Jaco Jacobs skryf op Facebook:
Wat is jou “guilty pleasure” as jy met vakansie is?
Myne is goedkoop grillers van tweedehandseboekwinkels, verkieslik met blaaie wat al omkrul van die vorige eienaars se strandlees.
Ek onthou ek het eenkeer ook so ’n voosgevatte B-graadgriller oor ’n virus gelees – en oral op die blaaie van die boek was sulke groenbruin vlekke wat my laat vermoed het die vorige eienaar het ’n slegte verkoue gehad terwyl hy/sy dit gelees het. Dit het ’n heel nuwe dimensie aan die leeservaring gegee.
Kommentaar
Ek weet nie of ek noodwendig daardie dimensie wil ervaar nie! 🙂
Ek hou van speurverhale, maar moet elke Desember 'n Jodi Picoult en David Walliams lees.
Sou nie sê mens moet dit "guilty pleasures" noem nie. Dit is gewoonlik dan wanneer ek die lekkerste lees. Daaroor gaan ek nie skuldig voel nie! Ha ha.