Boekbekendstellings vir Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: reisstories, saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen
George, Johannesburg, Pretoria, Wellington
Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, oa Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager. Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervaringe verrykend.
Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog baie ander plekke.
- George: Saterdag, 8 Junie | Exclusive Books, Garden Route Mall
Annelize van Rooyen gesels met Renée Conradie, Harry Hill en Japie Gouws.
- Johannesburg: Dinsdag, 11 Junie | Love Books, Melville
Annelize van Rooyen gesels met Renée Conradie, Harry Hill en Japie Gouws.
- Pretoria: Woensdag, 12 Junie | Exclusive Books, The Grove Mall
Gielie Hoffman gesels met Gerda Taljaard, Erika Murray-Theron en Carie Maas.
- Woensdag, 12 Junie | Breytenbach Sentrum
Carolyn Mead gesels met Irma Joubert, Kirby van der Merwe, PP Fourie en Candice Jantjies.


