Sy is veilig deur Emma van der Walt: ’n lesersindruk

“Emma is die stigter van die organisasie Brave to love. Sy is beeldskoon en laat my dink aan Sneeuwitjie, met haar donker hare en wit vel. Sy is ook ’n pastoor, ma en eggenoot. Dit is moeilik om die werk wat sy doen, met haar foto op die agterkant van die boek te vereenselwig. Die woord brave is egter nie om dowe neute die eerste woord van haar organisasie se naam nie.”