Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Oor kortverhale en hul skrywers
2023-11-21"Die onbekende stemme staan nie ’n tree terug vir die groot asems soos Francois Bloemhof, Trisa Hugo, Anzil Kulsen en Gerda Taljaard nie. Dalk is dit bloot onkunde, maar my grootste verrassing sover is die digter Clinton V du Plessis se verhaal 'Bonsai'. Hemel, maar die man kan skryf."
Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg – ’n soort nabetragting
2023-11-20"Ek slaan die boek oop, maar die gedagte aan die skrywer se verlies bly by my. Ek beleef Hans se nuutste krisisse. Een, die sabotasie van sy status as Huis Madeliefie se voorste vermaaklikheidster en welverdiende posisie as mondstuk van die onderdruktes."
Stefaans Coetzee gesels met Hestelle van Staden oor bloed en outopsies
2023-11-20"Ek sê altyd truth is stranger as fiction, so ek dink steeds die ware verhale is soms baie vreemder."
Ronelda Kamfer (1981–)
2023-11-17Ronelda Kamfer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk. Ronelda skryf: "Afrikaans is ’n taal; mense moenie dit ’n issue maak of die Groot Stryd nie. Daar is ander belangriker dinge om oor te baklei – soos om goeie mense te wees."
Fresh off the press: Who will rule South Africa? by Adriaan Basson and Qaanitah Hunter
2023-11-17Basson and Hunter map out the likely scenarios for a coalition government after the 2024 election and what it will mean for the country if politicians such as John Steenhuisen, Julius Malema or Herman Mashaba gain access to the Union Buildings.
Persverklaring: Voorleggings ingewag vir Jan Rabie-Rapportprys 2024
2023-11-16Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2024 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die inskrywingsvorm kan hier afgelaai word.
Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk
2023-11-16"Du Plessis se sukses as digter is waarskynlik veral daarin gesetel dat sy verse spreek tot ’n veel minder tradisionele lesersgehoor, mense wat dalk nie aldag tipies gelok voel tot poësie nie. Anders gestel, dit is verse wat waarskynlik as meer toeganklik vir die gemiddelde leser beskryf kan word."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Soekenjin deur Bibi Slippers | 21 November, Johannesburg
2023-11-16Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Soekenjin, Bibi Slippers se jongste digbundel, op 21 November by Love Books in Melville, Johannesburg.
Die kind van die skrywer bou ’n skans | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-15PP Fourie het ’n lesing gehou by die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 waarin hy gesels het oor sy eie reis om tot skryf te kom. Fourie verduidelik ook dat hy lank gedink het dit is bogpraatjies wanneer mense beweer dat skryf heling bring. Nou dink hy anders.
Die laaste kanariegeel notaboek | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-15“Geheime is gevaarlik,” sê Anchien Troskie vir AJ Opperman in hierdie onderhoud oor haar roman Die laaste kanariegeel notaboek. Die gesprek het plaasgevind tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023. Opperman vra uit oor die gebruik van kleur, die skryfproses en hoe sy die verskillende tydvakke in die roman nagevors het.
Die hond met die stert sonder swaai | The dog with the broken wag: ’n onderhoud met Paula Fourie
2023-11-15"Vir my is dit belangrik dat kinders lank voordat hul self kan lees en agter ’n skoolbank ingedruk word, moet besef dat mens met woorde kan speel en dat hulle jou kan meesleur soos ’n onstuitbare stroom. Ek hoop hierdie kinderboek dra daardie boodskap oor!" Onderaan die onderhoud met Paula Fourie verskyn daar ook inligting oor die boekbekendstelling wat op 18 November in Kaapstad plaasvind.
Boekbekendstelling: Duiwelsroos deur Leon van Nierop | 18 November 2023, Bloemfontein
2023-11-15Leon van Nierop se nuutste boek, Duiwelsroos, word op Saterdag 18 November 2023 om 10:00 by NALN in Bloemfontein vrygestel. Die geleentheid is ook ter viering van Leon van Nierop se skrywersloopbaan.
Deur die tonnel van twyfel: Waarom Kombuis hom nie as Christen beskou nie
2023-11-14"Van nou af wil ek net ek wees, nie ’n Christen of ’n Moslem of ’n ateïs nie, net ’n mens weerloos en sonder maskers, deel van die groot en onverstaanbare kosmos."
Son of a whore by Herman Lategan: a review
2023-11-13"For those few hours that you read the book, and hopefully afterwards as well, you feel less mad and less alone."
Picture this: not Sicily 1912; Stellenbosch 2023 (ook RR Ryger)
2023-11-13"Kan ek jou dus meer van die boek se inhoud of Ryger se skryfproses vertel? Nee. Maar ek kan wel sê dat ek nog nooit by ’n boekbekendstelling soos hierdie een was nie, ook dat ek seker nie gou weer so iets sal beleef nie."
Lank lewe Madibaland@Bookbedonnerd!
2023-11-13"Darryl is die geliefde gesig van die fees wat dit jaar ná jaar meer met idees, improvisasie en liefde as met geld deurvoer. Enigiemand wat al ’n Bookbedonnerd meegemaak het, weet alles verloop nie altyd volgens plan nie, maar jy word altyd verras en verhef. Vanjaar se 16de Bookbedonnerd van 1 tot 4 November was geen uitsondering nie."
Die Kaapse Vlakte-boekefees 2023: Diana Ferrus se indrukke
2023-11-10"Dit maak my opgewonde omdat dit ’n fees is waar mense nie hekgeld betaal of ver moet loop om in te kom nie. Die gemeenskap bly om die skool en vir besoekers is daar genoeg parkeerplek op die skoolterrein."
Madibaland@Bookbedonnerd 2023: ’n Dagreis ver is naby genoeg
2023-11-10"Maak ʼn plan; reël ʼn bussie. Richmond lê doer ver in die Haai Karoo, maar ʼn dagreis ver is naby genoeg as mens Boekbedonnerd is. Of wil word."
Pasverskyn: Ek het ’n engel gesien deur Amore Bekker
2023-11-10Ek het ’n engel gesien is stories wat skrywer en raakprater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met engele te deel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, ‘Sit dit vir ons in ’n boek, asseblief’.”
Leeskringresensie: I am Ella: a remarkable story of survival, from Auschwitz to Africa deur Joanne Jowell
2023-11-10"En die Ella wat van Warskou gekom het en in Brakpan haar lewe kom maak het, praat ’n bietjie Afrikaans! Sy noem haarself ’n boeremeisie en verklaar uitbundig hoe mal sy oor haar lewe in Brakpan was."
