Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Sons of mud deur Johan Vlok Louw: ’n leeskringbespreking
2023-12-04"Diegene wat ’n literêre interteks soek om Jesaja 57:21 mee te verstaan, lees gerus Etienne van Heerden se kortverhaal 'My Kubaan' uit die bundel met dieselfde titel. Baie mense kan steeds nie rus vind na die Grensoorlog nie."
Op hol met Nini Bennett-Moll se heerlike artikel op Versindaba
2023-12-01"Word skoliere nog genoegsaam op skool voorberei om nie net verstrooiingslektuur te lees nie, maar ook meer ingewikkelde, literêre romans en poësie? Wat is die situasie by universiteite? Wie is die volgende Louise Viljoen? Gaan Jean Meiring weer terugkeer? Is koerante en tydskrifte nog die teelaarde vir kreatiewe skryfwerk?"
Fresh off the press: The South African alphabet of affirmations by Nyasha Williams
2023-12-01A book of affirmations that highlights each of South Africa’s eleven official languages [and] is a love letter to children (especially Black, Indigenous, and people of colour) in South Africa honouring their magic, worth and power.
Emperor of Rome: Mphuthumi Ntabeni interviews Mary Beard
2023-11-30A transgender Roman emperor? Why were there no bedrooms in Caesar’s palace? How about an emperor who may have worn more shoes than Imelda Marcos? Is democracy better than a benign dictator? These are but a few of the hot topics Mphuthumi Ntabeni teases out of Mary Beard during an interview in Cape Town.
Still breathing | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-30Tony Jackman interviewed Marita van der Vyver on her novel Still breathing and her memoir A long letter to my daughter. What is it like to get older? How does one hold an entire cast of characters in one’s hand? Are her characters based on real people? How does it feel to dream in a language that differs from the one your daughter dreams in?
Wie mag resensies/lesersindrukke skryf?
2023-11-28"Hierdie debat is broodnodig in die tegnologiese era, veral vir groei in die boekebedryf. Ek ondersteun dus die skrywe, al stem ek uiteraard nie saam nie."
Die grondgeitjie roep deur Emmie Bedeker: ’n lesersindruk
2023-11-28"Die bundel bevat 46 meestal kort gedigte wat nie in afdelings verdeel is nie. Daar is ook ’n sewetal foto’s uit die digter se versameling in die boek opgeneem."
Inkwenkwezi Efihlakeleyo: Uhlalutyo Lwencadi | The hidden star translated: A book review
2023-11-28"Mandivale ngokucoma Umuzi/Praesa ngalo mbono mhle kangaka wokuguqulela le ncwadi kulwimi lweSintu. Nakugqirha Guzula ngomsebenzi omhle encomekayo." | "I think this is a superb translation that not only makes the book accessible in Xhosa, but, because a language lends a new way of seeing the world, will enrich your knowledge and enjoyment of the book even if you have already read it in English."
Toegepaste taalkunde in Afrikaans met redakteurs WAM Carstens en TJ van Dyk: ’n lesersindruk
2023-11-27"Ek meen nie dat Toegepaste taalkunde in Afrikaans die soort boek is wat ’n mens juis wil saamneem see toe na ’n lang, harde jaar nie. Tog behoort die lees daarvan vir enige persoon wat lief is vir taal, ’n verrykende oefening te wees."
Ouma Mollie gaan terug skool toe deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2023-11-27"Hierdie stoute ouma is pret! Sy maak dalk nie die lekkerste fudge nie en sy verstaan nie priemgetalle nie, maar ’n dag saam met haar sal geen kind ooit vergeet nie."
Onderhoud met Sophia Kapp oor die Wen!-reeks
2023-11-27"Kinders doen goed wat vir hulle lekker is, en die beste manier om hulle aan die lees te kry en te hou, is om vir hulle boeke te gee wat lekker lees."
Wilna Adriaanse (1958–)
2023-11-24"Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp."
Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-23"Vanjaar sou sy 72ste jaar gewees het. Hy sterf voortydig op Saterdag 7 Junie 1997 in ’n motorongeluk op die Paternoster-Vredenburg-pad. Die hoekoms en waaroms kan slegs spekulasie wees."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van gesprek oor die vertalings van Faust en Reinaard die vos
2023-11-23Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Robert Schall en Henning Pieterse oor hul onderskeie vertalings van Faust en Reinaard die vos. Dit vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.
Elders gesien: Vernon February is ook al 21 jaar gelede oorlede
2023-11-23"Môre is Vernon February ook al 21 jaar gelede oorlede. Hy was ’n boorling van Somerset-Wes. Jare lank het hy in Amsterdam se Rivierenbuurt gewoon en altyd vir my soos Rembrandt gelyk met sy baret en groot jas."
Eve deur Cat Bohannon: ’n resensie
2023-11-23"Maak nie saak hoe oopkop jy dink jy is nie, wees voorbereid om jou denke te laat omdolwe."
Siembamba deur Madelein Rust: ’n lesersindruk
2023-11-22"Reeds vroeg in haar huwelik vind sy uit dat sy eintlik net ’n inskiklike vertoonstuk, gewillige seksmaat en nou broeimasjien van die Rochebrandt-familie is."
Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk
2023-11-22"Wat is ’n speurder sonder ’n misdaad om op te los of Bennie sonder dranklus om te onderdruk? In Leo word sy troudatum ingespan om ekstra spanning op te bou."
Die kerkseun deur WA Janse van Rensburg: ’n lesersindruk
2023-11-21"Die ander deel van die storie word sommer op die (baie mooi) voorblad uitgespel. Willem ontmoet ’n wulpse vrou en daar word ’n appeltjie gepluk, wat natuurlik ook konflik teweeg bring."
Voorblad deur Hannes Visser: ’n lesersindruk
2023-11-21"As joernalis is Alex gewoond daaraan om boodskappe met nuus uit verskeie bronne te ontvang. Wanneer hy boodskappe uit ’n onbekende oord ontvang, raak dinge gou vreemd."
