Solank as die aarde deur Lucia Prinsloo: ’n resensie

“Stilisties en struktureel is Solank as die aarde op ’n onopvallende manier kompleks, wat bydra tot die gehalte van die roman. Deurgaans intens geskryf, is elke woord goed oorweeg.”