In die komende weke publiseer LitNet ’n aantal kortverhale. Hier is die agtergrond.
Hier verskyn ’n kortverhaal deur een van die kategoriewenners, Michael Green (skrywersnaam: RR Ryger).
"Oupa Joe" deur Michael Green, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
Michael praat hier onder met Naomi Meyer oor sy verhaal:
Michael Green / RR Ryger praat met Naomi Meyer oor sy kategoriewenner-kortverhaal in die Netwerk24-Om te skryf-kompetisie.
Michael, jy was ’n kategoriewenner van die Netwerk24-Om te skryf-kortverhaalkompetisie. Jou verhaal begin met ’n knal en eindig onverwags. Wat het jou geïnspireer om dit te skryf? Is dit fiksie, is dit waar, hou jy daarvan dat mense wonder? En ook: Jy het vir die kategorie “’n karakterskets” geskryf. Ek wonder nogal wie se karakter geskets word – nog ’n raaisel wat jy versteek!
My Oupa Joe was van kleins af vir my ’n inspirasie. Hy het lekker stories vertel, veral na ’n paar whiskeys. Ek het al in my een boek (Die spoed van die lewe, geskryf onder die naam RR Ryger) ook probeer om iets van hom weer te gee. Dis meestal nie fiksie nie; hy was larger than life. En ek het op ’n manier probeer wys dat die skrywer van die kortverhaaltjie deur die main konyn "gebreinspoel" is.
...........
Dis meestal nie fiksie nie; hy was larger than life. En ek het op ’n manier probeer wys dat die skrywer van die kortverhaaltjie deur die main konyn "gebreinspoel" is.
..............
Jy het al wyd uiteenlopende dinge in jou lewe geskryf – ook onder die naam RR Ryger, soos jy pas genoem het. Jy skryf kaalkop oor onderwerpe waarvoor ander mense terugdeins. Jou onderwyseres in die laerskool het al gesê die ander kinders gaan eendag hierdie ou se moordverhale lees. Jy skryf ook oor die lyflike, en oor sport. Moet ’n skrywer in ’n boksie pas? (Dan is jy natuurlik ook ’n joernalis.)
.............
’n Skrywer moet seker nie in ’n boksie pas nie, maar in my geval het ek nie ’n ander keuse nie. Ek is eerstens ’n sportskrywer en dit betaal die rekeninge. Al die ander goed wat ek skryf (boeke, kortverhale, musiekvideo’s, whatever), is om kreatiewe bevrediging te probeer kry.
.............
’n Skrywer moet seker nie in ’n boksie pas nie, maar in my geval het ek nie ’n ander keuse nie. Ek is eerstens ’n sportskrywer en dit betaal die rekeninge. Al die ander goed wat ek skryf (boeke, kortverhale, musiekvideo’s, whatever), is om kreatiewe bevrediging te probeer kry. Helaas het ek nog nooit juis baie geld uit my boeke, ens gemaak nie, want daar word gewoonlik nie baie copies geprint nie en dit word gewoonlik nie baie wyd versprei nie – om verskeie redes, waarvan selfsensuur deur sommige verspreiders en sommige boekwinkels een is.
Om te skryf wys op hoe belangrik dít is: Om te skryf beteken om te lees. Watter voorbeelde verskaf die boek en wie was die skrywers daarvan? Het enigiets wat jy gelees het, jou gehelp – of het jy oplaas net jou eie stem en jou eie hart gevolg?
............
Die Om te skryf-boek is baie nuttig en bied goeie voorbeelde. Ek het net die vorige boek gesien (toe het ek ook ’n prys gewen – ek dink dit was toe ek oor myself geskryf het), so ek het nie die nuwe een gesien nie, maar ek het ’n goeie idee gekry danksy die riglyne uit die boek wat ek wel gesien het.
.............
Die Om te skryf-boek is baie nuttig en bied goeie voorbeelde. Ek het net die vorige boek gesien (toe het ek ook ’n prys gewen – ek dink dit was toe ek oor myself geskryf het), so ek het nie die nuwe een gesien nie, maar ek het ’n goeie idee gekry danksy die riglyne uit die boek wat ek wel gesien het. Riglyne is goed, maar ek dink ’n skrywer moet soms net eerlik skryf. Jy kan die dinge mos maar meng ook, nie ’n fokken copycat wees nie.
Lees ook:
’n Onderhoud met Murray La Vita, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
“Huweliksherdenking” deur Willemien Brümmer: kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
’n Onderhoud met Willemien Brümmer, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
’n Onderhoud met Johanna van Eeden, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie