Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies op Facebook bekend gemaak

LitNet ATKV-Portaal 2023-09-13

Moenie dit misloop nie.

Maalkolk: 'n onderhoud met Marie Lotz

Maryke Roberts, Marie Lotz Boeke en skrywers 2023-09-13

"Ek twyfel of ek ooit misdaadfiksie as genre sal laat vaar. Die hele ondersoekproses en die raaiselagtigheid daaromheen fassineer my te veel. Tog sou ek graag êrens in die toekoms ʼn historiese roman wou skryf. Verder geniet ek ʼn goeie riller, en as dit ʼn psigologiese riller is, des te meer. Ek sal waarskynlik nog in die toekoms my hand daaraan ook waag."

Vaders, vaders: Stefaans Coetzee se oorsig van Innibos se eerste Boekenaweek

Stefaans Coetzee Feeste 2023-09-12

"Van alle boekfeeste wat ek al bygewoon en aangebied het, sal die een my ewig bybly. Nie net oor die tema nie, maar oor die hoeveelheid skrywers wat mekaar se gesprekke bygewoon het."

Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee: ’n resensie

Bettina Wyngaard Resensies 2023-09-12

"Verwag om te huil. Verwag om te lag, om kwaad te raak, om in verwondering by ’n sin of ’n gedagte stil te staan. Moenie verwag om onaangeraak deur hierdie boek te kom nie, want jy gaan teleurgestel word."

Everyday Shakespeare: Lines for life by Ben and David Crystal: a book review

David Willers Books and writers 2023-09-12

"I couldn’t put this book down. It now resides at my elbow at breakfast, where I can turn to today’s date and read the relevant quote to my wife. It provides space, as the authors say, to step back briefly from taking part in life, and instead to reflect simply for a while on how we all live. The Shakespearean quotes all strike a chord."

Op soek na Paul Celan langs die Boekowina-meridiaan, kom die Sabbat

Eben Viktor Boeke en skrywers 2023-09-12

"Is ompaaie nie ook paaie nie? Is dit nie my eie kronkelpaaie en ompaaie wat op ’n aanraking met Paul Celan se meridiaan uitgeloop het nie?"

Four-legged life lessons: the legacy of Koos Opperman of the Free Sate: ’n onderhoud met Christa Kleynhans

Christa Kleynhans, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2023-09-12

"Koos Opperman was my pa se swart brak: baie mooi, baie intelligent en in gelyke mate temperamenteel. By hom het sekere gewaarwordinge my my aksies as mens laat bevraagteken ..."

Three wise monkeys by Charles van Onselen: a book review

Peter Vale Books and writers 2023-09-12

"The many intrigues in these pages are told not only by a great writer, but by the country’s foremost historian; Van Onselen’s work opens new ways to think about a range of issues like the responsibilities of scholarship, the idea of southern Africa, and the roots of South Africa’s foreign policy, among other things."

Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2023-09-12

"Voorop in hierdie teks staan die terugkerende tema van die jeug as redders en bemiddelaars in die nadraai van onverantwoordelike optrede en onverskillige sosiale praktyke deur vorige generasies en heersende regeringsmagte."

Hugo Claus betower en bekoor steeds ná vier dekades

Jacques Myburgh Boeke en skrywers 2023-09-11

"Daar is verskeie boeke en skrywers daar buite wie se werke deur die dekades van vergeet word. Komplekse, aweregse en uitdagende werke wat deesdae iewers op boekrakke vergaan. Maar dan is daar skrywers wie se werke die toets van die tyd weerstaan het en tot vandag toe ’n leser uitdaag en bekoor."

Floris A Brown (1948–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-09-11

"Wat weet ek van die seerkry-kind wat in dié volwasse liggaam sy pyn probeer weglag? Skryf dit uit jou uit, sê ek dan, en eendag skryf jy dalk soos die jonger geslag oor sommer gewone goed soos die liefde."

Fresh off the press: Coloured: How classification became culture by Tessa Dooms and Lynsey Ebony Chutel

LitNet Books and writers 2023-09-07

Coloured is a reflection on, and celebration of Coloured identities as lived experiences. It is a call to Coloured communities to reclaim their identity and an invitation to understand the history and place of Coloured people in the making of South Africa’s future.

Boekbekendstellingsuitnodiging: In die rede geval: Waarom die mens mites maak deur Charl-Pierre Naudé

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-07

U word hartlik uitgenooi om die boekbekendstelling van In die rede geval: Waarom die mens mites maak deur Charl-Pierre Naudé by te woon | 7 September, SA Akademiegebou, Pretoria

Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais: ’n lesersindruk

Alwyn Roux Lesersindrukke 2023-09-06

"Sirkelgang is ’n omvattende bundel wat kwessies soos klimaatsverandering, oorlog, pandemies en die voortbestaan van die planeet ondersoek. Marais bou voort op sy spesieverse, en die werk is ’n voortsetting van sy indrukwekkende poëtiese nalatenskap."

Uitnodiging: ’n Middag met Ingrid Jonker se gedigte

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-06

Jy word hartlik uitgenooi na ’n geleentheid om die 90ste herdenking van Ingrid Jonker se geboortejaar te vier.

Press release: Isobel Dixon’s A whistling of birds, programme of South African book tour

LitNet Jonathan Ball-portaal 2023-09-06

Isobel Dixon will be on tour in South Africa for the first time since Covid. Herewith more information on the respective events.

Johan Jack Smith (1977–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-09-06

"Dinge vat dalk lank om te verander, maar as dit eers verander, verander dit geweldig vinnig. Dink aan die Berlynse muur. ’n Mens moet positief probeer bly, al is dit net vir jou kinders, en al is dit moeilik."

Boekbekendstellings: Onkant! deur Hendrik Hancke | 9 September, Stellenbosch en 14 September, Pretoria

LitNet Boeke en skrywers 2023-09-06

Jy word uitgenooi na die boekbekendstellings van Onkant! ’n Rugbyliefdesverhaal deur Hendrik Hancke, in gesprek met die skrywer en joernalis Emile Joubert in Stellenbosch op 9 September, en in gesprek met die sportaanbieder Jody Hendricks in Pretoria op 14 September.

Op soek na Paul Celan langs die Boekowina-meridiaan, om die onsêbare te sê

Eben Viktor Boeke en skrywers 2023-09-05

"Hy hou aan skryf in Duits, maar sy verhouding met sy moedertaal en sy poëtiese ontwikkeling verskil van die meeste van die Duitssprekende Joodse digters van Boekowina."

Katvis deur Annelie Botes: ’n lesersindruk

Zelda Mans Lesersindrukke 2023-09-05

Vanjaar op die Woordfeesprogram! "Lesers het oor die jare lojale volgelinge en herlesers van Botes se romans geword, want sy skroom nie om jou reg tussen die oë met die harde werklikheid te slaan nie."

Top