Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2023
2023-09-23Die kykNET-Rapport-pryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is Saterdag vir die tiende keer oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat in die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!
kykNET-Rapport-prys vir fiksie 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe
2023-09-23"Benewens die soms ongemaklike vrae wat Eugene oor vraagstukke soos verraad, wraak, verontskuldiging en vergifnis vra, is dit veral Van der Merwe se uitsonderlike slag met woorde wat die leser bybly ..."
kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2023: Op pad na Moormansgat deur Chris Karsten
2023-09-23"Buiten die beskrywings wat speels met die taal omgaan, maak sy landkaarte, foto’s en karaktersketse van Moormansgat reeds ’n tipe filmbybel met uitstaande dialoog."
Jan Rabie-Rapport-prys 2023: Eugene deur Kirby van der Merwe
2023-09-23"Eugene is ’n plofbare dog elegante teks wat uit die staanspoor hoë eise aan sy lesers stel, maar wat met elke lees dieper en dieper bevredig."
kykNET-Rapport-prys vir niefiksie 2023: Die Kaapse slawe (1652–1838) deur Eunice Visser
2023-09-23"Tamaai – dis die enigste gepaste Kaapse slawewoord wat reg laat geskied aan die bronnestudie waarop hierdie boek berus. Dit geld die omvang soveel as die diepgang daarvan."
kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2023: Commendatio’s
2023-09-23Lees Bibi Slippers se commendatio’s van vanjaar se twee wenresensies: Deborah Steinmair se resensie van Antjie Krog se Plunder en Vetplantfeetjies op Vrye Weekblad, en Theodore Rossouw se resensie van Elise Bishop se Twee lewens op LitNet.
ATKV-Woordveertjies 2023: Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys
2023-09-22Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Hier is die wenners van die Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys.
Klanke van jou keel: 'n oorsig van Tuin van Digters 2023
2023-09-21"Een van die merkwaardige aspekte van Tuin van Digters is sy inklusiewe aard. Hierdie fees het die vermoë om grense te oorskry met ’n onverskrokke passie vir die poëtiese vorm. Dit bring digters van alle taalagtergronde saam om ’n unieke ervaring van klank en betekenis te skep."
Better than ever: Open Book Festival 2023
2023-09-20"For me, Open Book was special in a different way. I have been attending literary festivals around the world as a reader for a quarter of a century, as a writer for almost two decades and as a publisher for the past four years, but never before have I felt that I truly embodied all three of these roles simultaneously and so fully at an event."
Bot deur Carien Smith: ’n lesersindruk
2023-09-20"Dis nie die tegnologie as sulks wat hier boos is nie, dis skynbaar eerder die mens self. Deur die mens se ongesonde omgang met die masjien word die natuurlike ritme van die mens omvergegooi."
Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk
2023-09-20"Kenmerkend aan die roman en ook tipies van hierdie talentvolle kunstenaar-skrywer, is daar die aanbieding in die teks van ander kunsvorme. Daar is musiek, digkuns, die visuele kunste, vakmanskap en dan natuurlik die toordery-met-woorde teenwoordig."
E (Sussie) Kotze (1933–)
2023-09-20"Die skryfproses is soos ’n swerm mossies wat uit ’n boom opvlieg: Jou gedagte word los as jy begin skryf en hope idees kom uitgefladder."
Kompleks: ’n onderhoud met Louis Pretorius
2023-09-20"Kompleks het begin by daardie liefdeservarings in jou jeug wat deur jou hele lewe eggo. En die vraag: 'What if ...?' Wat sou gebeur het as ek gesê het hoe ek regtig voel? Wat sou gebeur het as ek nie so skaam was nie? Sou dit anders uitgewerk het?"
Die twaalfde Tuin van Digters in beeld
2023-09-19Die twaalfde Tuin van Digters-fees is op 15 en 16 September 2023 by die Breytenbach Sentrum op Wellington aangebied. Engela Duvenage deel haar indrukke.
Raka deur NP Van Wyk Louw: ’n leeskringbespreking
2023-09-19"Dit is goed dat leeskringe hul nie beperk tot die nuutste publikasies nie; klassieke tekste mag nie vergeet word nie. Raka is so ’n klassieke Afrikaanse literêre teks, ’n hoogtepunt in die Afrikaanse letterkunde."
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies vier kreatiwiteit
2023-09-19Vind uit wat jong lesers se keuses vir die beste kinder- en jeugboeke van die jaar is! Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk. Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.
Fresh off the press: A whistling of birds by Isobel Dixon
2023-09-19Threaded throughout is the beautiful complexity and vulnerability of the planet, and the joy and difficulty of making art, as each poem becomes its own vivid testament to the natural world.
Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met Erla Diedericks
2023-09-15"Word ’n vrou mishandel, word die blaam eerstens op haar skouers geplaas: Wat het sy gedoen om haar man uit te lok? Hoekom laat sy dit toe? Hoekom bly sy? Net soos met heksery is dit altyd die skuld van die vrou en nooit die patriargie nie," sê Erla Diedericks.
Dieper as drome: ’n onderhoud met Marko van der Colff
2023-09-14"Ek was al in my laat sestigs toe die skryfgogga my eers behoorlik gebyt het. Ek was wel nog altyd ’n leesvraat. Om eerlik te wees, sal ek soos John Lennon destyds moet sê: “Life happens to you while you’re making other plans.” Ek het vroeër baie keer daaraan gedink, maar eers op 65 finaal besluit dis nóú of nooit! My nabymense weet darem al van toeka af dis op my emmerskoplys!"
Pasverskyn: Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese
2023-09-13Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander – veral jonger – Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan.
