Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Toegepaste taalkunde in Afrikaans met redakteurs WAM Carstens en TJ van Dyk: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-11-27

"Ek meen nie dat Toegepaste taalkunde in Afrikaans die soort boek is wat ’n mens juis wil saamneem see toe na ’n lang, harde jaar nie. Tog behoort die lees daarvan vir enige persoon wat lief is vir taal, ’n verrykende oefening te wees."

Ouma Mollie gaan terug skool toe deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2023-11-27

"Hierdie stoute ouma is pret! Sy maak dalk nie die lekkerste fudge nie en sy verstaan nie priemgetalle nie, maar ’n dag saam met haar sal geen kind ooit vergeet nie."

Onderhoud met Sophia Kapp oor die Wen!-reeks

Louise Viljoen (JBay), Sophia Kapp Skrywersonderhoude 2023-11-27

"Kinders doen goed wat vir hulle lekker is, en die beste manier om hulle aan die lees te kry en te hou, is om vir hulle boeke te gee wat lekker lees."

Wilna Adriaanse (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-11-24

"Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp."

Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Hein Willemse Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

"Vanjaar sou sy 72ste jaar gewees het. Hy sterf voortydig op Saterdag 7 Junie 1997 in ’n motorongeluk op die Paternoster-Vredenburg-pad. Die hoekoms en waaroms kan slegs spekulasie wees."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek oor die vertalings van Faust en Reinaard die vos

Johann Rossouw Seminare en essays 2023-11-23

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Robert Schall en Henning Pieterse oor hul onderskeie vertalings van Faust en Reinaard die vos. Dit vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.

Elders gesien: Vernon February is ook al 21 jaar gelede oorlede

Ena Jansen Elders gesien 2023-11-23

"Môre is Vernon February ook al 21 jaar gelede oorlede. Hy was ’n boorling van Somerset-Wes. Jare lank het hy in Amsterdam se Rivierenbuurt gewoon en altyd vir my soos Rembrandt gelyk met sy baret en groot jas."

Eve deur Cat Bohannon: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2023-11-23

"Maak nie saak hoe oopkop jy dink jy is nie, wees voorbereid om jou denke te laat omdolwe."

Siembamba deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Irma Steffens Lesersindrukke 2023-11-22

"Reeds vroeg in haar huwelik vind sy uit dat sy eintlik net ’n inskiklike vertoonstuk, gewillige seksmaat en nou broeimasjien van die Rochebrandt-familie is."

Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-11-22

"Wat is ’n speurder sonder ’n misdaad om op te los of Bennie sonder dranklus om te onderdruk? In Leo word sy troudatum ingespan om ekstra spanning op te bou."

Die kerkseun deur WA Janse van Rensburg: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2023-11-21

"Die ander deel van die storie word sommer op die (baie mooi) voorblad uitgespel. Willem ontmoet ’n wulpse vrou en daar word ’n appeltjie gepluk, wat natuurlik ook konflik teweeg bring."

Voorblad deur Hannes Visser: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2023-11-21

"As joernalis is Alex gewoond daaraan om boodskappe met nuus uit verskeie bronne te ontvang. Wanneer hy boodskappe uit ’n onbekende oord ontvang, raak dinge gou vreemd."

Oor kortverhale en hul skrywers

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2023-11-21

"Die onbekende stemme staan nie ’n tree terug vir die groot asems soos Francois Bloemhof, Trisa Hugo, Anzil Kulsen en Gerda Taljaard nie. Dalk is dit bloot onkunde, maar my grootste verrassing sover is die digter Clinton V du Plessis se verhaal 'Bonsai'. Hemel, maar die man kan skryf."

Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg – ’n soort nabetragting

Réney Warrington Boeke en skrywers 2023-11-20

"Ek slaan die boek oop, maar die gedagte aan die skrywer se verlies bly by my. Ek beleef Hans se nuutste krisisse. Een, die sabotasie van sy status as Huis Madeliefie se voorste vermaaklikheidster en welverdiende posisie as mondstuk van die onderdruktes."

Stefaans Coetzee gesels met Hestelle van Staden oor bloed en outopsies

Stefaans Coetzee, Hestelle van Staden Skrywersonderhoude 2023-11-20

"Ek sê altyd truth is stranger as fiction, so ek dink steeds die ware verhale is soms baie vreemder."

Ronelda Kamfer (1981–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-11-17

Ronelda Kamfer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Ronelda skryf: "Afrikaans is ’n taal; mense moenie dit ’n issue maak of die Groot Stryd nie. Daar is ander belangriker dinge om oor te baklei – soos om goeie mense te wees."

Fresh off the press: Who will rule South Africa? by Adriaan Basson and Qaanitah Hunter

LitNet Books and writers 2023-11-17

Basson and Hunter map out the likely scenarios for a coalition government after the 2024 election and what it will mean for the country if politicians such as John Steenhuisen, Julius Malema or Herman Mashaba gain access to the Union Buildings.

Persverklaring: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2024

LitNet Boeke en skrywers 2023-11-16

Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2024 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-11-16

"Du Plessis se sukses as digter is waarskynlik veral daarin gesetel dat sy verse spreek tot ’n veel minder tradisionele lesersgehoor, mense wat dalk nie aldag tipies gelok voel tot poësie nie. Anders gestel, dit is verse wat waarskynlik as meer toeganklik vir die gemiddelde leser beskryf kan word."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Soekenjin deur Bibi Slippers | 21 November, Johannesburg

LitNet Boeke en skrywers 2023-11-16

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Soekenjin, Bibi Slippers se jongste digbundel, op 21 November by Love Books in Melville, Johannesburg.

Top