Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Boekeplek in Garsfontein, Pretoria: uitnodiging na Gebeente-boekbekendstelling

LitNet Jonathan Ball-portaal 2023-10-31

Jy word hartlik uitgenooi na die boekbekendstelling van Etienne van Heerden se Gebeente op Donderdag 2 November 2023 om 11:00. Hier is die besonderhede.

Dan sien ons mekaar deur James Scott: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2023-10-30

"Dit wat dié sielkundige daagliks in sy tuiskantoor beleef, gee hom nie net insig in die lewens van ander nie, maar ook die geleentheid om die lief en leed van sy eie lewensreis te deel."

Grietjie se loutering: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

Naomi Meyer, Bettina Wyngaard Skrywersonderhoude 2023-10-30

"Natuurlik is daar oral ’n Grietjie, selfs al is die persoon in ’n ander beroep. Die skrywer se werk is om iets universeel in die alledaagse uit te lig, dink ek. En ons het die ongelooflikste vroue wat elke dag in hul klein hoekie veg om omstandighede rondom hulle te verander."

Persverklaring: Jean Meiring in gesprek met Etienne van Heerden oor Gebeente

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-28

Jean Meiring sal op 2 November 2023 in Parktown, Johannesburg, gesels met Etienne van Heerden oor sy roman Gebeente.

Uitnodiging: Bekendstelling van Kortpad-praatjies I: Afrikaans vir beginners / Shortcut chats I: An interactive workbook

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-27

UJ Press nooi jou vriendelik uit na die virtuele bekendstelling van Kortpad-praatjies I: Afrikaans vir beginners / Shortcut chats I: An interactive workbook deur Rina Loader en Charlene Human op 29 November 2023.

Koos lees drie formidabele vroue

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2023-10-27

Wat kook in Koos se kombuis? Woorde. Dis wat. Hy lees Marlene van Niekerk, Bibi Slippers en Joan Hambidge. Laasgenoemde lees hy twee maal. Hy ontdek weerloosheid en stel hom so ook aan sy kyker bloot.

Persverklaring: WAT, Frazer Barry as nuwe beskermpersoon aangewys

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-26

Die rymkletser, musikant, akteur en televisiepersoonlikheid Frazer Barry is op 16 Oktober, Internasionale Woordeboekdag, aangekondig as die nuwe beskermpersoon van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ’n Woord-projek.

Hartsmense, ’n kortverhaalbundel deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2023-10-26

"Hartsmense is nog ’n trappie in Cliffordene Norton se ontwikkeling as ’n bekwame en veelsydige skrywer. Sy beskik oor ’n helder skryfstem wat hopelik nog dikwels in die toekoms in Afrikaans gehoor sal word. Die bundel word sterk aanbeveel vir lesers met ’n liefde vir kortverhale, maar ook vir enige leser wat beperkte tyd vir lees beskikbaar het."

Maak Staphorst hom skuldig aan ’n mate van die jolige jargoneske?

Crito (Kerneels Breytenbach) Menings 2023-10-26

"Ek weet julle gaan nou almal dadelik die artikel lees, so ek gaan julle nie belas met my interpretasie of gebrek daaraan nie. Ek gaan dit net vir julle makliker maak met die opmerking dat niks in die wêreld der lettere verander het nie."

Pasverskyn: Leo deur Deon Meyer

LitNet Boeke en skrywers 2023-10-26

Jy’t ’n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Want op 12 Junie moet hy trou. Dis ’n resep vir ’n ramp.

Stefaans Coetzee in gesprek met Marie Lotz

Stefaans Coetzee, Marie Lotz Skrywersonderhoude 2023-10-25

"Ek dink dit sal my kreatiwiteit inkort as ek moet sit en nadink of ʼn toneel gaan werk as dit verfilm word. ʼn Mens moet dit oorlaat aan die draaiboekskrywer en filmmaker."

Stefaans Coetzee in gesprek met Madelein Rust

Stefaans Coetzee, Madelein Rust Skrywersonderhoude 2023-10-25

"Ek skryf nooit met ’n film in gedagte nie, maar ek geniet dit regtig wanneer lesers vir my sê my boek lees soos een. Van nature skryf ek baie beskrywend omdat die storie wel soos ’n film in my kop afspeel."

Lewensreis deur die teater sit in my bloed deur Mari Mocke: ’n lesersindruk

Danie Botha Lesersindrukke 2023-10-25

"Dit is vir jou as jy ’n toneelliefhebber is, iemand met of sonder dramaopleiding, met moontlike ervaring van spel, regie, verhoogbestuur, kostumering, grimering, stelontwerp en -bou, beligting, reklame en resensering."

Press release: UJ announces winner of the 2023 UJ Prize for Translation

LitNet Books and writers 2023-10-25

The University of Johannesburg (UJ) is pleased to announce the recipient of the prestigious 2023 UJ Prize for Translation.

Each mortal thing by Michiel Heyns: a review

Anthony Akerman Books and writers 2023-10-25

"The wheels obviously come off, or we wouldn’t have a story. I won’t give anything away, but trust me when I say that Heyns is a masterful storyteller and the narrative often veers off in quite unexpected directions."

Avenues by train by Farai Mudzingwa: a review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2023-10-24

"There’s an inherent risk of disharmony in this, but most amazingly the symphony of the book is melodious, and it fluently overlaps in a pleasing manner that doesn’t tax the reader’s concentration powers. I am sure it owes that not only to the writer’s skills, but also to those of the book editor. It is superbly achieved."

Kirby van der Merwe (gebore: 1960’s)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-10-24

Kirby van der Merwe: "Ek skryf omdat dit juis moeilik is. Dit is ’n uitdaging. Maar wat my laat aanhou skryf, is die onbeskryflike gevoel wanneer ’n woord, sin of idee iets word wat ’n mens net as skoonheid kan beskryf."

Dis net vel, my pel: ’n onderhoud met Izak de Vries

Naomi Meyer, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2023-10-24

"Aangesien alle mense in Afrika, naby die ewenaar, ontstaan het, was al die eerste mense se velle swart. Ons almal het dus swart voorouers."

"Ons een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën," vertel Hendrik Hancke, skrywer van Onkant!

Jannike Bergh, Hendrik Hancke Skrywersonderhoude 2023-10-24

"Ons twee een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën; ons span het die regte temperament om uitkloprugby te speel en daardie ervaring kan goud werd wees teen ’n span wat ’n baie makliker halfeind gespeel het die afgelope naweek."

Rassie, stories oor rugby en die lewe deur Rassie Erasmus, saam met David O’Sullivan: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Jaco Jacobs Skrywersonderhoude 2023-10-24

Gaan Suid-Afrika die Wêreldrugbybeker met een punt wen? Jaco Jacobs waag voorspellings en praat oor sy vertaling van Rassie Erasmus se outobiografie. "Dit is regtig ’n lekker boek om te lees. Ek het op ’n dag vir my pa gesê: 'Die rede waarom ek nie juis rugby kyk nie, is dat daar nie ’n storielyn is nie.' Toe antwoord hy: 'Dis omdat jy nie die karakters ken nie.' Met die vertaling van hierdie boek voel dit of ek ’n hele klomp van die karakters leer ken het."

Top