
Sanri Steyn: omnibus 3 deur Theresa van Baalen met illustrasies deur Johann Strauss. (Uitgewer: Lapa)
Sanri Steyn: omnibus 3
Skrywer: Theresa van Baalen
Illustrasies: Johann Strauss
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637004671
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – van vampiere wat op die dorp kom woon, tot ’n weerwolfmeisie wat haar opwagting in hul klas maak! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!
Die titels in hierdie omnibus is:
• Die rustelose mummie
• Die geraamte se geheim
• Die besoek van die meerminne

