Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Desember 2023

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Desember 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Desember in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Desember

Profielonderhoud: ‘Ons sal laaglê en die diktatuur aanvaar’
Murray la Vita in gesprek met Mary Beard

Boeke: Lynthia Julius ontvang Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs

4 Desember

Resensie: Van ’n raaiselroman tot riller
Anschen Conradie resenseer The Christmas Guest deur Peter Swanson

Resensie: Drogdroom van ’n boek trek die leser enduit in
Riaan Grobler resenseer Drank, seks en David Bowie deur RR Ryger

Resensie: Die biblioteek van alle boeke
Ilza Roggeband resenseer What You Are Looking For Is In The Library deur Michiko Aoyama

5 Desember

Boeke: De Kock op 80 steeds aan’t skryf
Ter herdenking van Helene de Kock se 80ste verjaarsdag

Boeke: Sabbatsdigter dig oor sy werf en elders
Oor Kleinboer (Fanie de Villiers) se tweede digbundel, erf en elders

6 Desember 

Boeke: 25 skrywers se ‘Kersfees-krimi’ bring naelbyt-reeks na Facebook

8 Desember

Profielonderhoud: Spookleeus, gerookte perde, Nazi-beeste en ander diere-kulture
Murray la Vita in gesprek met Sandy Swart

11 Desember

Resensie: Kleinboer se verse ’n vaslegging van prekêre realiteit
Alwyn Roux resenseer erf en elders deur Kleinboer

Resensie: Heerlike stories deur twee grilbreine
Anschen Conradie resenseer Hoe gril ek nou! deur Francois Bloemhof en De Wet Hugo

Resensie: Roman delf diep in wortels van die spel
Jean Meiring resenseer Drie deur Hans Pienaar

Resensie: Perfek vir dié wat hou van avontuur
Ilza Roggeband resenseer My eerste wilde eiland-avontuur deur Riaan Manser, Murray Williams ea

Boeke: UV-departement kyk terug met ‘Van toeka af die toekoms in’

14 Desember

Boeke: Honderde verwag by poësie-saamtrek in Riebeek-Kasteel

16 Desember

Boeke: Eerste wenner van Achmat Dangor- literêre prys aangewys

18 Desember

Boeke: Vinnige vyf vir Kerskous

Boeke: Afrikaanse romansiers vier fees!

23 Desember 

Boeke: Boekmense sê: ‘Nou dit was ’n leeservaring soos min’

30 Desember

Boeke: Nuwe digbundel van Leon Strydom postuum uitgegee

 

 

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Desember op LitNet verskyn:

Ons skulde deur PP Fourie: ’n resensie

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n resensie

Wanneer bereik ’n genre ’n versadigingspunt?

Lesersindruk van Koos Visser se boek Die geestelike noodtoestand in die kerk

Ontaard deur Pieter Odendaal: ’n resensie

Stasies: ’n speurverhaal deur Joan Hambidge: ’n resensie

’n Gesprek oor Gebeente | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Die Jan Rabie Marjorie Wallace-beurs 2024: ’n onderhoud met Lynthia Julius

In gesprek met Kleinboer oor die kosmos en sy bundel erf en elders

Die Melkweg en die miskruier: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Desember in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn: 

3 Desember

Resensie: Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg (resensent: Emile Joubert)

Resensie: Marlene van Niekerk: Die tempteerbare oog – ’n huldiging deur Marius Crous (resensent: Fanie Olivier)

Resensie: Bridge deur Lauren Beukes (resensent: Jonathan Amid)

10 Desember

Resensie: Reinaard die vos, ’n berymde, vrye vertaling deur HJ Pieterse (resensent: Jean Meiring)

Resensie: King: The Life of Martin Luther King deur Jonathan Eig (resensent: Nathan Trantraal)

Resensie: Siembamba deur Madelein Rust en Duiwelsroos deur Leon van Nierop (resensent: Jonathan Amid)

17 Desember

Resensie: Who will rule South Africa? – The demise of the ANC and the rise of a new democracy deur Adriaan Basson en Qaanitah Hunter (resensent: Johann Kriegler)

Resensie: Drank, seks en David Bowie deur RR Ryger (resensent: Emile Joubert)

Resensie: Deur die tonnel van twyfel: Op soek na waardes in ’n donker eeu deur Koos Kombuis (resensent: Annelise Erasmus)

24 Desember

Resensie: The Pole and other stories deur JM Coetzee (resensent: SJ Naudé)

Resensie: Joernaal deur Clinton V du Plessis (resensent: Lynthia Julius)

Resensie: Die hond met die stert sonder swaai deur Paula Fourie en Nie net ’n hond nie! deur Jaco Jacobs (resensent: Magdel Vorster)

 

Die volgende resensies het gedurende Desember op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

Boek van die maand: ‘Gebeente’

Etienne van Heerden span die verbeelding so knap in as die slagveld waar waarheid en onwaarheid (of dalk waarhede en onwaarhede) teenoor mekaar te staan kom, omdat hy in dié roman weer die werklikheid helderder karteer en bowenal met taal vorendag kom wat ons kan help om die wêreld beter te verstaan.

Lees die resensie deur Johan Myburg.

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

4 Desember

Boeke: Oudtshoorn se verlede word onthou in dié gemeenskapsboek

7 Desember

Onderhoud: Kanya Viljoen in gesprek met Pieter Odendaal
Oor Ontaard en Droomwerk

 

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

1 Desember

Kerneels Breytenbach: Totalitarisme, memoires en kook

Louis Gaigher: Fraud en maniere van vry wees

Linza de Jager: Swanger, sweterige supervrou

Deborah Steinmair: ’n Kleurwiel van kinderboeke

8 Desember

Joan Hambidge: Venesië op die tong

Kerneels Breytenbach: Homeros, sjlemiel, Ellroy en rou nerwe

Mareli Stolp: Die verskrikking van slawerny grafies geskilder

Deborah Steinmair: Drie noirs vir die najaar

15 Desember

Mareli Stolp: Passie en goed geoliede moordmasjien

Gerda Taljaard: Pelgrims op ’n donker planeet

Deborah Steinmair: Afrikaanse boeke wat my jaar laat klop

Linza de Jager: Stockholm-sindroom

Kerneels Breytenbach: Oor Musk, Mantel, Garraway en moord

22 Desember

Herman Lategan: Wie wil ek lees, wie wil ek date?

Deborah Steinmair: Eksentrieke korrelkopvroue hou my vasgenael

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 6 Desember

In hierdie week se Skrywers en Boeke kan jy luister na 3 onderhoude wat by die Festival Voor Het Afrikaans in Den Haag, Nederland opgeneem is. Johan Myburg bespreek oa die Bookerpryswenner en vertel meer van die Britse kinderboek wat as ‘n boekwinkelgroep se boek van die jaar aangewys is.

Woensdag 13 Desember

Francois Bekker, ’n resensent van Pretoria, gesels met Ilse Salzwedel oor boeke wat hy vanjaar geniet het. Hy maak ’n hele paar interessante aanbevelings, wat ook goeie nie-fiksie insluit. In sy internasionale insetsels gesels Johan Myburg oor ’n lys aanbevelings vir internasionale misdaadromans, en hy kyk terug op 2023 en die boeke wat die groot literêre pryse verower het.

Woensdag 20 Desember

Ilse Salzwedel gesels met Nataniël oor sy jongste bundel verhale Help, help! Hy vertel ook meer oor sy betrokkenheid by sy Franse broerskind se oulike kinderboek Vyf verlore vere. Johan Myburg is ook weer op sy pos met nuus uit die internasionale letterkundewêreld.

Woensdag 27 Desember

Ilse Salzwedel kuier vanaand saam met Deon Meyer. Hulle gesels onder andere oor sy jongste roman Leo, en Deon speel ook drie van sy gunstelingliedjies voor. Johan Myburg vertel meer oor drie historiese romans uit die pen van bekende internasionale skrywers: Joyce Carol Oates se Butcher, Paul Theroux se Burma Sahiben Colm Tóibín se Long Island.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 5 Desember

Op Vers en Klank luister ons die tweede program van gedigte oor gedagtes oor God. Dié keer lees Daneel van der Walt voor uit die werk van NP van Wyk Louw en Sheila Cussons.

Dinsdag 12 Desember

Uit simpatie met diegene wat nog nie op vakansie is nie, lees Waldemar Schultz op Vers en Klank gedigte voor oor werk, beroepe – allerlei dinge wat mense doen om die pot aan die kook te hou.

Dinsdag 19 Desember

Indien jy een van die bittereinders is wat steeds hierdie week werk, dan is hierdie week se Vers en Klank net vir jou bedoel! Skakel gerus in vir Waldemar Schultz se voorlesing van gedigte oor werk.

Maandag 25 Desember

In hierdie spesiale Kersdag-uitsending van Vers en Klank luister ons na gedigte deur NP van Wyk Louw, Lina Spies, Antjie Krog, Carma Shaw, Fanie Olivier, Uys Krige, Rien Joubert en Ewerwyn Wessels. Die voorlesers is Johann Nel en Nicole Holm.

Dinsdag 26 Desember

Op hierdie heerlike somersdae – en terwyl ons nog vakansie hou en maar mág lui wees – is stoepsit een van die lekkerste dinge om te doen. Skakel gerus in vir Daneel van der Walt se voorlesings oor dié heilsame tydverdryf.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

5 Desember

Resensie: Marlies Taljard resenseer joernaal deur Clinton V du Plessis

18 Desember

Resensie: Joan Hambidge resenseer Getting Here deur Tony Ullyatt

31 Desember

Resensie: Joan Hambidge resenseer Rumi: Liefdesverse en aanhalings. Vertaal deur Dietloff van der Berg

 

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Desember verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jonathan Shapiro

Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer Gebeente deur Etienne van Heerden

Resensie: Phyllis Green resenseer The Christmas Book (Phaidon)

Kersfeesboeke

Phyllis Green resenseer Harmony deur Whitney Hanson, The Journey deur James Norbury, Healing through Words deur Rupi Kaur, The Surfer and the Sage deur Saun Tomson en Noah benShea, Uncommon Knowledge deur Tom Standage, 67 Blankets for Mandela Day, The Hungry Lion deur Peder Gowenius

6 Uiteenlopende lewensverhale:

  • Alida Vos resenseer Where the Light Enters deur Jill Biden
  • Johan Esterhuizen resenseer All in! deur Chris Bertish
  • Carmen Coetsee resenseer Like water is for fish deur Garth Japhet
  • Ilze Crous resenseer Walking with Ghosts deur Gabriel Byrne
  • Marzanne Schoeman resenseer The Scholarship Kids deur Robert Gentle
  • Sonja van der westhuizen resenseer How I took my power back deur Nompumelelo Runji

5 Rillers:

  • Marzanne Schoeman resenseer A Flaw in the Design deur Nathan Oates, The Library Suicides deur Fflur Dafydd
  • Alida Vos resenseer Verity deur Colleen Hoover, The Other Mothers deur Katherine Faulkner
  • Marguerite van Wyk resenseer The Writing Retreat deur Julia Bartz

12 Kinderboeke vir die vakansie:

  • Marteli Brewis resenseer Die mooiste stories deur Helena Lochner saamgestel deur Leoni Hofmeyr, Hasie hoekom is jou stert so kort saamgestel deur Michelle Cooper, Stories in die wind deur Deidre Jantjies
  • Retha Campher resenseer Die Swart Kat slaan staal deur Chris Sasner, Disaster at Gogo’s spaza deur Salamina Mosese, The Haunted Library deur Bontle Senne
  • Danica Gouws resenseer Drake deel nooit deur Nicola Kinnear, Nellie en Sion Beletha deur Claudette Brown Storrar
  • Lana du Plessis resenseer Slym deur David Walliams, Pieksel deur Fanie Viljoen, Lotta se lewe, Red die eekhorings deur Alice Pantermüller, Wurm Pastei deur Jaco Jacobs

Uittreksel: Geheime op Philadelphia deur Riaan Grobler

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top