Sankind lees die wind – veel meer as stories: ’n onderhoud met Wendy Maartens

“Hoe mooi is dit om te sê iemand se wind het uitgewaai, sy hart het omgeval, as hy gesterf het? Die San glo boonop dat wanneer iemand sterf, sy hare wolke word, soos ook die voëls se vere – weliswaar nie wolke wat reën bring nie, bloot wolke wat verby sweef.”