontdek sy geheime wat oor landsgrense en eeue heen strek."
Uitnodiging: FilosofieKafee, 12 Oktober 2023 by die Boekklub, Pniel
2023-10-11Johann Rossouw in gesprek met Lydia von Wielligh-Steyn oor Michel Houellebecq se jongste roman, vernietig (Naledi, 2023) wat ontleed word aan die hand van René Girard se teorie van mimetiese begeerte en mededinging ten einde aan te toon hoekom Houellebecq die Dostojewski van ons tyd is.
Die vorm van verlies: Gielie Hoffmann gesels met Eben Venter oor Decima by die Toyota US Woordfees 2023
2023-10-10"Wat deurentyd roerend was tydens hierdie boekgesprek, was hoe hierdie grootse dier, Decima – in al Eben Venter se vertellings en vorme van haar – die skrywer steeds bewoë laat."
Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n resensie
2023-10-10"Die verhaal gaan ten diepste oor ’n karakter wat ’n uiters gekompliseerde verhouding vanuit ’n agternaperspektief analiseer en na waarde probeer skat. Die skrywer, die vroeëre aspirantskrywer wat nou inderdaad ’n skrywer is, vertel ’n verhaal oor die fyn spel van mag, die nuanses in emosie en die skakeringe in betekenis wat na vore kom as ’n blik vanuit die hede op die verlede gerig word."
Kultusse in Suid-Afrika deur Jana Marx: ’n resensie
2023-10-10"As jy wil ryk word, stig ’n kerk of sekte in Suid-Afrika, het ’n oortuigde ateïs onlangs teenoor my opgemerk. Wat ’n siniese opmerking, het ek gedink. Maar met die lees van hierdie boek besef jy dat sy stelling nie heeltemal onwaar is nie."
Persverklaring: Kortverhaalskrywers van LitNet se Kommadagga-slypskool is bekend
2023-10-08Die Jakes Gerwel Stigting, LitNet en Huisgenoot maak graag die name bekend van die vyf kortverhaalskrywers wat gekies is vir die vierde jaarlikse Kommadagga-slypskool.
Wat is die kenmerke van ’n goeie fiktiewe sluipmoordenaar?
2023-10-07"As jy dié vraag vir Bard op Google vra, gee hy drie punte wat ek as volg opsom: ’n Goeie sluipmoordenaar moet op sy voete kan dink en sy opdrag kan uitvoer sonder om gevang te word. Hy is uiteraard ’n meester op verskeie terreine, onder andere gevegkuns, wapens, vermomming, ensovoorts."
Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk
2023-10-06"Alhoewel Meer as jou seerkry op die oog af ’n bietjie teenstrydig en onsamehangend mag voorkom, kan ’n mens die gevolgtrekking maak dat die boek verskillende modelle bied waarmee lesers kan werk wat tot verskillende behoeftes sal spreek."
Persverklaring: PEN Afrikaans en Human & Rousseau span saam as deel van ’n internasionale projek om ’n liefde vir lees te bevorder, ook in Xhosa
2023-10-06Moomin Characters Ltd en PEN International span sedert 2018 kragte saam om die beroemde Finse skrywer Tove Jansson se kortverhaal "Die onsigbare kind" te publiseer, met die doel om ’n liefde vir lees te bevorder, sowel as groter inklusiwiteit en kritiese denke oor ’n reeks temas wat met geslagsdiskriminasie verband kan hou.
BookBedonnerd: The road to elsewhere: a review
2023-10-05"In essence, the journey began when he chose to study Afrikaans, which, it must be admitted, was a little strange for an Indian boy in the ’80s."
