
Boekomslag: Van Schaik; Netwerk24-logo: https://www.netwerk24.com/
In die komende weke publiseer LitNet ’n aantal kortverhale. Hier is die agtergrond.
Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie is aan die einde van verlede jaar / die begin van vanjaar vir die tweede keer aangebied om almal in Media24 kans te gee om hul kreatiewe skryfspiere te oefen.
Enigeen in Media24 kon deelneem, maar die skryfstukke van hoogstens 1 500 woorde elk moes in Afrikaans wees en die deelnemers is aangemoedig om die betrokke hoofstukke in Om te Skryf te raadpleeg.
Soos in die vorige jaar was die kompetisie, bestaande uit vier kategorieë, op hoofstukke van Om te skryf gebaseer: Skryf oor jouself; Skryf oor ander; Skryf oor plekke en dinge; Skryf oor gebeure. Ons het ook 'n vyfde kategorie bygevoeg: Skryf humoristies oor jouself óf ander óf plekke/dinge óf gebeure.
Daar was 'n stewige oes van 44 inskrywings. Die wenners kry elk R20 000.
Die skrywers se name was nie aan die beoordelaars bekend nie en die beoordelaars het die inskrywings op hul beurt anoniem beoordeel.
Lees ook:
’n Onderhoud met Aletta Pretorius, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
’n Onderhoud met Michael Green, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
"Oupa Joe" deur Michael Green, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
’n Onderhoud met Murray La Vita, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
“Huweliksherdenking” deur Willemien Brümmer: kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
’n Onderhoud met Willemien Brümmer, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
’n Onderhoud met Johanna van Eeden, kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie
Kommentaar
Hou baie hiervan en vertrou dit gaan voort!