In die komende weke publiseer LitNet ’n aantal kortverhale. Hier is die agtergrond.
Agtergrond: Netwerk24 se Om te skryf-kompetisiewenners op LitNet
Hier verskyn ’n kortverhaal deur een van die kategoriewenners, Willemien Brümmer.
“Huweliksherdenking” deur Willemien Brümmer: kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
Willemien praat hier onder met Naomi Meyer oor haar verhaal:
Willemien, jou "Huweliksherdenking" was die Skryf oor jouself-kategoriewenner van Netwerk 24 se Om te skryf-kompetisie. Baie geluk daarmee. Jou verhaal klink inderdaad persoonlik, hoewel jy aandui dat dit fiksie is. Wil jy dalk uitbrei op die kwessie dat enigiets wat outobiografies klink, gewoonlik fiktief word die oomblik as die skrywer die pen opneem om dit neer te skryf? Of hoe sien jy dit; wat het "skryf oor jouself" vir jou beteken toe jy die storie geskryf het?
Ek stem saam enige iets word verstorie die oomblik wanneer ons dit in ’n sekere vorm probeer giet, waar die eindproduk op sigself belangriker is as die boublokke. In hierdie geval is die gebeure en dialoog hoofsaaklik uit my duim gesuig, maar die gevoelswaarde nie.
...........
Ek stem saam enige iets word verstorie die oomblik wanneer ons dit in ’n sekere vorm probeer giet, waar die eindproduk op sigself belangriker is as die boublokke. In hierdie geval is die gebeure en dialoog hoofsaaklik uit my duim gesuig, maar die gevoelswaarde nie.
..............
In’t kort was daar ’n stadium in my lewe ná die dood van albei my ouers toe ek my nuwe identiteit as "weeskind" (darem nie die soort met ’n honger maag en luise soos in baie kinderboeke nie!) moes leer verstaan. My antwoord aan myself is dat dit moeilik is om jouself te definieer as individu, want ten spyte van sterfte is jy steeds ’n mens deur ander mense. Veral as ’n ma van ’n jongerige kind is jy teen wil en dank deel van die eenheid van die gesin.
My pa, wat sy merk behoorlik as wiskundige gemaak het, het homself altyd voorgestel as "Willemien se pa" wanneer hy saam met my en my ma iewers was. (Ek neem aan hy het dieselfde met my broers gedoen.) Ek het al ’n paar keer vir Matthias (my seuntjie) gesê dis presies hoe ek myself nou voorstel: "Ek is Matthias se ma." Die res maak deesdae nie eintlik meer saak nie ...
Die Om te skryf-boek wys daarop hoe belangrik dít is: Om te skryf beteken om te lees. Watter voorbeelde verskaf die boek en wie was die skrywers daarvan? Het enigiets wat jy gelees het, jou gehelp – of het jy oplaas net jou eie stem en jou eie hart gevolg?
Ek lees baie wyd (hoofsaaklik wanneer Matthias slaap!), maar in hierdie geval het ek regtig net my eie hart gevolg. Selfs die kop het later gekom!
............
Ek lees baie wyd (hoofsaaklik wanneer Matthias slaap!), maar in hierdie geval het ek regtig net my eie hart gevolg. Selfs die kop het later gekom!
.............
As jy heeldag met woorde werk en as dit jou werk is om te skryf, was dit vir jou ’n inspanning om iets fiktiefs te skryf? Wat was vir jou lekker daarvan, en wat was uitdagend?
.............
Dis eintlik dikwels vir my lekkerder om fiksie te skryf as om noodwendig by die feite te bly – hoewel ek glo ook joernaliste kan outydse alchemiste wees wat onedel metale in goud kan verander.
...............
Dis eintlik dikwels vir my lekkerder om fiksie te skryf as om noodwendig by die feite te bly – hoewel ek glo ook joernaliste kan outydse alchemiste wees wat onedel metale in goud kan verander. Deesdae kry ek net heeltemal te min tyd om fiksie te skryf. As ek nóú stories versin, is dit gewoonlik om vir Matthias te vermaak en te prikkel en nie noodwendig vir ’n wyer gehoor nie. Wat moeilik is aan fiksie, is dat dit ’n mens (soos in hierdie verhaal) jouself nogal kan laat blootstel. Soms sit jy ook ’n deel van jou op papier wat moeilik is om te verwoord in die rasionele sin – en dan moet jy voorbereid wees op die vrae wat jy daaroor mag kry (soos hierdie!). Maar dis terselfdertyd ook lekker – want ek is beter daarmee om ’n storie te vertel met ’n begin en ’n middel en ’n einde as wat ek is met die meeste praktiese dinge.