Elders gesien: Op die heel mooiste manier

  • 0

Helené Prinsloo skryf of Facebook:

So sluit die jaar se bekendstellings en boekgeleenthede op die heel mooiste manier af: Met Tom Dreyer wat voorlees uit een van 2023 se hoogtepunte (Nou in infrarooi) en Riku Lätti se blouste kitaarklanke en Danie Marais wat voorlees uit wat seersekerlik 2024 se digterlike hoogtepunt gaan wees (hou die koerante dop).

Die jaar was vol en besig en lank en moeilik én mooi, en het ek genoem vol? Maar dit was goed. So góéd. Die jaar was goed vir my en vir die boeke waaraan ek gewerk het en vir die mense vir wie ek lief is. En in alles was daar altyd poësie. Dankie tog daarvoor.

  • Foto’s: Danica le Roux van Stellenbosch Books
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top