Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Leon van Nierop oor Duiwelsroos by Momentum Beleggings Aardklop én Toyota US Woordfees 2023

Naomi Meyer, Leon van Nierop Skrywersonderhoude 2023-08-28

"Niks kom by ’n goeie boek nie. Ek skryf natuurlik ook vir verskeie ander platforms, maar sommige verhale leen hulle absoluut tot die geskrewe woord en die gevoel van papier tussen jou vingers. Dit het Agatha Christie my geleer."

Persverklaring: kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse 2023 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-25

Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2022 verskyn het. Die kortlyste is saamgestel uit nagenoeg 80 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het.

LitNet Akademies-resensie-essay: Decima deur Eben Venter

Linda Roothman Resensies 2023-08-24

Eben Venter is by die Woordfees! "Mites word gewoonlik geskep om sodoende kommentaar te lewer op ’n werklike gebeurtenis. Só is die karakter van Decima geskoei op ware verhale van renosterstropery om die voortdurende stryd in die bewaring van skaars spesies te belig."

Between war and reconciliation, an engagement with Ukraine through film, a war diary and poetry

Joseph Koetsier Books and writers 2023-08-24

"The downing of Malaysian Air flight MH17 on 17 July 2014, which took the lives of 283 passengers and 15 crew members, started a trail of discoveries through eastern European poetry."

Still beating: reflecting on heart attacks and writing in the City of Gold

Mike Boyd Books and writers 2023-08-23

"I listen to Johannesburg move around me, and I wonder how she is still able to act like nothing is wrong. When that is all I can see. Why she is not angry. I’m tired of being angry."

Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (Deel 1)

Estelle Kruger Lesersindrukke 2023-08-23

"Die verteller neem die leser op ’n sensitiewe wyse op ’n reis van intense belewing om empatie te kry met die pynlike emosionele ervarings van hierdie verskynsel van genderdisforie."

Omkoopbaarheid en ons demokrasie, ’n lesersindruk van Our poisoned land deur Jacques Pauw

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-08-23

"Hoe koalisies in die nasionale lekgotla gaan uitspeel in die toekoms, is ’n saak waaroor ’n mens nog maar slegs kan bespiegel op die stadium, maar indien die munisipaliteite enige aanduiding is, dan moet ons onsself dalk gereedmaak vir onstuimige vaarwaters."

Oor blou melkskommels en zombies: Izak gesels met René van Zyl

Izak de Vries, René van Zyl Skrywersonderhoude 2023-08-23

"Ek moet byvoeg, my eie dogters het op skool altyd sulke interessante aksie-avontuurverhale van oorsese skrywers gelees. Dit het my frustreer dat hulle nie Afrikaans wil lees nie. Dit het half ’n missie van my geword om iets te skryf wat selfs hulle, met hul kreatiewe verbeelding, sou wou lees. Iets anders."

Pasverskyn: Leë blikkies vol liefde, ’n kortverhaalbundel saamgestel deur Fiona van Kerwel

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-23

’n Splinternuwe bundel met kortverhale vir leerders in graad 7 tot 9! Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, ’n kort opsomming van elke verhaal en biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite.

Op soek na Paul Celan langs die Boekowina-meridiaan: ’n plek waar mense en boeke gewoon het

Eben Viktor Boeke en skrywers 2023-08-22

"Joodse skrywers bly glo in Boekowina as ’n spesiale kreatiewe ruimte. Oostenryk-Joodse letterkunde bereik ’n hoogtepunt juis in die tydperk tussen die oorloë. Tot laat in die dertigs verskyn daar nog nuwe digbundels deur Joodse digters in Tsjerniftsi, vol voorbeelde van florerende liriese bydraes in Duits."

Persverklaring: Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend

LitNet ATKV-Portaal 2023-08-22

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Vanjaar is geen uitsondering nie en die ATKV sit graag ’n veer in die hoed van skrywers vir hul uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit.

Wake up, this is Joburg by Tanya Zack and Mark Lewis: a book review

Chris Heymans Books and writers 2023-08-22

"There is rich nuance in Tanya Zack’s flowing, sensitive narrative and Mark Lewis’s striking photography. The stories they tell are deeply human and individualised, yet cleverly interwoven within Johannesburg’s broader racial, social and economic anomalies."

Wilma Stockenström (1933–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-08-22

“Elke oomblik is mens, en wat mens is, is ’n daad en is onherroeplik.”

laatnageilande: ’n onderhoud met Marlise Joubert

Nini Bennett-Moll, Marlise Joubert Skrywersonderhoude 2023-08-21

"Omdat ek meestal laat in die nag skryf en die isolasie soos ’n eilandstilte skerper begin ervaar het, het die titel spontaan na vore gedring."

Troula Goosen en die Sproetebessies: ’n onderhoud

Maryke Roberts, Troula Goosen Skrywersonderhoude 2023-08-21

"Vandag nog, wanneer ek vir kinders en jongmense vra watter genres hulle die meeste geniet, is rillers, avontuur-, spannings- en speurverhale, asook spookstories nog altyd hoog op die lys. Ek geniet dit dus om die jong lesers oor hulle skouers te laat kyk en die ganglig saans aan te los."

Persverklaring: Program van die twaalfde Tuin van Digters op 15 en 16 September 2023 in Wellington

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-19

Die gewilde Tuin van Digters-fees, wat oor die jare gevestig is as die Tuiste van die Afrikaanse digkuns in Suid-Afrika (en die wêreld!), vind op Vrydag 15 en Saterdag 16 September 2023 vir die 12de agtereenvolgende jaar by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaas.

Elders gesien: Botha oorhandig debuutdigbundel aan NALN

Vriende van NALN Elders gesien 2023-08-19

"Dominique Botha het saam met haar man, Adi Enthoven, broer André en ouers, Andries en Sandra Botha, heerlik by NALN gekuier."

LitNet Akademies-resensie-essay: Plunder deur Antjie Krog

Stefan van Zyl Resensies 2023-08-18

"Met die eerste lees van Plunder het ek gedink: Krog is kwáád. Wéér. Stééds. Maar namate ek meer tyd met die bundel deurgebring het, het ek tot die besef gekom dat ek hier nie net met die beskrywing en oopskrywing van plundering op alle vlakke te make het nie, maar ook met die teer poëtiese verpakking en verwerking van individuele sowel as kollektiewe trauma – ’n vorm van narratiewe terapie."

Nuwe boekefees vier die suksesse van selfpublikasie

Jean Oosthuizen Boeke en skrywers 2023-08-17

"Die stigma wat dikwels aan selfgepubliseerde boeke kleef dat dit noodwendig van mindere gehalte is, is die afgelope naweek behoorlik die nek ingeslaan en verkeerd bewys tydens ’n splinternuwe boekefees in Somerset-Wes."

Die EasyEquities-skrywersfees by Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Elmari Rautenbach

Naomi Meyer, Elmari Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-08-17

"’n Mens kom altyd agter wanneer lesers oor ’n boek begin gons. Jy sien die boek of skrywer al hoe meer gereeld en skielik oral." Die EasyEquities-skrywersfeesprogram is nou volledig bygewerk. Klik op die skakel onderaan die onderhoud om die korrekte boekeprogram af te laai sodat daar nie verwarring tydens die feestyd ontstaan nie.

Top