
Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: reisstories, saamgestel deur Corlia Fourie en Annelize van Rooyen (Queillerie, 2024)
Draaie, swaaie en afdwaalpaaie: reisstories
Samestellers: Corlia Fourie, Annelize van Rooyen
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802751
Samestellers Corlia Fourie en Annelize van Rooyen bring vermaaklike reisstories deur 46 skrywers byeen, oa Marita van der Vyver, Kirby van der Merwe, Sophia Kapp, Jacques Pauw, Irma Joubert, Julian Jansen, C Johan Bakkes, Bettina Wyngaard en Frederik de Jager.
Die skrywers vertel van verrassende gebeure tydens reise, met snaakse, bittersoet of heuglike gevolge. Maar altyd is die ervaringe verrykend.
Reis saam van Fraserburg tot Timboektoe; Arizona tot Zanzibar; en nog baie ander plekke!

