Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Klanke van jou keel: 'n oorsig van Tuin van Digters 2023
2023-09-21"Een van die merkwaardige aspekte van Tuin van Digters is sy inklusiewe aard. Hierdie fees het die vermoë om grense te oorskry met ’n onverskrokke passie vir die poëtiese vorm. Dit bring digters van alle taalagtergronde saam om ’n unieke ervaring van klank en betekenis te skep."
Better than ever: Open Book Festival 2023
2023-09-20"For me, Open Book was special in a different way. I have been attending literary festivals around the world as a reader for a quarter of a century, as a writer for almost two decades and as a publisher for the past four years, but never before have I felt that I truly embodied all three of these roles simultaneously and so fully at an event."
Bot deur Carien Smith: ’n lesersindruk
2023-09-20"Dis nie die tegnologie as sulks wat hier boos is nie, dis skynbaar eerder die mens self. Deur die mens se ongesonde omgang met die masjien word die natuurlike ritme van die mens omvergegooi."
Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk
2023-09-20"Kenmerkend aan die roman en ook tipies van hierdie talentvolle kunstenaar-skrywer, is daar die aanbieding in die teks van ander kunsvorme. Daar is musiek, digkuns, die visuele kunste, vakmanskap en dan natuurlik die toordery-met-woorde teenwoordig."
E (Sussie) Kotze (1933–)
2023-09-20"Die skryfproses is soos ’n swerm mossies wat uit ’n boom opvlieg: Jou gedagte word los as jy begin skryf en hope idees kom uitgefladder."
Kompleks: ’n onderhoud met Louis Pretorius
2023-09-20"Kompleks het begin by daardie liefdeservarings in jou jeug wat deur jou hele lewe eggo. En die vraag: 'What if ...?' Wat sou gebeur het as ek gesê het hoe ek regtig voel? Wat sou gebeur het as ek nie so skaam was nie? Sou dit anders uitgewerk het?"
Die twaalfde Tuin van Digters in beeld
2023-09-19Die twaalfde Tuin van Digters-fees is op 15 en 16 September 2023 by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied. Engela Duvenage deel haar indrukke.
Raka deur NP Van Wyk Louw: ’n leeskringbespreking
2023-09-19"Dit is goed dat leeskringe hul nie beperk tot die nuutste publikasies nie; klassieke tekste mag nie vergeet word nie. Raka is so ’n klassieke Afrikaanse literêre teks, ’n hoogtepunt in die Afrikaanse letterkunde."
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies vier kreatiwiteit
2023-09-19Vind uit wat jong lesers se keuses vir die beste kinder- en jeugboeke van die jaar is! Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk. Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.
Fresh off the press: A whistling of birds by Isobel Dixon
2023-09-19Threaded throughout is the beautiful complexity and vulnerability of the planet, and the joy and difficulty of making art, as each poem becomes its own vivid testament to the natural world.
Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met Erla Diedericks
2023-09-15"Word ’n vrou mishandel, word die blaam eerstens op haar skouers geplaas: Wat het sy gedoen om haar man uit te lok? Hoekom laat sy dit toe? Hoekom bly sy? Net soos met heksery is dit altyd die skuld van die vrou en nooit die patriargie nie," sê Erla Diedericks.
Dieper as drome: ’n onderhoud met Marko van der Colff
2023-09-14"Ek was al in my laat sestigs toe die skryfgogga my eers behoorlik gebyt het. Ek was wel nog altyd ’n leesvraat. Om eerlik te wees, sal ek soos John Lennon destyds moet sê: “Life happens to you while you’re making other plans.” Ek het vroeër baie keer daaraan gedink, maar eers op 65 finaal besluit dis nóú of nooit! My nabymense weet darem al van toeka af dis op my emmerskoplys!"
Pasverskyn: Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese
2023-09-13Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander – veral jonger – Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan.
Maalkolk: 'n onderhoud met Marie Lotz
2023-09-13"Ek twyfel of ek ooit misdaadfiksie as genre sal laat vaar. Die hele ondersoekproses en die raaiselagtigheid daaromheen fassineer my te veel. Tog sou ek graag êrens in die toekoms ʼn historiese roman wou skryf. Verder geniet ek ʼn goeie riller, en as dit ʼn psigologiese riller is, des te meer. Ek sal waarskynlik nog in die toekoms my hand daaraan ook waag."
Vaders, vaders: Stefaans Coetzee se oorsig van Innibos se eerste Boekenaweek
2023-09-12"Van alle boekfeeste wat ek al bygewoon en aangebied het, sal die een my ewig bybly. Nie net oor die tema nie, maar oor die hoeveelheid skrywers wat mekaar se gesprekke bygewoon het."
Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee: ’n resensie
2023-09-12"Verwag om te huil. Verwag om te lag, om kwaad te raak, om in verwondering by ’n sin of ’n gedagte stil te staan. Moenie verwag om onaangeraak deur hierdie boek te kom nie, want jy gaan teleurgestel word."
Everyday Shakespeare: Lines for life by Ben and David Crystal: a book review
2023-09-12"I couldn’t put this book down. It now resides at my elbow at breakfast, where I can turn to today’s date and read the relevant quote to my wife. It provides space, as the authors say, to step back briefly from taking part in life, and instead to reflect simply for a while on how we all live. The Shakespearean quotes all strike a chord."
Op soek na Paul Celan langs die Boekowina-meridiaan, kom die Sabbat
2023-09-12"Is ompaaie nie ook paaie nie? Is dit nie my eie kronkelpaaie en ompaaie wat op ’n aanraking met Paul Celan se meridiaan uitgeloop het nie?"
Four-legged life lessons: the legacy of Koos Opperman of the Free Sate: ’n onderhoud met Christa Kleynhans
2023-09-12"Koos Opperman was my pa se swart brak: baie mooi, baie intelligent en in gelyke mate temperamenteel. By hom het sekere gewaarwordinge my my aksies as mens laat bevraagteken ..."
