Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2024

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Mei

Boeke: Fees bied towerkas vol nuwe kinderboeke

Sterfteberig: Paul Auster, befaamde Amerikaanse skrywer, sterf weens longkanker

3 Mei

Onderhoud: Riku Lätti besin oor dogma rondom godsdiens in debuutbundel

6 Mei

Resensie: Skerwe van hoop
Joan Hambidge resenseer Show Me The Place deur Hedley Twiddle

Resensie: ‘Blou bloed’ boek wat boei
Trisa Hugo resenseer Blou bloed deur Daniël Lötter

Resensie: French spin ’n fyn verhaal
Jonathan Amid resenseer The Hunter deur Tana French

Sterfteberig: Skrywer, kenner van jeugliteratuur sterf in motorongeluk

8 Mei

Boeke: Chris Barnard-kortverhaalprys hervat: Inskrywings open Vrydag

Boeke: Piet Grobler op SA fees vir kinderliteratuur vereer

10 Mei

Onderhoud: Poësie en ‘’n klein revolusie’ help digter met pyn, angs en trauma
Murray la Vita in gesprek met Jaco Barnard-Naudé

Boeke: Misdaadskrywer Meyer lewer gedenklesing in Bloem

11 Mei

Maritha Snyman: Die kulkunstenaar van kinderboeke
’n Huldiging deur Samantha Miller

13 Mei

Resensie: Jeugverhaal tref kol sekuur
Anschen Conradie resenseer Ek sal vir jou veg deur Cliffordene Norton

Resensie: ‘Lone Wolf’ gaan jou verras
Stefaans Coetzee resenseer Lone Wolf deur Gregg Hurwitz

Boekevat: Wanneer jy net van skouers af boontoe werk
’n Rubriek deur Carié Maas

Resensie: Geveg om siel van die land raak behoorlik lelik
Willemien Aukema resenseer Al wat tel deur Irma Venter

Boeke: Inskrywings vir die Ingrid Jonker-debuutprys ingewag

14 Mei

Onderhoud: Portchie oor memoires: ‘Jy weet nie op watter vlak jy mense raak nie’

Sterfteberig: Alice Munro (92), Kanadese skrywer wat Nobelprys wen, sterf

Kyk weer: Nathan Trantraal gesels oor ‘Die man wattie kinnes vang’

16 Mei

Boeke: Nuwe kinderboek pak probleme onder jeug aan

17 Mei

Onderhoud: ‘Oor nege vroue en my oupagrootjie Jan Smuts’
Murray La Vita in gesprek met Cato Pedder

20 Mei

Resensie: Wandeling deur die Goudstad se strate
Frederick Botha resenseer The Near North deur Ivan Vladislavic

Resensie: ’n Mens staan verstom dat Schoeman soveel kon vermag
Gert van der Westhuizen resenseer Nuwe begin deur Karel Schoeman

Resensie: Bondel dinamiet vra vir nog meer
Sonja van der Westhuizen resenseer The Cursed Friend deur Beatrice Salvioni

Resensie: Teks wat help om konflik te begryp
Joan Hambidge resenseer The Creative Arts – Sally Ann Murray & Michéle Betty (reds.)

Boeke: David Walliams soos ’n rockster verwelkom
Laetitia Pople berig

22 Mei

Onderhoud: Boek wys hoe hard twee meisies vir hul drome baklei
Cliffordene Norton vertel oor haar nuwe roman

Boeke: Erpenbeck 1ste Duiste skrywer wat Booker-prys wen

Boeke: Nuwe pryse vir plaaslike kinderboeke bekend gestel

24 Mei

Onderhoud: ‘Sonder sterflikheid in jou lewe word jy ’n monster’
Murray La Vita in gesprek met Daniël Louw

25 Mei

Resensie: ’n Boek wat jou bevry van alles wat tyd by jou steel
Johanna van Eeden resenseer Timeboxing deur Marc Zao-Sanders

27 Mei

Resensie: Boek ’n groot dosis deernis
Jonathan Amid resenseer Prescription: Ice Cream deur Alastair McAlpine

Boekevat: Om ‘verlore’ manuskripte te publiseer, of nie
’n Rubriek deur Melvyn Minnaar

Resensie: ‘Sing, Mamma, sing’ ’n aangrypende duet
Francois Bekker resenseer Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus

Resensie: Sloop van dié kastele ’n eiesoortige debuut
Marius Crous resenseer Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé

Boeke: Slyp jou vaardighede by Open Book-fees

28 Mei

Boeke: Plaaslike boek vier 114 suksesvolle SA operasangers

Onderhoud: Skrywer gaan soek ver na roerende storie in dorre land
Lize Albertyn-du Toit vertel oor haar tweede roman, Duifeling

Sterfteberig: Skrywer, onderwyser van Paarl sterf in hospitaal
Oor Ernest Loth se afsterwe

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

Kariba: ’n lesersindruk van die grafiese roman deur Daniel en James Clarke

Blou bloed. Koninklike spore in Suid-Afrika deur Daniël Lötter: ’n resensie

“God die Ondersteuner lewe”: ’n lesersindruk van Christina Landman: ’n lewe

Solank as die aarde deur Lucia Prinsloo: ’n resensie

Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square: ’n resensie

Sy is veilig deur Emma van der Walt: ’n lesersindruk

Nog lesersindrukke en idees oor genres wat ’n versadigingspunt bereik

Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus: ’n resensie

Al wat tel deur Irma Venter: ’n lesersindruk

FMR-resensies: Die binneland in deur Dana Snyman en Hierdie land, ’n bundel deur verskeie skrywers

Sankind lees die wind – veel meer as stories: ’n onderhoud met Wendy Maartens

Chanette Paul oor haar Anoniem, haar jubelboek

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn: 

5 Mei

Resensie: Sewe keer sondig, saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie (resensent: Annelise Erasmus)

Resensie: Weerskyn deur Alwyn Roux (resensent: Mellet Moll)

Resensie: Sneller deur Sunel Combrinck (resensent: Magdel Vorster)

12 Mei

Resensie: God’s Pocket deur Sven Axelrad (resensent: Michiel Heyns)

Resensie: Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg (resensent: Emile Joubert)

Nuut op die rak

  • How to Fix (unf*ck) a Country: 6 Things to Reboot South Africa deur Roy Havemann;
  • Bullsh!t: 50 Fibs that made South Africa deur Jonathan Ancer;
  • Man in the Mirror deur Charles Koopman

19 Mei

Resensie: Kuborg deur Martina Klopper (resensent: Louise Viljoen)

Resensie: Sing, Mamma, sing deur Theresa Papenfus (resensent: Trisa Hugo)

Resensie: When love kills: The tragic tale of AKA and Anele deur Melinda Ferguson (resensent: Stefaans Coetzee)

26 Mei

Resensie: Die man wattie kinnes vang deur Nathan Trantraal (resensent: Ryan Pedro)

Resensie: Prisoners of Jan Smuts: Italian Prisoners of War in South Africa in WWII deur Karen Horn (resensent: Suné Kleynhans)

Resensie: Show me the place deur Hedley Twidle (resensent: Jonathan Amid)

Die volgende resensie het in Mei op Maroela Media verskyn.

1 Mei

Hannes Barnard gesels oor ‘Vuur’
Apokaliptiese einde-van-die-wêreld-stories het talle boeklesers nou behoorlik aan die brand. Nes “Vuur”, die jongste en laaste titel in Hannes Barnard se trilogie.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/hannes-barnard-gesels-oor-vuur/

5 Mei

Luister: Skeppende Portchie se kuns so kleurryk soos SA
Portchie, ’n wêreldbekende en uiters suksesvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar, het in sy loopbaan reeds byna 19 000 oorspronklike kunswerke geskep.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-skeppende-portchie-se-kuns-so-kleurryk-soos-sa/

8 Mei

Kristel Loots: ‘Skryf gee jou vlerke’
Kristel Loots se jongste boek “Vroue met vlerke” het skaars geland of dit pryk reeds op die top-10 van die gesaghebbende Nielsenlys.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/kristel-loots-skryf-gee-jou-vlerke/

12 Mei

Luister: Koppige Ami hou Irma Venter op haar tone
“Sy is soms dwars, en sy het ’n moeilike streep in haar, maar ’n goeie hoofkarakter het ’n bietjie sleg en ’n bietjie goed in hulle.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-koppige-ami-hou-irma-venter-op-haar-tone/

15 Mei

‘Om teen treine te skree’ want tieners wil gehoor word
“Dis my roeping om met jongmense te werk. Dit is vir my belangrik dat die jeug gehoor moet word en dat hulle die geleentheid gegun moet word om hulself uit te leef.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/om-teen-treine-te-skree-want-tieners-wil-gehoor-word/

18 Mei

Honde se wêreld kry lewe in dié jeugverhaal
“Ek het ’n ongelooflike sagte plek in my hart vir diere, en dit maak my so seer om te sien en hoor dat mense hulle diere sommer net êrens aflaai of agterlaat wanneer hulle verhuis.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/honde-se-wereld-kry-lewe-in-die-jeugverhaal/

22 Mei

Boeiende liefdesvierhoek in aksieroman
“Daar is geen vervaldatum vir verlief raak nie en geen ouderdomsbeperking om die ‘vlinders-op-die-maag’-ekstase te beleef of weer te onthou hoe dit voel nie.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boeiende-liefdesvierhoek-in-aksieroman/

23 Mei

Boekresensie: Feeverhaal bring mooiste in SA uit
’n Pragtige kinderverhaal wat vertel van dapperheid, hoop, nuuskierigheid en vriendskap, terwyl dit ook iets van die mooi van Suid-Afrika vertel.
Lees die resensie: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-feeverhaal-bring-mooiste-in-sa-uit/

26 Mei

Italiaanse krygers se stories in die kollig
“Dit is veral die Italianers se musiek wat tot vandag toe nog in die Suid-Afrikaanse kultuurlewe te sien is.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/italiaanse-krygers-se-stories-in-die-kollig/

29 Mei

Luister: Stories kom spontaan vir Chanette Paul
“’n Mens leer nog al die tyd. Vyftig boeke ofte not.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-stories-kom-spontaan-vir-chanette-paul/

29 Mei

Romanses bied veilige hawe vir lesers
Alta Cloete wil glad nie ander genres aanpak wat nie oor die liefde gaan nie. “Ek het die sagter blik op die wêreld nodig om te oorleef, nes my lesers dit nodig het.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/romanses-bied-veilige-hawe-vir-lesers/

30 Mei

Boek van die maand: ‘Anoniem’ deur Chanette Paul
Ontvlug het ek inderdaad ontvlug, ingetrek in die intrige van ’n boeiende storielyn en ’n verhaal wat teen ’n vinnige pas verloop. L
ees die resensie: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-van-die-maand-anoniem-deur-chanette-paul/

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

10 Mei

Resensie: Lynthia Julius se Kinderlê tref slagare
Deur Mart-Mari van der Merwe

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

3 Mei

Deborah Steinmair: Stories in die landskap⁤
Mercia Burger: My ‘total eclipse of the sun’ in Amerika
Linza de Jager: Boeke wat my na kalmeermiddels dryf⁤
Kerneels Breytenbach: Rupert: ’n Realis wat in wonders geglo het

10 Mei

Deborah Steinmair: Om jou kastele in Spanje te sloop
Mareli Stolp: Deure waai oop na nuwe wêrelde
Joan Hambidge: Lang, jazzy roman speel skaak met die leser⁤
Kerneels Breytenbach: Sosiopate soos Ripley, deel een tot vyf

17 Mei

Louis Gaigher: Verkeerdheid nooi ’n losheid binne⁤
Linza de Jager: Cupido se gifpyle vlieg en land sidderend⁤
Kerneels Breytenbach: Van Africana tot Callas
Deborah Steinmair: Italiaanse krygsgevangenes woeker en vry⁤

24 Mei

Herman Lategan: Sizzlers: sekswerkers in ’n liefdelose stad
Deborah Steinmair: Morsige menseverhoudings, bloed en derms
Dianne du Toit Albertze: Tieners wat op treinspore verdwaal⁤
Kerneels Breytenbach: Die skermgenerasie, Alice Munro en gender

31 Mei

Deborah Steinmair: Spoke en eggo’s van Moskou tot Hollywood
Kerneels Breytenbach: Eerder gastronomies as betotterd is Neelsie⁤
Joan Hambidge: ’n Drolletjie in watte toegedraai in ’n boksie
Linza de Jager: Leesstof vir mense wat ’n slegte week beleef

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 1 Mei

Nathan Trantraal gesels oor sy skryfwerk, en vertel meer oor Die man wat die kinnes vang, sy jongste grafiese roman wat pas verskyn het. Hy praat ook oor die belangrike plek van Kaaps in die Afrikaanse letterkunde. Daar is meer inligting oor die Vryeweekblad Boekefees wat van 10 tot 12 Mei in Cullinan plaasvind, en die Afrikaanse skrywers wat vanjaar se Exclusive Books Homebru-lys gehaal het. Johan Myburg verduidelik wat die rede is vir die vlaag van kritiek teen PEN America, en jy kan uitvind wie op die kortlys is van die Women’s Prize for Fiction. Johan bring ook hulde aan die skrywer, John Barth, wat onlangs in die ouderdom van 93 oorlede is.

Woensdag 8 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Portchie oor sy outobiografie, Van Tweeling tot Trafalgar Square. Die skrywer en joernalis, Alita Steenkamp, is op 1 Mei oorlede – luister na ’n onderhoud wat in 2023 met haar gedoen is oor haar skrywersloopbaan en boeke. In sy bydrae gesels Johan Myburg oor ’n nuwe boek uit die pen van die Johannesburgse skrywer Niq Mhlongo. Hy vertel ook meer oor Isabelle Hammad, wie se roman Enter Ghost met die Aspen-letterkundeprys bekroon is, en bring hulde aan die Amerikaanse skrywer Paul Auster wat onlangs oorlede is.

Woensdag 15 Mei

Ilse Salzwedel bring hulde aan prof. Maritha Snyman, kinderboekskrywer, akademikus en voormalige uitgewershoof, wat onlangs oorlede is. Vier voormalige studente/kollegas (Drr. Nandi Lessing-Venter en Marieta Nel, Samantha Miller en Anzil Kulsen) gesels oor Maritha se werk en menswees. Johan Myburg gesels oor die voordele van hardop voorlees vir kinders, ’n leeslys vir twintigplussers wat deur ’n Indiese webwerf saamgestel is en die kortlys vir die Ondaatjie-prys, ’n belangrike internasionale letterkundeprys. Kinderboekskrywer De Wet Hugo praat oor sy skryfwerk en ’n nuwe boek wat as een van die twee wenners van NB se 2023 Jeugboekpryse aangewys is.

Woensdag 22 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Theresa Papenfus oor haar aangrypende biografiese boek, Sing, Mamma, sing! Dit handel oor die siekte en dood van haar jongste seun, Braam. Die boek is egter allesbehalwe ’n klaaglied vir Braam, en bevat heelwat humor, staaltjies uit haar seuns se kleintyd en lieflike prosa oor lewensvreugde, vasbyt en genade. Johan Myburg bring hulde aan Alice Munroe, voormalige Nobelpryswenner, wat onlangs oorlede is. Hy vertel ook meer oor die kinderboekskrywer Katherine Rundle wat aangewys is as skrywer van die jaar in die British Book Awards. Jy kan ook meer uitvind oor VV Ganeshananthan en haar boek, Brotherless Night, wat pas met die Carol Shields-prys bekroon is.

Woensdag 29 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Karl Kemp oor ’n fassinerende nie-fiksie boek met die titel Why We Kill. Hierin probeer Kemp, wat ’n meestersgraad in Internasionale Reg het, ’n verklaring vind vir die toename in geweld in Suid-Afrika. Johan Myburg stel ons voor aan Jenny Erpenbeck wie se boek, Kairos, verlede week met die International Bookerprys bekroon is, en vertel meer oor ’n nuwe letterkundeprys wat ingestel is om klimaatfiksie te bevorder.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 7 Mei

Roeline Daneel lees gedigte deur mans oor die geboorte van hulle kinders. Daar is ook ’n paar verse uit die perspektief van ’n ouma, wat die koms van haar eerste kleinkind inwag.

Dinsdag 14 Mei

Roeline Daneel lees gedigte voor oor die uitdagings van ouerskap – verse oor daardie dae wat jy jou hare uit jou kop wil trek en, in die woorde van Antjie Krog, wonder: Hoe en waarmee oorleef ’n mens dit?

Dinsdag 21 Mei

Sophia van Taak gesels met Kobus Grobler, ’n onderwyser van Bloubergstrand, wie se eerste bundel, Raamwerk, onlangs verskyn het.

Dinsdag 28 Mei

Marion Holm en Nic de Jager lees gedigte voor oor die uitdagings én die klein seëninge waarvan ’n mens bewus word wanneer jou jare aanstap.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

Dinsdag 7 Mei
Die ateljeegas is Chanette Paul, wat met haar jongste roman, Anoniem, haar 50ste Afrikaanse boek vier – ’n prestasie wat min haar kan namaak. Drie romans kom aan bod. Antoinette Coetzee bespreek Mariël le Roux se laaste roman, Donkertyd, my naam is Tina, wat postuum verskyn het. Riette Rust bespreek Marita van der Vyver se jongste roman, Laaste kans, ’n vervolg op Wegkomkans. Elmarie Waltman bespreek Elsa Winckler  se roman, Engele in Kosmoslaan. Joan Hambidge bespreek Lynthia Julius se tweede digbundel, Kinderlê, ’n knap opvolg op haar bekroonde debuut, Uit die kroes. Die gevierde Afrikaanse skrywer, Rachelle Greeff, stel ook haar nuwe Slypskool vir voornemende skrywers bekend.

Dinsdag 22 Mei
Die ateljeegas is Jaco Barnard-Naudé en hy gesels oor sy digtersdebuut Om my kastele in Spanje te sloop. Die tweede ateljeegas is Frances le Roux wat oor haar boek, Son en suurlemoene, praat. ’n Besondere roman deur Willie Hoods met die titel Claremont Daisy word deur Antoinette Coetzee bespreek. Ons verwelkom ’n nuwe medewerker, Ineke Slabbert, wat Cliffordine Norton se jeugboek, Ek sal vir jou veg, bespreek. Joan Hambidge verken Hedley Twiddle se essay bundel, Show Me The Place, ook na aanleiding van die Afrikaanse essayis en literator, prof. Elize Botha.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Mei het sy Show Me The Place deur Hedley Twidle vir FMR bespreek: http://joanhambidge.blogspot.com/2024/05/resensie-hedley-twidle-show-me-place.html

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

14 Mei

Onderhoud: Joan Hambidge in gesprek met Martina Klopper

17 Mei

Resensie: Marlies Taljard resenseer om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé.

28 Mei

Onderhoud: Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor Weerskyn

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Mei verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Irma Venter oor Al wat tel

Onderhoud: Susan Puren gesels met Theresa Papenfus oor Sing, Mamma, sing

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Karen Horn oor Prisoners of Jan Smuts

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Femi Kayode oor Gaslight

3 Boeke oor stewige onderwerpe

  • Alida Vos resenseer Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl
  • Sonja van der Westhuizen resenseer Where the light gets in deur Zoe Coyle, en Floor sample deur Julia Cameron

Rubrieke en kortverhale

  • Irma Steffens resenseer Sewe Keer Sondig, saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie
  • Alida de Vos resenseer Bekkies se ding met die volstruis deur Gustaf Pienaar
  • Susan Puren resenseer Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits

Resensies

  • Phyllis Green resenseer Infectious Generosity deur Chris Anderson
  • Ilse Crous resenseer The Hitchhiker’s Guide to AI deur Arthur Goldstuck

Naelbyt-rillers

  • Karien Labuschagne resenseer If It Bleeds deur Stephen King en The Taking of Annie Thorne deur C.J. Tudor
  • Marteli Brewis resenseer The Bay deur Allie Reynolds
  • Mariette Postma resenseer In the midst of wolves deur Kurt Ellis
  • Marieke Snyman resenseer The Pact deur Amy Heydenrych
  • Alma Liebenberg resenseer The Turn of the Key deur Ruth Ware

Uittreksel: Portchie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top